Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -15 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -23 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -23 hours ago

Januarie 2025

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!

Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien ditheart

Brackenfell

HennieBo

Sun, 05/01/2025 - 08:24

Wel, daardie onderneming met myself het nou gesneuwel.

Welgedaan Chris. Ons het 3 sulke vaarte gehad maar dit met Mozambiek se kuste op. Die een was 6 nagte en die ander 2 was 4 nagte elk. Baie lekker gewees. Vat maar net die nodige medikasie vir see siek.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 05/01/2025 - 11:42

Oorweeg julle om die jaar of volgende jaar die blomme kyk te doen??

Ons is reeds geboek in Nawakwaland vir die jaar, kyk na datums op gesprek;

Strydoms se 2025 Namakwaland toer.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 05/01/2025 - 17:35

Wessel.                                                           Ons beplan om dit nog hierdie jaar te doen. 

Sal kyk watter datums en waar ons nog plek kan kry. Wil dit ook insluit in ons weskus toer. 

   

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 05/01/2025 - 17:42

....in Namakwaland wil julle verken?? 

Ek kan Kroonlodge in Kammieskroon aanbeveel. By Springbok is Goegap natuurreservaat, kyk op internet, daar is kampering ook. Ongelukkig sonder elektrisiteit.

 

Strandfontein neem reeds besprekings, maar hulle tariewe vir 2025 word eers bekend gemaak in Junie'25. ek het bespreek, en nie eers 'n deposito betaal nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/01/2025 - 06:19

....Blouwillemaandag---waar vind mens dit??? 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 06/01/2025 - 06:58

... Jan. Blou Willem mag maar skryf.

Wessel - Blouwillemaandag verskyn Maandae op Netwerk24 - voorheen ook in Beeld, maar nog steeds in Die Burger.

Op dié onderwerp - Netwerk24 is wat my aanbetref een van die beste "bargains" wat daar is. Vir R124.99 per maand kry jy jou daaglikse Afrikaanse koerant, Sondae Rapport, Huisgenoot (vir die wat lief is vir snot en trane), Sarie (vir mammie), Weg, Wegry & Sleep en nog verskeie ander. Ek sit soggens lekker in die sitkamer met my beker koffie en "koerant" lees en mammie lê nog knus in die bed met haar koffie en "koerant".

Ek het grootgeword met Die Burger wat daagliks by ons huis afgelewer is en het voortgegaan daarmee totdat Netwerk24 op die horison verskyn het. Ek het gou gewoond geraak daaraan (en aangepas by die moderne standaard) om my koerant en tydskrifte op die selfoon te lees - selfs as ek by my ver kinders kuier of op enige plek kamp/kuier waar ek 'n data-sein het.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 06/01/2025 - 07:20

Mòre maters. Ons twee oues sit nog in die kooi en koffie drink. Dankie vader vir die ligte reentjie deur die nag, ek glo die vure in die Swartberg is geblus, dit het stadig al hoe nader aan ons gekruip.

Vanoggend George toe om dogter by lughawe te gaan aflaai, dan is ons huisie net weer soos dit vir 350 dae in die jaar is, die 4 katte, my brakkie en ons.

Vra ek vir ouma of sy nie effe moeg voel na die gewoel die afgelope twee weke nie, antwoord sy nee, die dogters het baie gedoen. Ek dink hulle kan sien dat die jare nou vat aan die twee mense, die twee ysters wat vir niks teruggestaan het nie, is nou dun geslyt.

Nou moet ek ernstig begin dink aan ń projek vir die jaar. Hierdie ou drol is op sy gelukkigste waneer hy ń iets het om te doen in sy skuur. Onder ouma se voete uit, net my radio om te luister en brakkie wat op sy stoel vir my loer. 

 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 06/01/2025 - 07:25

Hierdie ou drol is op sy gelukkigste waneer hy ń iets het om te doen in sy skuur. Onder ouma se voete uit, net my radio om te luister en brakkie wat op sy stoel vir my loer. 

Daai alleentyd beteken ook baie vir my. Ek is egter nou deesdae beperk met die spasie wat ek het. In Roodepoort kon ek lekker onder Ma se voete uit en my eie dinge doen.

 

0

Genutig, ek kom nou eers eerste keer groet vir die jaar en julle praat al klaar oor kamp in 2026!!

 Voorspoedige nuwe jaar vir elkeen van julle. Goeie gesondheid toegewens vir almal en mag die voorspoed in 2025 julle verveel!

Da vat hy...

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/01/2025 - 09:39

Welkom terug in ons midde.

Da vat hy ......wat

                  .....waar

                  .....wie se goet 

Ontleen aan advertensie van sekere TV-program.

Ons sleep nie voete met besprekings, wil net seker maak ons kry plek  laugh                

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/01/2025 - 09:49

...nou hoe het ek dit met julle. Wil onder die voete uit!!!

Ek het mos ok so 'n klein kasteeltjie, met weinig wegkom kans. Dit het my geleer om my man te staan!!! 

As Marie sê---sien jy die skottelgoed, dan vra ek net----gee maar aan ek sal was, want ek sien jy kom nie daarby uit nie. Na 'n rukkie sak die vrede neer.laughdevil

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 06/01/2025 - 10:49

As Marie sê---sien jy die skottelgoed, dan vra ek net----gee maar aan ek sal was, want ek sien jy kom nie daarby uit nie. Na 'n rukkie sak die vrede neer.laughdevil

Ek help in elk geval met dit. Ons het nog NOOIT 'n huishulp gehad nie.

Nee Wessel, ek hou ook daarvan om rond te vroetel in 'n "werkskamer" of so iets. My werkskamer in Roodepoort was 'n 3 x 4 Wendyhuise wat ingerig was met al my gereedskap, groot werksbank, grinder, staanboor en ek het ook 'n radio daarin gehad. Kon myself lekker besig hou. Ek het 'n ander 3 x 2.4 Wendy gehad vir al my tuingereedskap ens.

Ek is baie lief vir my vrou, maar daar is ook tye wat jy ander "terapie" nodig het. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 06/01/2025 - 14:13

Hier is seker ń paar motor geesdriftigers wat die Dakar volg? Dit is nou werklikwaar no 1 vir my. 

As mens luister na die enjins, en die turbo' s se waste gates wat so pop as dit oopmaak, kry ek amper hoendervleis. Moet sê die Ford klink of dit teen baie hoë rpm loop.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 06/01/2025 - 14:26

As mens luister na die enjins, en die turbo' s se waste gates wat so pop as dit oopmaak, kry ek amper hoendervleis. 

Die ure, maande en jare se ontwikkeling en maande se voorbereiding is ongelooflik. Daai voertuie word absoluut in die uiterste omstandighede getoets, en natuurlik saam die deelnemers en al die spanlede. Carlos Sianz Sr poog om die oudste kampioen te word (62)  en hoeka vir Ford. Ek sien hy het 'n lelik rolslag gehad. Ruk die panele af en jaag weer voort.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 06/01/2025 - 15:22

Ek dink steeds die destydse Audi Quatro wat elke keer soos 'n kriek ge-tjierie-tjierie het as die ratte geruil word was was darem uniek, as daai geluid aankom weet mens dis 'n Quatro sonder om eers te moet kyk! Al wat pla met die Dakar is dat die vervaardigers voorgee dat hulle met 'n Ford Ranger. of 'n Hi Lux, of 'n Mini of 'n Audi of wat ook al jaag maar daai goed is alles behalwe dit...dis nou die ergste gebruik van "badge-engineering" wat daar seker is! in tussentyd spog al wat eienaar is van bv 'n Ranger of Hi Lux hoe "goed" sy bakkie kwansuis is want hy het die Dakar gewen... 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 06/01/2025 - 15:37

Die Dakar (Saudi Arabië) is ook 'n ren waarna ons elke jaar uitsien en geniet. Daan kyk en luister ook na die enjins, terwyl ek dit uit 'n baie eenvoudiger hoek beskou - ondersteun 'n sekere soort motor (waarvan daar baie islaugh) en die Suid-Afrikaners. Indien 'n landgenoot nie in 'n podium-posisie is nie, ondersteun ek vir Nasser Al-Attiyah (maak nie saak in watse voertuig hy deelneem nie, en daar was al vele). Ek weet van Dacia presies niks, maar die ou het so 'n goeie gees, dis aansteeklik. Het so jammer gevoel vir hom toe hy verlede jaar moes onttrek.

In die motorfiets-afdeling hou ons duimvas vir Ross Branch van Botswana.

Ons het gisteraand se uitsending gemis - vriende gehad vir ete - maar sal vanaand weer "opvang". 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 06/01/2025 - 16:05

... die foto van 'n luiperd in die wildtuin uitgereik.

Luiperd

Hulle rig 'n versoek aan Ford Ranger eienaars om eerder weg te bly uit die wildtuin uit, want sulke oliebesoedeling affekteer die diere uiters nadelig.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus