Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -22 minutes ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -25 minutes ago
Ons kom al nader... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Kwang ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Lekkerlees stories Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

Hlalanathi of Mountain Splendour of ATKV Drakensville

Lyttelton
Submitted by Trev on
Forums

Is besig met beplanning vir 2025 Paasnaweek en oorweeg, as eerste kamp in / naby Drakensberg een van die volgende kampplekke:

- Hlalanathi 

- Mountain Splendour

- ATKV Drakensville

 

Sal alle insette oor elkeen van die bogenoemde kampeerplekke waardeer

Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/01/2025 - 09:47

...ek sal ook graag wil weet. Ons het nog nooit daardie omgewing verken nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 25/01/2025 - 10:49

Wat wil jy graag daar doen? Natuur geniet? Stap roetes doen? In die berge wees? Of net oord geriewe geniet?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 25/01/2025 - 11:02

Kortliks oorde wat ek al daar besoek het.

Mahai....lekker oord met staproetes vanaf oord. Min skaduwee. Geen swembad, maar swem in die poele - Cascades

Hlalanathi. Lekker privaat stoep wat uitkyk oor Amfi teater as jy staanplek 1-7 kan kry. Oord het lekker swembad, restaurant en kinder area met super tubes. Lekker skaduwee 

Mountain Splendour. Lekker met skaduwee, maar kan nie van daar stap nie...kry nie lekker "in die berg" gevoel nie.

Dragons Peak. Mooi oord met swembad, lekker restaurant en goeie winkel buite hek. Skaduwee. Maar die hoeveelheid honde daar laat my maak dat ek nie weer soontoe sal gaan nie.

Monks Cowl as jy nou regtig in die berge gevoel wil hê. Pragtige uitsig vanaf kamp, maar skaduwee staanplekke is min. Heerlike staproetes wat vanaf daar plaasvind. Geen swembad....swem ook in rivier poel, maar is stywe ent stap.

Drakensville. Meer vir oord ontspanning met al die ATKV oord geriewe. Baie lekker. Maar kry ook nie daai "in die berge" gevoel nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/01/2025 - 11:09

....ek wil soos Chris B so min as moontlik doen.!!!

Ek plaas baie groot premie op skaduwee, dankie dat jy dit aangespreek het. 

Dragons Peak se honde, oord se hande of mede kampeerders s'n?? dit sal my ook pla. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 25/01/2025 - 11:35

Kampeerders se honde. Omtrent elke 2de staanplek was n hond. As ek 5am opstaan om ablusie toe te gaan, blaf mense agter ons se wors honde nonstop. Hulle was aan tent pale vas gemaak. Soms veg hulle, dan begin hele oord se honde blaf. Ander sin is konstant op ander se staanplekke en lek braaiers skoon en bedel kos. Ons het 4x ander hond se stront moes optel. Ek het al by baie oorde gekampeer wat diere vriendelik was en nie gepla nie.....maar Dragon's Peak was erg....en ongerieflik

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 25/01/2025 - 13:17

Uitsig vanaf jou ptivaat stoep. Hierdie was staanplek 2. Lekker om aande op stoep te braai, maar dan is uitsig weg....pik donker 

0
Lyttelton

Trev

Sat, 25/01/2025 - 13:46

@Geert, baie dankie vir die opsomming van die verskillende oorde in die Drakensberg omgewing.

Ek wil soveel as moontlik niksdoen, maar dan, SWAMBO hou van ‘n warmwaterswembad - van hierdie kampe lyk dit asof dit net ATKV Drakensville is wat ‘n warm water swembad het.

Hlalanathi was hoogs aanbeveel deur kampers wat ons Desember 2024 ontmoet het en jou opsomming bevestig hulle aanbeveling.  

Moeilike besluit - Sal seker maar moet muntstuk opgooi en so besluit moet maak. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 30/01/2025 - 09:59

Trev. As ek so na jou behoeftes kyk soos warm water swembad en net lekker van oord fasiliteite geniet, sou ek ATKV Drakensville gekies het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus