Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman, Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -2 hours ago
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -7 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -8 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
Wessel November 2026 Geert -8 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -8 hours ago

Januarie 2025

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!

Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien ditheart

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 26/01/2025 - 10:08

... dit is ongetwyfeld my Hilux en Ou Lady op Geert se screen shot. Maar asseblief - ek en jy (Geert ook??) ry nie met trokkies of bakkies nie. Ons ry met 'n Hilux (aldus die TV advertensie).

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/01/2025 - 11:42

dankie vir die teregwysing, ons ry met 'n Hilux. laugh

Ek sien daar kom binnekort 'n weer 'n spesiale ene beskikbaar, die Hilux  Legend 55. 

Dalk goeie idee om ene aan te skaf, en dan in roetine te bly om elke 5 jaar in te ruil, dan ry mens elke keer met 'n spesiale Legend. Ek twyfel egter of ek van die diepdonker Groen sal hou. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 26/01/2025 - 17:44

Is die publiek darem nie "suckers" wat verkoops taktiek aanbetref nie. Dink hier in die laat 1970s toe Datsun daai lelike 120Y en 140Y modelle gesmous het het hulle met die "go faster" plakkers (strepe) begin, selfs 'n ruk lank die "Z" geleen van die destydse 240Z sodat elke Datsun ondersteuner ook 'n "Z" Datsun kon koop (en die mark het geglo dat die "Z" 140Y nogal iets is! Toyota (en ander?) het 'n bladsy uit Datsun se boek geleen en Voila, die HiLux Legend reekse word gebore, ander wiele, nuwe "go faster" plakkers, sitplekke met Legend iets ingeborduur en 'n stywe prys verhoging en die bemarkings mense glimlag al die pad bank toe....gewoonlik as die nuwe model nie vrygestel kan word voor die kompetisie hulle nuwe modelle vrystel nie. En moenie vergeet nie die be-plakkerde spesiale modelle word ook as 'n "Limited Edition" bemark! En dit terwyl die "normale" model funksioneel presies dieselfde is, of minstens naby daaraan...Eish! Sien 'n paar manne hier sal maar die draadborsel moet nadersleeplaughdevil daai strepe is darem maar mooi!

Moet darem byvoeg omtrent al die vervaardigers doen dit

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 26/01/2025 - 18:11

Van die destydse spesiale met strepe Datsuns was ene darem effe meer as net strepe, die 160Z, wat eintlik die 160 Koepee was maar behalwe strepe en ander wiele ook darem 'n sport nokas en Dellorto vergassers gekry het...die outjie kon 0-100km/h in onder 10 sekondes kaf draf, gereken as blitsig destyds! En die was werklik 'n spesiale uitgawe, net iets soos 240 van hulle was vervaardig. Maar daai strepe...

Picture

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 26/01/2025 - 18:42

HiluxSwart plastiek-deurstrepe en swartbeplakte "wheel arches" met swart wielvellings en 'n Rhinocab. Niemand kan stry nie - dit lyk mooi afgerond. Ek soek niks meer as dit nie. Legend nommer hoeveel of wat ookal se gat. Hierdie outjie moet maar hou tot die hierdie oubaas daar by die spreekwoordelike langboompies sy rus gaan kry.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/01/2025 - 18:55

....ek mos mos 'n sucker vir 'n ysie. 

As dit nie vir die kleur was nie..... kon ek dalk geswig het.laugh Nee wat, ek ry eerder volgende maand Gallagher toe, en gaan kyk na die nuwe geitjies!!!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 26/01/2025 - 19:14

Was die 160Z, heeltyd in my agterkop gehad,140Z, die een met drie ronde agterligte 2 deur Coupe? Magties dit was regtig mooi. Onthou nog so iets van die advertensie. ń Vegvliegtuig  wat so met die ronde rooi exhaust uitlate die punchline was.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/01/2025 - 19:55

Die insident het blykbaar op die brug oor rivier plaasgevind. die kinders het op of naby brug staan en fotos neem, en die oupa het olifant naby hulle gesien staan. Met die dat hy toe nader hardloop, het olifant hom vertrap.

Met die dat die rivier as grens beskou word, wonder ek of daar enige drade/heining is wat dit kon voorkom. Iets is nie lekker nie, want dan kan enige dier mos oor die brug stap met die groot/teerpad in die rigting van Malelane golfklub. Behalwe as daar elektriese draadjies/motorhek oor die pad gespan is, waar mens die brug verlaat aan dorp se kant. 

Die kinders was totaal onverskillig om tot by die brug uit parkeerterrein te gestap het, na my mening. Ek kan nie onthou of daar waarskuwingbordjies is wat mens verbied om tot daar te stap nie.   

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 26/01/2025 - 21:09

Vriende van ons vanoggend in by Malelane....wat ontvangs daar vir hul gesê het. Soos Wessel sê...ek ook gedink daar is heining tussen brug en ontvangs. Luiperde ook baie in daai omgewing 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 27/01/2025 - 07:11

Dit reën van sowat 05:00 aanhoudend hier by Dwarswegstrand. Gelukkig het ons gistermiddag al's afgeslaan en weggepak - dus is alles darem droog. Maar ons voel nie lus om ons koppe by die karavaan se deur uit te steek nie. Gelukkig is ons nie tydgebonde om hier weg te kom nie. Ek het vir Ralie gesê as ons 09:00 eers hiervandaan ry, behoort ons nog vroegmiddag by die huis te wees. En môre is nog 'n dag om uit te pak. Dus - nog 'n beker koffie sal nou lekker afgaan.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/01/2025 - 07:22

....bly maar ongemaklik met kampery. Veral met aankoms en vertrek. Gelukkig het julle alles reeds droog weggepak.

Veilig sleep huistoe.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 27/01/2025 - 07:43

Reën vir tot                                         môreoggend 08h00 by ons voorspel. 

Baie dankbaar daaroor want ek het my JoJo tenk geskuif nadat ek dit Saterdag leeg gepomp het in die tuin. Nou sal dit weer vol word. 

Ons mag nie tuin met munisipale water natspuit nie. Daar word gesê dat daar genoeg water is maar die infrastruktuur is nie aangepas vir uitbreidings nie en nou kan daar nie genoeg water gesuiwer word vir die aanvraag nie. 

Sovêr werk my tenk goed en sal nog een bysit indien nodig. 

Julle moet mooi ry Chris. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 27/01/2025 - 08:06

Hier by ons is dit verskriklik droog en vreeslik warm. Die veld het in ń maand se tyd morsdood verskroei. Op die oomblik net so effense misreentjie, ons bid dat dit uitsak.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 27/01/2025 - 09:21

Om by Malelane-hek die Wildtuin binne te gaan, is daar 'n parkeerterrein aan die linkerkant, voor die Ontvangskantoor.  Daar het ek al menigmaal parkeer om dan na die Ontvangskantoor te loop, ek skat so 20/30 meter. Op hierdie betrokke dag, vóór hierdie betrokke geval het toeriste 'n olifant aan die regterkant, voor die Ontvangskantoor sien wei en dit is natuurlik nie seker of dit dieselfde olifant is wat by die aanval betrokke was nie. Hierdie parkeerarea is beslis binne die Wildtuingrense want 'n mens betree  die Wildtuin reeds as jy deur die onbemande grenshek ry, voor jy by die bemande Malelane-Ontvangshek kom.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 27/01/2025 - 10:05

Dit is nie ‘n fisiese hek nie, al word dit so genoem. Om ‘n hek te hê moet jy weerskante daarvan ‘n heining of ‘n muur hê. Daar is nie een van die twee by Malelane hek nie. Die Krokodilrivier is die Krugerwildtuin se grens aan die Suidekant. Daar is by Marlothpark ‘n heining opgerig vir mense se veiligheid, maar verder is dit oop.

‘n Skoolmaat van my se broer het lank as afdeling veldwagter en later as staptoerveldwagter gewerk in die Krugerwildtuin. Hy het in een van die huise by Malelane hek gebly op ‘n tyd. Hulle huis was omhein vir veiligheid. Hy het ‘n rifrug gehad wat hy geleer het om nie by die hek uit te gaan as hy ry nie. Een dag maak by die hek oop om uit te ry en die hond pyl by hom verby. Hy het nie die leeuwyfie gesien wat net buite die hek gelê het onder ‘n struik nie. Ta het ongelukkig sy hond gedood, maar dalk het die sy lewe gered. 
 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/01/2025 - 10:43

...as Len en Chris S korrek is, en dit stem ooreen met hoe ek dit onthou, die Krugerwildtuin moontlik gedagvaar kan word vir onverskilligheid en wat nog. 

Ek klok Meimaand daar in, dalk moet Marie maar die stappie insit na die kantoor toe. laughwink Ek gaan probeer om op te let vir heinings om parkeerterrein en waarskuwingsbordjies.

Chris S: jou verhaal laat my hare rys. Nie 'n lekker plek om met kleuters te bly nie.  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 27/01/2025 - 12:04

Op lugfoto kan mens sien waar Malelane "hek" is en dan buitekant die Krokodil rivier se walle is die KNP se grens in rooi stippellyn. So die Malelane hek is nie grens van wildtuin nie, maar is reeds binne die wildtuin. Dieselfde risiko om daar uit te klim as by enige picnic plek binne park

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/01/2025 - 13:33

Ek sien nou in die nuus, na aanleiding van die 9 soldate wat gesterf het in DRK, dat die unie wat weermaglede verteenwoordig oor swak ondersteuning soos, 

gebrek aan helikopters

minderwaardige ammunisie 

en sowaar dat die sandsakke wat hulle moet beskerm, leeg is.

Die laaste klag is darem vêrregaande, ons wat diensplig gedoen het, weet mos hoe kom nuwe leë sandsakke vol!!! Troepe----sien julle daardie @^&...&^@# hoop sand!!!! Om die boompie en begin!!!!!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 27/01/2025 - 14:46

...........dis presies soos ek dit het.  Voor jy oor die Krokodilrivier ry is daar 'n fisiese hek (onbeman) wat oopstaan deur die dag. Die oomblik as jy deur daardie hek ry is jy binne die Wildtuin-grens en daarna kom jy by die Malelane-Ontvangshek uit waar jy moet inboek.

Ek vermoed hierdie insident het tussen hierdie twee hekke plaasgevind.

Daar is nog sulke grenshekke en dan dieper in kry jy die Ontvangs-"hek", byvoorbeeld by Orpen.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus