So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!
Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien dit![]()
Van Len gehoor...
vroeër vanaand. 'n Wond by Annatjie se maermerrie genees nog nie en die dr. reken dat daar ontsteking gevorm het. Die behandeling daarvoor is antibiotika wat sy in die hospitaal sal moet kry. Volgens die dr. gaan dit ongeveer 5 dae hospitalisasie beteken.
Die goeie nuus is "Die polsslag in die voet is baie goed wat beteken die omleiding was suksesvol".
Ek vertrou dat hierdie die laaste hekkie is om oor te kom.
Blou blasies
Ons het al ook met tye baie blou blasies by Ballito gekry. Hierdie jaar nie een gesien nie....seker almal afgewaai Kaap toe
.
Die krappe kom eet ook die bloublasies
Ek het uiteindelik daarin…
Ek het uiteindelik daarin geslaag om Ralie te oortuig om haar na 'n voël-veearts te neem vir evaluasie. Ons neem haar môre George toe vir ondersoek
Sterkte aan Chris en Ralie. Soos genoem met ons onlangse kuier "ons weet nie eintlik hoe swaar hulle kry nie". Wat moet gebeur, sal gebeur.
Neef Herman
Bly om te hoor dat jy in ander lande kon duik.
Ek is beperk tot Valsbaai en Hout baai. Visibility is sleg in die Kaap.
Zanzibar is my oogmerk, maar kan nie met karavaan tot daar kom.
Geniet die naweek.
Ek kan verstaan dat die…
Ek kan verstaan dat die visibility sleg is in Valsbaai - seker a.g.v. al die riool wat daar in die see gestort word. Jy sien nie soms iets by jou verby dryf nie?![]()
Self-contained underwater breathing apparatus
Dis mos waarvoor scuba staan? Ek en Salomien het ook die open water kursus gedoen en ‘n aantal keer by Ponta Malongane en Sodwana gaan duik. Dit is ‘n vrek lekker ervaring. So stil en rustig en verskriklik mooi daar op die sub-tropiese riwwe. Toe ons Wes-Kaap toe trek was Salomien swanger (sy het na ons laaste duik by Ponta Malongane vreeslik naar geword die aand en gedink dit was van ‘n seekos platter toe is dit eintlik Jnr).
Ek het een keer aleen (saam met ‘n dive master en ‘n paar ander vreemdes) by Simonstad gaan duik van die strand af. Dit was vrek koud en redelik vervelig. Ek het ook een keer net anderkant die pikkewyne by Boulders tussen die seewier gaan duik saam met ‘n vriend en dive master. Dit was nogal interessant en meer kleurvol, maar dit kom steeds nie naby die riwwe in die warmer water nie.
Stoffel se besoek ????
Chris B, wat is uitkoms van Stoffel se veearts besoek vandag???
Stoffel ...
... slaap vanaand oor in die "hospitaal". Ek wag vir die veearts se "update". Sy't net vroeër vandag gesê dat sy erge artero-sklerose het, haar kalsiumvlakke baie laag is en haar sinusse is verstop. Hulle het nog gewag vir die nierfunksie se uitslae. En verder het ek reeds my bankbestuurder gebel, want die geraamde bedrag is vanoggend aangegee R2500 - R3000.
Chris B...
....dalk moet jy dit oorweeg om 'n "Back a Birdie" inisiatief te loods.
Ai tog, ..... besluite besluite!!!!
Eie bed
...maar kan nie met karavaan tot daar kom
Klink soos my siening....as daar nie kampeer fasiliteite is nie, sien hulle my nie sommer nie. Weer onlangs by n plek kampeer waar chalets elke 2de nag nuwe intrekkers is....jy dink hy slaap lekker cozy, min wetend wat die ander 100+ se gewoontes was vroeer die jaar. Moet bynoem....nie een keer gesien hoe word ander beddegoed aangedra nie. Lekker om in jou EIE BED te klim. Buiten dit....al is chalets gewaarborg skoon....ek verkies kampeer. Toe ons nou oornag het by Riverview het dit vreeslik gereen....oord het my gratis verblyf in chalets aangebied.....ek het nee dankie gesê, ek geniet my kampeer lewe meer
Detail van ongeluk....
....sal baie lig werp.
Ek het nog nooit so opgelet na heinings en veiligheid aan die binnekant van areas by hekke nie. Ek aanvaar verkeerdelik dat die waarskynlikheid om wild daar te kry baie klein is, wat duidelik nie klein genoeg is nie.
Naby Krokodilrivier ????
Ek sien die berig in die Laevelder gebruik die bewoording " naby die Krokodilrivier".
Nou is ek verward, is die rivier nie net buite die hek, aan Malelane dorp se kant nie. Dan was die olifant buite die wildtuin, wat seker ook deesdae moontlik is.
Ek kan nie onthou of mens naby die rivier is, as mens aan die binnekant van Malelane hek [kantoor parkeer ens] area is nie. Ek kan mos nie glo dat die kinders en volwassene "vêr" van hekarea/parkering so beweeg het nie.





Ai Goeie Hout. Lekker gelees…
Ai Goeie Hout. Lekker gelees aan jou skrywe,! Ek is ook ń Scuba liefhebber, en het al spesifieke vakansies gehad wat duik as die primêre oogmerk had. Maldives is ongelooflik, Zanzibar net so mooi, Sychelle ook pragtig. Malawi meer , soos binne ń aquarium. Dan ook ons eie kus. Alby my dogters het leer scuba, en ons was dive buddies.
Nagduik gedoen in Maldives, ongelooflik en daar ook ń Hammerhead dive. Jy gaan met die boot tot doerrr in die diep see tussen twee eilande. Dan sak jy af tot by 30m en hang daar. Nou is daar geen kleur nie, als is so donker blou, maar die plankton skitter soos sterre. Die snaakse knarsgeluide is baie vreemd.
Elk geval, die Hamerkophaaie swem in ń groot skool, en maak so leemte hier om die groepie duikers. Baie spesiaal.