Die.... sal die derde probeerslag wees om die gesels te begin. Net sodra ek reg is, en begin ń foto bysit, sê dit. This site can not be reached, en gooi als weg.
Seker maar my onkunde in…
Seker maar my onkunde in Windows 123 wat nou wys.

Die pad moet maar gereeld oopgesny word. Wil nou nie Jurgie deur my gat trek nie

Jurgie op die werf. Die Cruiser is klaar gepak. Tot ń sak hout in. Ouma sal op haar tyd die res uitsorteer. My deel is klaar.
Derde keer is skeepsreg
Dankie Wessle. Nou weet ek om die fotos in te bring. Gesiggie na regs.
GH
Vandag is die Cruiser…
Vandag is die Cruiser seepglad gepolish op Wessel se aanbeveling. Dalk so 7,5km/ l kry.

Chris, Maandag die 7de April…
Chris, Maandag die 7de April tot Maandag 14 April.
Die Cruiser en die karavaan…
Die Cruiser en die karavaan lyk uitstekend. Julle moet dit geniet. Ons beurt kom ook al nader. Hoop om 22ste April uit Onrus te vertrek.
Servaas...
....22 April uit Onrus uit, uit die huis uit vir goed???
sjoe my maat, dis seker 'n moerse gewaarwording wat sekerlik nog ten volle moet insink.??
Nou is ons trip in gedrang…
Nou is ons trip in gedrang. Een van die katjies lyk kroes en wil nie eet nie. Hoop die veearts is oop vanoggend en kan haar uitsorteer. ![]()
kieter kat...
...uitgesorteer???
Ek hoop so, dis sleg as mens uitsien en regmaak vir 'n wegbreek en dan val daar iets voor.
Giepie gaan hotel toe, en wie kyk na katte as julle weg is??
Hou duim vas.
Sassy was by veearts. Het antibiotika gespuit, kort en langwerkend. Op die stadium sal ons Maandag oggend sien of haar eetlus terug is. Is sy reg, gly ons.. Indien nie, beteken dit ń opvolgbesoek woensdag wat dan ons trip kanselleer.
Een van my manne kyk altyd na die katte vir ons, hy is baie goed met sy diere, en hulle is baie lief vir hom.
Katjie nog olik
Het ons datums geskuif na 5 tot 12 Mei. Nie gedink dit is moontlik op die laat stadium nie. Kosteloos.
Herman...
...gelukkig kon jy dit doen. Dalk is dit 'n beter datum, park is dalk dan al bietjie afgedroog.
Weerpatroon is elkgeval so deurmekaar, ek wil nie eers spekuleer oor kanse vir reën op enige stadium by enige plek nie.
By ons het dit vir April reeds 40mm gereën.
Die dame by Karoo N Park wat…
Die dame by Karoo N Park wat my vanoggend gehelp het, het na ek haar gevra het oor die goeie reen onlangs, genoem dat van die paaie baie verspoel is.
So miskien is die uitstel tot ons voordeel. Maar die wat Jurgie gepak staan, die Cruiser ook vol gestop, sal ek regtig graag môre oggend wou ry en gaan kamp.
Mei in Karoo Nas Park
Ons het al by 2 geleenthede in Mei in die park kampeer - en elke keer baie lekker weer beleef. Ek vertrou julle sal ook gelukkig wees om dit te ervaar. YR.no voorspel tans dat ons volgende Dinsdag (17 Apr) in die reën daar gaan arriveer. Ek dink die park moet prentjiemooi wees na die goeie reëns wat hul reeds gehad het. 'n Foto wat ek van Armond gesien het, wys mooi groen Karooveld.





Derde keer is skeepsreg
Ek laai foto's met behulp van die katoeter net regs van die gesiggie in die ry katoeters, net onder inset.
Ek gaan die gesels met aandag volg, van brekfis in Meiringskloof, die skaapkop, die 4x4 verkenning na die afgeleë KarooNP gedeelte.
Ek hoop julle kry weer nr 3.!!!