Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -19 minutes ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Ons kom al nader... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Kwang ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/03/2025 - 18:39

Chris, hoe skuif jou wa se venster oop?? 

Myne skuif horisontaal, voor na agter, maar dit lek geen water nie. Blykbaar skuif die ouer modelle se venster vertikaal, dus van bo na onder, en die ou s'n lek. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 18/03/2025 - 20:33

My Kavango se venster skuif ook horisontaal. Ek kan nou nie onthou of dit van voor af agtertoe skuif of andersom nie. Dit lek gelukkig ook nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 20/03/2025 - 18:36

Veral by Dwarswegstrand het die kinders allerhande kleingeld en snuisterye wat hulle gewoonlik op die voorste bed pak naaste aan die deur. Dit raak ‘n deurmekaarspul. Toe ek so ruk gelede by Camp ‘n Climb was om ‘n stoel te gaan omruil, bly daar kleingeld oor nadat ek die stoel omgeruil het. Ek soek toe vir iets om daarmee te koop, want die winkel gee nie kontant terug nie, net krediet. Ek sien toe die Tentco sakkie met klomp vakkies, en besluit dit moet in die Kavango kom.
 

Gelukkig pas dit toe net mooi in onder die voorste bed aan die binnekant van die deur. Ek het ‘n meter wit Velcro gekoop en die sagte kant aan die sak laat vaswerk by ‘n plek in ons nywerheidsgebied wat met seil werk. Die growwe kant se twee stroke het ek sommer met Contact gom in die wa geplak. Ek is bly ek het wit eerder as swart gekies. Mens kan dit skaars sien.

A


Die sak is nou daar vir al die los goed van die kinders (en van ons) binne maklike bereik van buite af, maar kan vinnig verwyder (en weer terug gesit) word indien nodig. 
 

B

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/03/2025 - 19:52

Dit lyk of dit nog altyd daar hoort. Dalk moes jy 2 sakkies gekoop hetwink

Ek sit en dink, en ek kan aan min geleenthede dink waar dit nodig was om daardie deksel op te tel om by die koelkas te kom. Ek het 1 keer met 'n kamp daar oopgemaak om by die BH-prop te kom, wat 'n los kontak gemaak het. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 21/03/2025 - 07:22

ek kan aan min geleenthede dink waar dit nodig was om daardie deksel op te tel om by die koelkas te kom. Ek het 1 keer met 'n kamp daar oopgemaak om by die BH-prop te kom

Ek het dit ook nog net oopgemaak om die sok waarin my yskas se kragdraad prop reg te maak toe dit nie mooi kontak gemaak het nie. Sou ek egter nodig hê om dit oop te maak trek ek net die velcro los. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 11/04/2025 - 11:11

Ek het ‘n fietsrak op die Kavango se spaarwiel. Die kinders raak groter, en hulle fietse ook. Die hefboom aksie van die fietsrak plaas baie las op die spaarwiel se A-raam wanneer daar golwings of hobbels in die pad is. 
 

Ek wou eers ‘n rak op die wa se A-raam sit, maar daar is nie genoeg plek nie. Nou het ek ‘n boereplan gemaak om die geskud teen te werk (te voorkom) met kabels en turn buckles. Die kabels is weerskante om die dak skarnier se bout se kop. Ek het eers binne die wa gekyk, en daar is wat soos ‘n 2mm plaat lyk wat die las van die drie boute se moere versprei sodat die veselglas nie breek nie. Die foto daarvan hier onder lê op sy sy. 
 

My vraag is nou of ek nie moeilikheid soek en die risiko loop om die wa te beskadig nie. Die statiese las is nie erg nie. Ek skat die twee fietse saam met die rak weeg nie meer as 40kg nie, Maar as die pad nie so mooi gelyk is nie gaan die las op die kabels verminder en vermeerder. Wat sê die mense wat fisika verstaan?

A

B

C

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/04/2025 - 11:37

Chris, sonder om fisika by te sleep, moet jy dalk eerder 'n ander plan maak.

Eerstens is ek bekommerd dat daai kabel weens die gewieg, kan afkom van die boutkop. 

Ek sien aan die linkerkant van jou wa is 'n Aluminium strook ingevoeg, wat reeds bo met 'n skanierbout ook geheg is.  Kan jy nie 'n Pen met 'n hak bo, daar inkry[prakseer] nie? Iets soos 'n nr7 tentpen, of reguit ene, wat jy daar indruk. Die Al-strook versprei dan die las oor veel groter oppervlak.

Jy sal dan aan regterkant ook so 'n Al-plaat moet aansit. Dit lyk na iets wat geredelik beskikbaar moet wees by 'n woonwa werkwinkel. 

Ek hou dop wat die ingenieurs en tegniese sterk, praktiese denkers gaan antwoord/voorstel. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 11/04/2025 - 12:39

Die turnbuckles trek die kabel styf genoeg om die fietsrak se bokant na die wa se kant toe teen die buitekant van die spaarwiel te trek. Die fietsrak kan nie nader aan die spaarwiel kom nie, so die kabel kan nie “ontspan” nie. Daarom dink ek nie dit sal loskom nie. Inteendeel gaan dit nog bietjie stywer trek as daar twee fietse op die rak is. Die hefboom aksie van die arms waaraan die fietse hang gaan ‘n krag op die bokant van die fietsrak weg van die spaarwiel veroorsaak. Die kabels gaan egter keer dat dit wel kan weg trek van die spaarwiel af, en dus die op- en af wieg van die fietse teenwerk. Dit sal die las op die spaarwiel se A-raam verlig, maar las plaas op die boutkoppe. 
 

Die aluminium geut is waar die kantseil van die tent inryg. Die strook van die geut is weggesny langs die skarnier se plaat, so dit gaan maklik buig as daar las op geplaas word. Die strook is ook net met twee klinknaels vas aan die wa so dit sal maklik uitskeur. ‘n Ander opsie is om ‘n stuk plat staaf (flat bar) drie gate in te boor en in ‘n L-vorm te buig met twee van die gate op die lang kant. Dit word dan vasgemaak aan die wa met twee boute van die dakskarnier en die kabel ryg deur die derde gat op die kort kant van die L wat horisontaal staan met ‘n stukkie silicone pyp daarom om te keer dat dit staal op staal is wat dalk die kabel kan verweer. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 11/04/2025 - 12:47

Kon ons aanvaar die spaarwielrak is  gebou met die gedagte dat dit  in Off- Road met wiel op  nie afbreek nie. Nou gebruik jy dit as vasmaakplek vir fietsrak wat bokkerol weeg, so ek dink sover nog nie ń worry nie. 

Die twee kabels trek die fietsrak, saam die wiel, na die wa toe, en dit is hoe jy die ekstra gewig van die fietse hanteer. Stem saam die kabel om die bout is wankelrig. Ek kan nie mooi die hoeke lees van die kabels nie. Waarteen trek die kabels,maw wat sit jy onder las. Is dit die strap wat om die wiel gaan?  Ek dink vir teerpad behoort die spaarwielrak groot genoeg veiligheidsfaktor al klaar ingebou te hê. Jou kabels is dalk die braces saam die belt.

As die spaarwielrak klaar onder verdenking is, dan.... is jou plan dalk effe lig.

 

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 11/04/2025 - 13:10

‘n Ander opsie is om ‘n stuk plat staaf (flat bar) drie gate in te boor en in ‘n L-vorm te buig met twee van die gate op die lang kant.

Ek wou dit ook voorstel dat mens eerder die bestaande "bracket" op die wa moet gebruik. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/04/2025 - 13:46

In plaas van jou L-vorm flat bar, maak eerder 'n netjiese driehoek plaat , wat mooi pas op skanier se onderste hegplaat met die 3 boute. Daaraan prakseer jy dan 'n hegpunt vir die kabel.

Hou net in gedagte, wat jy daar aanbring moet nie verhoed dat dak kan oopmaak nie.

Hoekom laai jy nie die fietse op die kappie nie.???  

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 11/04/2025 - 14:32

Hoekom laai jy nie die fietse op die kappie nie.???  

Ek wou dit ook voorstel, maar dit is meer windweerstand en dan brackets , kos weer 'n plaas se geld.  Ek glo ook nie Chris wil gate in kappie boor om daarvoor voorsiening te maak.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/04/2025 - 14:38

...om maklik, sonder gate boor, dakrakke, ensovoorts bo-op te monteer. Gewoonlik met hegboute wat in gleuwe op die kappie pas.

Die probleem is om te onthou daar is goet op die kappie, en nie in garage of onder boom net in te ry niecrying

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 11/04/2025 - 16:14

Die Ranger se kappie het ‘n dakrak, maar dis selfs vir my wat 1,98m lank is te hoog om gerieflik iets soos ‘n fiets op te laai. Die toestelle waarmee mens fietse regop vasmaak op ‘n dakrak is duur. Meeste fietsrakke vir vervoer kos duisende rande. 
 

Die Kavango se spaarwiel se A-raam was swak toe ek dit gekoop het, en het losgebreek van die wa se buffer af. Lapskag het my toe oor WhatsApp en die foon gehelp met ‘n puik plan om dit te versterk, so dit is nou stewig. Die wieg van die fietse op die arms van die fietsrak veroorsaak dat die A-raam spanning op die Kavango se buffer sit, en dit kan/gaan tot skade aan die buffer lei wat ek wil voorkom. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 11/04/2025 - 19:55

Ons klomp rusbankengineers gaan net ń klomp twak kwytraak. Of dalk net die ene.

Hoe is die gesegde, if it ain't broken, don't fix it. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/04/2025 - 07:10

...daai gesegde is net geldig totdat die fietse en spaarwiel in die pad af do...r, voor iemand anders!!!!

Ek dink Chris se vrou soek sommer 'n handige wasgoed draad aan die Kavango, en hy wil dit tweeledig maak.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 12/04/2025 - 07:18

Ek dink Chris se vrou soek sommer 'n handige wasgoed draad aan die Kavango

Salomien was juis bekommerd dat die fietse kan verloor. Toe ek vir haar die plan wys wat ek prakseer het, sê sy ‘n handdoek sal lekker oor elke kabel hang.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 12/04/2025 - 07:58

Is so Wessel, maar sommer net so afdonner sal seker dan hopelik gebeur teen ń slakkepas oor ń spoedhobbel. 

Dalk moet Chris sy lyf op die rak maak sit, en net so liggies wip, nou nie te erg nie, ( onthou F = ma) as ń toets.devil

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/04/2025 - 08:18

Sit ek mos en dink, en dis gevaarlik. Ek het weerskante van my groot spaarwiel nog 2 jerrykanne ook. Dit is ook so ongeveer 40kg ekstra gewig. Dit is egter teenaan die wa, direk op 'n raam aan die spaarwiel raamwerk.

Dalk moet ek iemand vra om draai agter my te ry, en kyk of die kontrepsie nie ook wieg nie. 

sp

Ek het vandat ek die wa het, Maart 2018 tot hede, nog net 1 keer die kanne gevul met diesel. Dit was Mokala toe, en die park is so klein, ek het die ekstra diesel nie nodig gehad nie. 

Dit lyk egter lekker rof en onbeskof op die wa wat deur 'n 4x2 gesleep word.laughlaugh Ek het nog 2 kanne wat regs voor, waar jou wa nog 'n opening het, pas. Daai kanne is by my vervang met nog 'n sluit koskas, soos links voor. Altesaam kan ek dus 80l diesel saamkarwei.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/04/2025 - 08:32

sommer vir die lekker, kyk op foto vir die KKK kas, regs voor.

Die foto was in Manyane geneem, toe ons nog laglag die wa tot sy volle glorie oopgemaak het vir kampering.

kas

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus