Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
bollie vraag gewees Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -35 minutes ago
Len, Len gaan weer Kruger Wildtuin… Johann L -51 minutes ago
Antwoord op Wessel se vraag Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -52 minutes ago
Dit is ... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Chris Boucher -1 hour ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -10 hours ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -14 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 06/06/2024 - 07:07

Hoop ook nie julle ouens met die boswaens het my te ernstig op geneem nie.

Lyk darem gelukkig of dit in die regte lig gesien wasyes

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 06/06/2024 - 07:54

Lyk darem gelukkig of dit in die regte lig gesien wasyes

Ons bosbewoners suig mos maar aan die agterspeen hier. Van die lede wat gereeld klets is ek en Wessel die enigstes wat glorified tente sleep en nie luukse vakansiehuise nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 06/06/2024 - 08:12

Is 'n lelike ding. (Ek dink dit is maar bietjie jaloesie, van my, op julle wat kan kamp waar julle wil)laugh

Ek sou regtig graag met 'n tent in die bosse wou gaan kamp, dit is vir my die naaste wat ek aan die natuur kan kom, maar my beterhelfte weier volstrek.

Maar laat ek nou op hou om jou gesprekslyn te kaap, jammer Chris.

Die gesprek het ook vir my al baie gehelp.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/06/2024 - 13:14

Ek het my wa vanoggend gaan haal. Ook maar goed dat daar 'n skuurgeluid was. Die inloopskokbreker is vervang, en die hele remstelsel vanaf die skokbreker, die stang na agter, die T stuk waar kabels begin, moes verlê word.

Die ou het koppelpunte geskuif en die stang verskuif sodat die T stuk nie meer teen die aircon kas skuur nie. Nou is alles reguit belyn, en niks haak meer aan die aircon se kas nie.

Dit is wat gebeur as leke modifikasies aan 'n wa aanbring, en nie oplet na die effek daarvan nie.

Die vraag is egter,

1]hoe lank [afstand] neem dit vir 'n remskoen om na 'n verstelling weer 100% te"seat". Ek het 30km gery en 1 wiel is voelbaar warmer as ander ene. Die eienaar van werkwinkel kom nou na my huis toe om daai wiel se rem effe te laat skiet. 

2] terwyl so 'n remskoen effe "seat", skuur dit weg en hitte verdwyn, of laat hitte die skoen en/of drom uitsit en dit bly skuur en hitte genereer.   

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 07/06/2024 - 13:34

As die remme reg gestel is, is daar geen kontak tussen die remskoen en drom nie. Dit loopheeltemal vry. Daar kan dalk ń baie effense skuurgeluid wees, en dan ook nie die hele 360 draai van wiel nie, net dalk op een plek indien jou drom ovaal is.

Die fotos wat Chris gestuur het van die rem- meganisme. Is anders in die opsig dat die stang nie ń noem dit ," balancing lever", het wat die druk balanseer nie. Maw sodra die een stel skoene begin knyp, word die effort oorgeplaas na die teenoorgestelde kant. Op die manier is die rempoging heeltyd in balans.

Die Kavango se remme moet perfek gestel wees, anders kan dit een kant harder rem.  My beskeie observasie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/06/2024 - 13:46

.... ek gaan nou winkel klere uittrek en tuinklere, dan gaan ek kyk vir balancing lever. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 07/06/2024 - 15:20

As  jy trailer handbrake gaan Google, is daar ń paar voorbeelde. Relay lever is lyk my die regte naam. Kyk ook na ander voorbeelde bv " compensating yoke".

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/06/2024 - 16:05

Herman en ander, het gaan kyk, daar is niks van so aard nie.

Gaan nou maar vastrap en die skokbrekers ook vervang. Dan kan ek ontspanne [geremdlaugh] wildtuin toe sleep. bande kundige het band so 1 kyk gegee en gesê---die skokbreker is amper moeg, die wiel spring. 

Ek ry mos deur Heanertsburg oppad PBorwa en wildtuin toe. Seg ek vir Marie dis goeie geleentheid om by Gecko fabriek te gaan kuier. surprise

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 07/06/2024 - 16:36

Die skermgreepfoto verduidelik mooi hoe die kompenserende hefboom cool die rempoging balanseer. By meeste waens is die primêre kabel, op foto ń soliede stang. Kavango enjineers het ń ander idee in die kop gehad.

Lever

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 08/06/2024 - 07:17

Wessel, jou vraag van 3 Junie verwys.  My Exclusive het remskoene op al vier wiele.

Wat inlooprem-skokbreker betref, my Exclusive het tans sy derde stel oor 'n tydperk van 19 jaar en 85 000km in, maar in alle gevalle is dit swaardiens-skokbrekers.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/06/2024 - 07:45

....dan doen jy goed. Jou skokbreker hou dus 2 keer langer as wat ek tot hede kon regkry.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/06/2024 - 15:57

Vanoggend my wa gaan haal. Skokbrekers is vervang met Monroe Magnum gas gevulde stampertjies. Volgens hulle webblad het dit 'n 3 jaar waarborg.

Nogal ontstellend toe ek sien hoe maklik druk die handlanger met een hand die oues inmekaar, en dat dit nie juis wil uitskop nie.

Les geleer vandag----gasgevulde skokbrekers wys nie skade deur olie uit te lek nie. Ok maar lekker stupid ouboet!!!

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 13/06/2024 - 08:59

Nogal ontstellend toe ek sien hoe maklik druk die handlanger met een hand die oues inmekaar, en dat dit nie juis wil uitskop nie.

Kon jy beter stabilteit agter jou voertuig merk/voel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/06/2024 - 09:18

Môre Hennie

Ek was nog nie gister huistoe roekeloos met die wa nielaugh

Ek sal moet lieg om JA te antwoord. ek het net 35km gesleep met die nuwes. 

Moontlik sal ek na ons Julie toer Kruger toe, 'n beter antwoord kan gee. Op die oomblik is dit net "gemoedsrus". Ek weet dis nuwes, die remme is reg en die inloopskokbreker is ook nuut. 

In die algemeen sleep die Kavango baie stabiel en gehoorsaam, ek weet nie of die onafhanklike vering daartoe bydra nie. Wat ek wel weet, dit druk seker so 130kg op die sleepbal.

Ek het in 2022 'n slegte swaai gehad op N1, uitgeswaai vir slaggat. Na 2x na links,en nog  2x  na regs was dit weer reguit agter trokkie. Nie omgeval nie, en nie bakkie geruk nie. Die Kavango se bande het sleg teer gevreet, tot so 50mm onder,vanaf normale loopvlak.   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 13/06/2024 - 09:30

Wat kos daardie skokbrekers? En hoe weet mens hulle is gedaan as hulle nie olie lek nie? Die bande wat skeef af geloop het? Lei gaar skokbrekers nie eerder na kolle wat ongelyk afloop nie?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/06/2024 - 12:00

totale onkoste verbonde aan vervanging was darem net R2128, wat BTW en arbeid insluit.

Hoe weet mens---ek het my verlaat op bande kundige se advies.

Die band het nie oor breedte skeef geloop nie. Bedoelende, dit het nie binne of buite-skouer ooglopend weggeloop nie. Dit het ook nie kolle glad geloop nie.Die band se binne-ry blokkies het 'n saagtand gemaak. Elke blokkie het op sy eie van voor na agter skuins geloop. Maak 'n patroon van hoog na laag, dan hoog na laag, en so reg om die band.

Ek sal band dophou, en as dit rerig vererger, sal ek dit vat vir sporing. Tans is ek gemaklik, want alles is nuut en die band is padwaardig, baie loopvlak oral.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/06/2024 - 12:20

Julle tegniese ouens moet nou insette gee, ek dra oor wat my woonwa-bouer tegnikus sê.

Volgens hom verkies hy soliede aste met bladvere op die bos-woonwa en -waentjies wat hy bou. Bloot omdat dit minder probleme gee, maar blykbaar is sulke starre aste nie so "swaar" op skokbrekers nie. 

Ek sal graag wil hoor wat dink julle daarvan, want ek is geneig om sulke vergelykings, komende van hom, te ignoreer. Onthou, my wa is nie een van sy eie produkte nie, en hy vergelyk maar altyd wat Echo bied,teenoor wat hy verkies en inbou in sy waens.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 13/06/2024 - 12:36

R2128, wat BTW en arbeid insluit

As my brandstof onder begroting inkom na die toer moet ek dalk in nuwes belê.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus