Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -50 minutes ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -54 minutes ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -58 minutes ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 12/04/2025 - 08:33

Wessel, dit lyk of daardie rame waarin die kanne sit darem direk aan die balke van die onderstel vas is. My wa het nog ‘n VVS onderstel, en die agterste buffer is lip channel van dun plaat wat aan die twee balke van die onderstel vas is. Die A-raam van die spaarwiel is mild steel en bout vas op die buffer. Dit was nie ‘n goeie ontwerp nie. Lapskag het dit verbeter, deur ‘n vertikale 5mm plaat voor te stel wat ek onderaan die A-raam gesweis het sodat dit teen die buffer druk waar die nommerplaat sou wees. Dit voorkom dat die A-raam agtertoe weg van vertikaal af kan sak (wat voorheen gebeur het en toe die buffer laat kraak het). Ek wil voorkom dat die spanning, wat die hefboom aksie van die fietsraam as dit wieg op die buffer plaas via die spaarwiel se A-raam, weer die buffer laat kraak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 12/06/2025 - 06:55

....die G is om te onderskei tussen neef Herman en Herman van Gonubie. Die G is vir sy van---Goossens.

Herman, ek sien jy verwys na 'n Kavango, het jy dit nog en watter ene het jy?? 

Soos Rona opgelet het, nou is ons al 3 op die forum wat Kavangos het, of gehad het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/06/2025 - 16:15

Middag Herman,  sien my nuuskierige vraag hierbo.

Watter ene het jy, en hoe gelukkig is jy daarmee.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 16/06/2025 - 18:19

Ek het vir Willie Grobler van Echo gevra waar om die sekerings te kry. Ek het die skroewe op die paneel losgemaak, maar dit het nie gehelp nie. Toe maak ek die raam rondom los, maar kon net sien waar al die drade koppel onderaan die paneel se kas. Willie reken toe ek moet die voorkant af strip om by die sekerings uit te kom. Ek is nie lus daarvoor nie. 
 

Op die 4x4 forum sê iemand die omie wat die panele gemaak het is oorlede. Dalk moet ek net ‘n ander laaier inbou in die batterye se kas. As die 220V nie gekoppel is nie sal die son laaier darem nog werk. 
 

A

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 16/06/2025 - 18:43

Kan ek vra waarom die vervaardigers nie ń " van die rak af" laaier gebruik nie. Die Hollandse produk is puik, sulke blou modelle. die naam lê nou in file 13.sad

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/06/2025 - 18:52

Ek sien deesdae bou meeste woonwa vervaardigers sommer die Victron stelsels/komponente in. 

ek vermoed toe Chris se wa gebou was, was die Victron produkte nog nie vrylik in gebruik of beskikbaar nie.

Wonder skielik waarom het PBE nie ook dit vir my ingebou nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/06/2025 - 19:40

....wat sê Willie, gaan dit help om wa na Echo in Brackenfell te neem???

ek vermoed daar is net 'n enkele laaier. Daar is 2 invoerstelsels, te wete die son kant en die 220V kant. 

By die sonkant word die spanning eers omgesit na 12 V voordat dit laaier toe gaan. Aan die 220v kant, word dit ook eers omgesit na 12 V en voer dan seker dieselfde laaier. 

Dit klink my die 220v deel, is die probleem, sekerings, transformer en nie noodwendig die laaier self nie.

Ek spekuleer nou, maar kon Willie dit bevestig het.   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 16/06/2025 - 19:42

Die “paneel” is nie net ‘n laaier nie. Dis ‘n DB met kragsokke en skakelaars vir alles wat krag kry in die wa. Dis ook al 17 jaar oud, toe was Victron dalk nog nie eers plaaslik beskikbaar nie. Ek oorweeg dit sterk om net ‘n ander 220V laaier in die batterykas in te bou wat werk wanneer die wa 220V kry. Ek moet net kyk of die son laaier self afskakel as die paneel 220V kry. Anders kan dit marakkas maak.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 16/06/2025 - 19:50

Hy het gevra waar woon ek maar nog nie weer geantwoord nie. Ek gaan nie graag na Echo toe nie. Dis ver en hulle is duur. 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 16/06/2025 - 19:57

Dis wat my irretteer.  Ek het letterlik alles gedoen met ons trip na dier noorde.

En daar werk my regter flikker.  Chris ek voel vir jou.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/06/2025 - 15:56

Enige goeie nuus in die verband. 

Dalk moet jy weer vir Echo bel en met Willem die werkwinkl voorman praat. Hy weet dalk beter as die baas.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 19/06/2025 - 16:16

Ek is verwys na ‘n ander maatskappy wat begin is deur ‘n Johan wat jare lank saam met die oom gewerk het wat die HcDP panele gemaak het vir Echo. Ek het bietjie gesukkel om hom in die hande te kry, maar hy het my darem gister geantwoord. 
 

Hy sê daar is skroefies aan die kant van die paneel wat ook moet los kom. Ek het hulle gesien toe ek die donker grys raam losgemaak het, maar ‘n skroewedraaier gaan nie daar inpas nie. Ek sal een moet kry wat 90° kan buig. Ek gaan na werk probeer as daar tyd is.
 

Ek hoop steeds dis net ‘n sekering, maar as een geblaas het moet ek wonder hoekom - veral terwyl die wa stil gestaan het in die motorhuis sonder iemand daar naby. Intussen hou ek die batterye gelaai met ‘n eksterne laaier.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/06/2025 - 16:45

...dalk was daar 'n "power surge" wat ongemerk in die huis was, maar wat wel deurgekom het in garage.

Wat bou ECHO deesdae in, en wie het jou na die Johan verwys??

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/06/2025 - 16:49

Jy praat seker van Johan Wolmarans van HCDP electronics in Montana Pretoria.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 19/06/2025 - 19:48

Johan Wolmarans van HCDP electronics in Montana 

Dit moet hy wees ja. Hy het blykbaar saam met Oom Manie gewerk wat die panele vir Echo gebou het. Johan het intussen sy eie besigheid Wolmacor begin. 
 

Ek kon darem die voorkant van die paneel af kry na werk. Ek moes die skroewe aan die kante met ‘n tangetjie aan die kop gryp en losdraai. Geen skroewedraaier sal daar inpas nie. My dik vingers pas skaars daarin om hulle verder los te draai en uit te draai. Ek weet nie hoe gaan ek hulle terug kry nie. 
 

Die paneel se binnegoed lyk gesond. Niks is gebrand of gesmelt nie. Daar was net een sekering wat ek kon sien. Dis die ou glasbuisie soort en ek kon nie sien of die draadjie afgebrand was nie. Toe ek dit toets vir geleiding met die multimeter is daar geen geluid nie. Ek haal dit toe versigtig uit die paneel en toets weer. Steeds stil. Dis moelik om te sien of die draadjie af gesmelt is, die glas is nie mooi helder orals nie. Dis egter nie gebrand nie, daar is iets groen in. Ek hoop maar dit is wel die probleem. Ek sal môre uitvind nadat ek ‘n ander een gekry het. 
 

A

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 19/06/2025 - 19:59

Jy kan die kop van die skroefie in `n plastiek pypie druk (Visbak lug pompie) of soortgelyk gebruik wat maklik buig en gedraai kan word tussen die vingers probeer. Ek het een keer `n glue-gun stokkie gebruik waarvan ek die punt warm gemaak het om die skroefie vas te hou om om `n hoek te kon werk

Sterkte

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 19/06/2025 - 20:18

Dankie Slowstrike. Die skroefies is maar klein. Ek dink ek gaan die gomgeweer stokkie probeer. Ek is net bang ek laat val die skroefie voor dit vat. As dit eers gevat het kan ek dit met een vinger aan die bokant en een aan die onderkant wat in teenoorgestelde rigtings oor die kop skuif draai en dan weer met die tangetjie so vas as moontlik ‘n laaste draai of twee.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 20/06/2025 - 19:37

Ek kon vandag ‘n plaasvervanger kry vir die geblaasde sekering. Die nuwe een se glasie is wit, so mens kan nie die draadjie sien nie. Dis natuurlik hoekom ek nie deur die oue kan sien of die draadjie gesmelt het nie. Die hitte het die wit net verkleur. 
 

Dis maar ‘n 3.15A sekering maar is wel vir 250V. Ek het  nog nie kans gehad om die nuwe een in te sit nie, so ek weet nog nie of dit my probleem gaan oplos nie. Ek hoop maar so. Gelukkig is dit nog lank voordat ons weer die wa gaan gebruik. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/06/2025 - 19:55

Aanhouer wen.

Kon jy op oue sien wat se stroom dit kon hanteer. Stroom van 3.15Amp klink effe laag.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/06/2025 - 07:02

Kon jy op oue sien wat se stroom dit kon hanteer. Stroom van 3.15Amp klink effe laag.

Die oue wys 250V en 3.15A. Dit het vir my ook te laag geklink, maar Johan Wolmarans het dit bevestig.

A

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus