Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Fortunator se Jurgens 500 projek 1970 Jurgens 500 Deluxe… Wessel Strydom -10 minutes ago
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -3 hours ago
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -13 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 day ago

Tent Ontwerp

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Het die model van die tent ontwerp klaar gemaak. Moet nou die regte grootte tent ontwerp volgens die skaal model.

Tent

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 20/04/2017 - 09:29

Dankie Anton.

Die idee is om alles binne 15 Minute op te slaan. Penne inkap in gesluit in die 15 minute

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 20/04/2017 - 10:20

Frikadel,

Daar is pale maar dit vou op saam met die tent. Is vas aan die tent

Sonder penne gaan jy nerens kom nie. Soek dan net moeilikheid. Daar is wel 'n minimum aantal penne

0
Potch
Profile picture for user TORA

TORA

Sat, 22/04/2017 - 13:23

Om 'n Tent vir 'n boswa te ontwerp is 100X moeiliker as om die Boswa te ontwerp. Daar is soveel detail wat mens moet inagneem . Die soome word op 'n interlog metode gedoen, en jy moet presies weet hoe mens dit doen voor jy die ontwerp kan doen, ek praat nie eers van die vensters met afrits gaas ens. nie. Ek het vir baie ure gaan kyk hoe sekere ding gedoen word voor ek die ontwerp en planne begin teken het.

Tentplanne

0
Pretoria

Dylan

Sat, 22/04/2017 - 13:31

Ek hou van jou skaal model. Ja, almal soek maar tente en rally tente wat met die min moontlike PT opgeslaan kan word. Mag ek vra: is julle tent vervaardigers?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 22/04/2017 - 13:37

Torra, jy is so reg.

Ek het in 1994 vir my 'n boswa gebou, en die tent was die grootste en moeilikste werk!

Ek het my sketse van min of meer wat ek wou he na Tentetoria geneem en saam met hulle gewerk om die tent te ontwerp. dit het 'n paar dae gevat voor die finale ontwerp klaar was.

Moet erken daai ouens het my baie gehelp en 'n puik werk gedoen. My tent saam met die äwing"was 6x5 meter. Daai tent kon ek maklik alleen opsit binne 30 min, nooit so slap en pap gehang soos baie van die boswaens se tente nie, nooit gelek of damme gemaak nie.

Goed stewig in sterk winde met minimale toue, nooit storm toue nie en my toue altyd naby die pale, so maks 150mm van die paal af, niks toue wat doer ver van die tent af is waaroor almal val nie!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 24/04/2017 - 05:19

Dylan,

Nee, ek is nie 'n tent vervaardiger nie. Probeer maar net om kampopslaan makliker en vinniger te maak.

Gelukkig het ek iemand wat die tent vir my kan maak wat baie naby my bly. Hulle bly skaars 3km van my af en werk vanaf die huis.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus