Het die model van die tent ontwerp klaar gemaak. Moet nou die regte grootte tent ontwerp volgens die skaal model.

Dankie Anton…
Dankie Anton.
Die idee is om alles binne 15 Minute op te slaan. Penne inkap in gesluit in die 15 minute
Is daar pale en penne?
As daar is, back to the drawing board....
Frikadel,…
Frikadel,
Daar is pale maar dit vou op saam met die tent. Is vas aan die tent
Sonder penne gaan jy nerens kom nie. Soek dan net moeilikheid. Daar is wel 'n minimum aantal penne
Batwing awning?
Amper soos n batwing awning, daarmee kan ek saamleef.
Die tent bly permanent aan…
Die tent bly permanent aan die wa. Word net in 'n kous gestoor wat vas is aan die wawanneer jy nie kamp nie
Tentontwerp is geen grap.
Om 'n Tent vir 'n boswa te ontwerp is 100X moeiliker as om die Boswa te ontwerp. Daar is soveel detail wat mens moet inagneem . Die soome word op 'n interlog metode gedoen, en jy moet presies weet hoe mens dit doen voor jy die ontwerp kan doen, ek praat nie eers van die vensters met afrits gaas ens. nie. Ek het vir baie ure gaan kyk hoe sekere ding gedoen word voor ek die ontwerp en planne begin teken het.

Skaal model
Ek hou van jou skaal model. Ja, almal soek maar tente en rally tente wat met die min moontlike PT opgeslaan kan word. Mag ek vra: is julle tent vervaardigers?
Torra, jy is so reg…
Torra, jy is so reg.
Ek het in 1994 vir my 'n boswa gebou, en die tent was die grootste en moeilikste werk!
Ek het my sketse van min of meer wat ek wou he na Tentetoria geneem en saam met hulle gewerk om die tent te ontwerp. dit het 'n paar dae gevat voor die finale ontwerp klaar was.
Moet erken daai ouens het my baie gehelp en 'n puik werk gedoen. My tent saam met die äwing"was 6x5 meter. Daai tent kon ek maklik alleen opsit binne 30 min, nooit so slap en pap gehang soos baie van die boswaens se tente nie, nooit gelek of damme gemaak nie.
Goed stewig in sterk winde met minimale toue, nooit storm toue nie en my toue altyd naby die pale, so maks 150mm van die paal af, niks toue wat doer ver van die tent af is waaroor almal val nie!





Jou tentontwerp lyk baie…
Jou tentontwerp lyk baie goed!