Middag vriende
Die plek is steeds op my wenslys. Ek het ook nie 'n 4x4 nie, maar ek gaan kamp tot waar ek kan sleep. Daar hak ek af en ry die res van die kloof net met die bakkie.
wel, ek hoop mens sal 'n groot deel kan ry.
Skakel asb
Vriende gaan lees die pragtige verhaal van die stamsel skenker in Maroela media.
Chris S...
....gaan soek in Maroela media, nuus op 26 April vir berig.
"Die stukkende woonwa, die DNS monster en stamsel skenker"
Nog ‘n video (met ‘n Duster)
Wessel sal maar moet kyk wanneer hy weer tuis is. Hy is tans besig met belangriker dinge.
Chris S....
...dankie, ek is besig met beplanning.
Vanoggend 01h00 herrinner daaraan dat ek terug is in die bose NW. Gelukkig net heining gebreek. Daarna lê mens wakker en beplan beter dinge.
B.kloof...
...is steeds op my wenslys, maar sal seker vir volgende jaar oorweeg word.
Bruintjieskraal
Sit so vanmiddag met die land/padkaart, seker die lekkerste tydkorting vir my. Skielik tref 'n alternatiewe benadering tot Baviaanskloof my.
Ek oorweeg dit om van KarooNP, de Rust om deur die Langkloof te sleep. Dis mos my voorsate se omgewing. Daar is selwers 'n kampeerplek, Die Kraaltjie by Joubertina. Daar bly net Strydoms, Oliviers en Kritzingers. Van my familie is op Krakeelrivier in die Strydom begraafplaas begrawe.
Vandaar sleep ons Patensie om, en gaan span uit by Bruintjieskraal, net voor die hek na Baviaanskloof.
Die terugtog is dan Bergkwagga om, via Colesberg, B.fontein tot by huis.
Die toer sal moet wag tot volgende jaar middel September, so fyn detail kan verander..
Strydoms in die Langkloof
Ek onthou uit my Droëvrugteraad-dae van Waldimar Strydom van Krakeelrivier en André (Bokkie) Kritzinger van Joubertina wat gesamentlik 'n vrugtedroëry buite Willowmore begin het. In Krakeel se omgewing was jou kanse 80%+ om reg te wees as jy iemand aangespreek het as mnr Strydom. Die "goed" is amper vervuil daar
.
In die Kouga was dit weer Ferreira's
Dieper in aan Willowmore se kant
Wessel, gaan eers in Baviaanskloof in van Willowmore se kant af. Dis 100km goeie grondpad voordat mens die wildernis gebied betree, en selfs die eerste deel daarvan is gangbaar. Daar is verskeie verblyf opsies tussen Willowmore en die hek na die wildernis gebied. Kyk bv na Laaste Kamp, waarvoor julle ingerig is met die Kavango en sy PBE stelsel.
Willowmore kant....
...is steeds 'n opsie. Ek kyk na kampplekke soos Uitspan, Bokloof en Doringkloof, soos mens die Weste reservaathek benader.
Bruintjieskraal
Wie het al hier kampeer? Ek gaan môre bel om te hoor of daar elektrisiteit is.
Ek dink al meer daaraan om die gedeelte tussen George na Port Elizabeth, na Bosbokstrand te verken. Dan is 'n besoek van Patensie se kant af na Baviaanskloof ook ingereken. Dit is waar Bruintjieskraal in die prentjie kom.
Vanaf Oos London omgewing sleep ek dan so oor Tarkastad na Bergkwagga NP.
Die fyn detail is nog effe vaag.
Bruintjieskraal
Ek het die volgende ekstra info van hulle ontvang;
staanplekke het nie elektrisiteit nie.
elke staanplek het sy eie "basiese" ablusie. stort toilet ens
ablusie het gas geisers vir warm water.
Staanplekke wissel in grootte en sommige kan groepe tot 15 akkomodeer. Meer inligting is op hulle webblad beskikbaar.
Hier kom ‘n ding
Ek sien uit na die toer wat jy nou beplan Wessel. Wanneer gaan dit gebeur?
Ek wil graag weer ‘n toer deur die kloof doen. Die keer langer.
Oos Kaap en Baviaans
Ons het so lekker getoer en kampeer dat ons al klaar beplan/bedink aan 'n toer deur die Tuinroete, Baviaans en tot by Morganbaai, Keimond omgewing.
Grompie en die Kavango was foutloos die afgelope toer, net 'n plesier gewees. Net die wind het die vrotterige tent geroer in KarooNP.
Ek dink daaraan om die toer volgende jaar, dalk Augustus/September te doen.
Bosbokstrand
Soos elders genoem, Bosbokstrand Oos Kaap gesprek, wil dit lyk of mens net skoolvakansies daar kan bespreek. Dis iets wat mens ingedagte moet hou met beplanning.
Uit gesprekke met Oos London bewoners, wil dit blyk dat veilige aanbevole kampeerplekke rondom OL begin skaars raak, daarom gee ek oorweging aan genoemde oord..
Oos Kaap kampplekke??
Wie het onlangs by die plekke gekampeer, en watter ene sal julle aanbeveel??
Keurboomsrivier
Plettenbergbaai forever resort
The willows in PE
Van Stadensrivier
Morganbaai
Wessel
Die enigste twee waar ek al was op jou lys op jou lys is Forever Plett en Keurbooms. Beide is okay, maar sou ek weer in daai omgewing kom, sal dit nie my nommer een keuse wees nie.....miskien oor die rede dat Plettenberg baai nie vir ons n trekpleister is nie. Jy hou mos van jou Sanparke....miskien Stormsrivier oorweeg?





Het dit ook raakgelees. Soos…
Het dit ook raakgelees. Soos jy sê `n veel dieper verhaal. Ek sien daar is `n hele reeks van hulle avonture.