Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hael November 2026 Geert -2 minutes ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -23 minutes ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -10 hours ago
30% November 2026 Geert -17 hours ago

Namaqua NP besoek Oktober 2025

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Een Saterdagaand na almal gaan slaap het kyk ek wat YouTube vir my aanbeveel om te kyk en kom op die video hier onder af. Ek kyk dit, en daar byt die gogga my. Dis nie so ver van Worcester af nie, dit lyk na ‘n lekker avontuur, en volgende jaar se Oktober vakansie is nog oop. Ons gaan nie gewoonlik dan weg nie want Junie/Julie se Krugerwildtuin besoek is duur en Desember by Dwarswegstrand is self nie goedkoop nie. Maar ek het na 10 jaar se diens einde Julie 10 dae langdiens verlof by gekry, en ek hou van avontuur.
 

Gisteraand wys ek vir Salomien grepe uit die video, en kry in beginsel goedkeuring om ‘n toertjie te beplan. Ek verwys nou nie na die soort wat mens in jou adamsgewaad van die klerekas af spring nie, maar ‘n kort toer. Sy het sekere voorwaardes. Daar moet genoeg water wees om mee te was (ons selwers - die res is vanselfsprekend). Ongelukkig wys ek haar ook ‘n deel van die video waar koffie met ‘n Espresso masjien gemaak word wat deur ‘n Ecoflow kragbron krag kry en sy reken dit moet ‘n moontlikheid wees. Selfs met heelwat afslag wat tans aangebied word kos ‘n Ecoflow wat die moeite werd is R15k sonder ‘n sonpaneel, so ek smoor die droom in die kiem. 
 

Daar is ‘n aantal geproklameerde openbare kampeer gebiede tussen Strandfontein en Namaqua NP. Hulle beskik egter oor geen geriewe nie, en mens kan nie bespreek daar nie. Kaarte van die Namaqua NP wat aandui presies waar die staanplekke is, is skaars en ek het my tot Google Earth gewend. Die kamppleke is binne iets soos 43km se kuslyn geleë, en daar is net klipskerms gebou teen die wind en ‘n paar put toilette.
 

Van die kampeerplekke is bo rotse, met so twee of drie bo sand. Mens gaan natuurlik nie daar swem nie, maar ons kinders hou van speel met en op sand en mens kan lekkerder stap daarop as op rotse. Ek het dus besluit op twee aande elk by Koringkorrelbaai en Kwass se Baai wat beide nog beskikbaar was. Ek kon nie regkry om dit te bespreek aanlyn nie, en het ‘n besprekingsversoek ingesit per e-pos. Hopelik kry ek môre goeie nuus, anders sal ek maar die kantoor op die Weskus probeer bel. 
 

Ek sal ‘n aand of twee voor en na die vier aande sonder geriewe byvoeg in Hondeklipbaai en Strandfontein of dalk eerder Elandsbaai. Ek wil net eers die kampering in Namaqua NP vasmaak.

Dan moet ons besluit of die Kavango saamgaan of nie. Daar is ‘n “hoofpad” wat meestal met ‘n 4x2 gery kan word volgens gereelde besoekers. Dit is egter ‘n entjie weg van die kus af, en mens moet met sandpaaie by die kampeerplekke in- en uitkom. Aangesien ons net een voertuig gaan wees, moet die Kavango dalk maar bly en ons met tente gaan. Ek het twee boogtente van 2,5mx2,5m waarin ek regop kan staan. Die kanse vir vasval sonder die Kavango is baie kleiner solank die banddruk laag genoeg is. Gereelde besoekers beveel 1 bar aan. 

video
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/01/2025 - 09:15

....hoe vorder die bedink, planne maak en sandsleep oefening vir hierdie lekker vakansie van jou??

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 28/01/2025 - 09:49

Sover is die besprekings gemaak. Ek het ook navorsing gedoen oor banddruk en ‘n hele paar YouTube video’s gekyk oor sleep in sand. Ek moet nog sand tracks koop vir gemoedsrus, maar fondse ontbreek tans. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 31/01/2025 - 12:15

Ek hoor sopas op RSG daar was ‘n olie spill in die see naby die gedeelte wat ons wil besoek. Dit het geklink asof dit goed onder beheer is. Ek hoop hulle kan dit so hou. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 07/08/2025 - 18:53

Hierdie is vandag afgelewer. Al die pad van Sjina af. Meer as R200 goedkoper as op Takealot. Dit gaan my eerste sleep oor ‘n afstand in sand wees. Ek sal bande genoeg afblaas, maar die sal darem help as dit lyk of ons wil vasval.

A

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 07/08/2025 - 19:36

....geverfde BF goodridge bande??laugh

Wanneer verwag jy die bladvere?? Dis mos ook voorbereiding, of nie.

Nou moet jy net by die brandweer 'n ou afgeskryfde rooi graaf gaan bedel. Gaan jy dit teen die kappie monteer, of sommer op dakrak sit?? 

Ek bespeur 'n beter gemoedlaugh 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 07/08/2025 - 20:29

geverfde BF goodridge bande??

Ek wou twee pare koop, maar ek is bly ek het nie. Die goed is nogal groot en nie lig nie. Mens kan met hulle grawe ook, maar daar is ‘n graaf in die Kavango.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 08/08/2025 - 06:31

Ek het gisteraand op die video hier onder afgekom. Ek hou van die styl van vertelling, en die videografie. Later in die video wanneer hulle by die Weskus kom, sit hulle in die sand vas en gebruik sulke borde soos wat ek gekoop het om uit te kom. Hy sê dan vier sou beter gewerk het.
 

Daar is nog twee episodes, en in die derde is hulle in Namakwa NP. Die hoofpad daar lyk darem redelik begaanbaaar.

video
0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 09/08/2025 - 18:14

Ek het nog nie al die negosie wat altyd daarin is terug gepak vandat ek dit by Stuart gaan haal het nie. Vandag het ek uiteindelik tyd gekry om dit mooi skoon te maak binne. 
 

Die matte is geborsel en gestofsuig en toe met ‘n blik bekleedsel skoonmaker gespuit en geborsel en gevee en toe weer gestofsuig na dit droog was. Die matrasse is ook gestofsuig en al die gladde oppervlakke skoongevee met ‘n nat lap wat gereeld uitgespoel is. Die gordyne is afgehaal en deur die was gesit. 
 

Die nuwe laaier werk nog soos ‘n bom, en gee goeie inligting dmv die toepassing op my foon. Kyk heel onder aan die skermskote.

A

 B

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 09/08/2025 - 19:01

Wildehont,  dit lyk indrukwekkend, maar die ou Toppie lees dit soos ń Griekse koerant. Watter van die info wys die  X kilowatts gelaai het in die huidige siklus., verbruik en waar die battery staan vanaand toe die son sak.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 09/08/2025 - 19:37

...ek stem saam. Indrukwekkend en ek is seker Chris S verstaan 100% waarna hy kyk. 

Ek is egter heel tevrede met my eenvoudige analoë stelsel. 

Chris S, kan mens 'n oproep ook maak met daai foon??? winklaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/09/2025 - 11:19

So vlieg die tyd, en oor ‘n maand beplan ons om te vertrek. Ek moet nog slaapplek kry vir daardie aand iewers naby Groenrivier. 5-7 Oktober is dit Koringkorrelbaai en 7-9 Oktober Kwass se baai. Daarna 9-12 Oktober Elandsbaai en dan huis toe. Ek begin amper opgewonde raak!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/09/2025 - 16:15

Chris S, ek staan langs 2 manne wat nou uit die Namakwa roete kom. Vra hulle toe of n 4x4 Ranger met my wa dit sal maak. Dit was insiggewende gesprek. Volgens hulle sal jy jou ry moet ken. Al 6 bande goed afblaas en heeltyd momentum hou. Dan is probleem die hoogte van middelmannetjie, as trekstang/ hak sleep in sand gaan mens sukkel. Daai sandspore wat jy gekoop het is n moet.      Blykbaar maak  die pad sulke sandputte, en alles skud en stamp wat nie stewig vasgemaak is nie. Hulle was 2 Rangers en hulle het niks gesleep nie.      Vanoggend vir 1.5 uur mense gehelp wat vassit. Kinetiese strop en sandspore het uitkoms gemaak.      Onthou, ek dra net info as raad oor, ek gebruik dit mos nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/09/2025 - 17:32

manne wat nou uit die Namakwa roete kom

Beteken dit hulle het die Namaqua Eco Trail 4x4 roete gedoen? Ons gaan net van Groenriviermond af tot by Koringkorrelbaai en weer terug. Dis nie vreeslik ver nie. Ek gaan eerder nie van Groenriviermond af kuslangs ry met die Kavango Elandsbaai toe nie. Ek sal teruggaan N7 toe en dan via Strandfontein af Lambertsbaai toe en verder. 
 

Dankie vir die uitvis!

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 04/09/2025 - 20:30

Dog julle eet nie vis.  Spot net Chris S.

Geniet dit man.  My dogter en haar man het dit gedoen.  Die see wrakke was awesome.

 

Mooi aand.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/09/2025 - 21:50

Met die dat dit ons eerste oornag besoek aan die streek is, gaan ons  net ‘n entjie in die park in. Koringkorrelbaai is maar 28km van Groenriviermond (die Suidelike ingang). Kwass se baai is nog nader. Soos genoem gaan ons ook nie kuslangs ry tussen Groenriviermond en Strandfontein nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 05/09/2025 - 06:20

Ek het navraag gedoen vir blyplek 4 Oktober by drie plekke, almal naby Groenriviermond. Ek sal vandag besluit watter een dit gaan wees. Die 5de kan ons dan vroeg by Groenriviermond wees. Ek gaan die wa eers daar los, en die 28km Koringkorrelbaai toe ry om te kyk wat die pad se toestand is. Sommer oppad terug by Kwass se baai ook aandoen. Dan is ek beter voorbereid. As ek niks gesleep het nie sou ek nie bekommerd gewees het nie. Met die Kavango eerder bang Jan as vasval.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 05/09/2025 - 08:43

Dit wil vir my voorkom asof daar ‘n “hoofpad” parallel met die kus is. Volgens wat ek op die www kon kry is dit meestal ‘n tweespoor wat geskik is vir 4x2. Ek onthou toe ons van Strandfontein af na Gert du Toit se Baai was het ons op ‘n goeie pad gery tot daar. Ek aanvaar die myne het dit onderhou.
 

Die afdraaipaaie ondertoe (see toe) is die dik sand. Dit was by Gert du Toit se Baai ook so maar met die Everest het ons nie daar gesukkel nie. Daar was ook ‘n klomp waens daar van mense wat elke Desember daar kampeer. Ek het Groenriviermond se kantoor probeer bel om te hoor of hulle inligting het oor padtoestande, maar dit sê die nommer bestaan nie.

Hier is menings van 10 jaar gelede, en ‘n interessante brokkie heel onder. 
 

A

B

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/09/2025 - 06:54

Dis was die dae van die rooi lussies en die Ossewabrandwag., as ek reg onthou. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 24/09/2025 - 06:53

Van D.baai af loop daar 'n grondpad na Lambertsbaai wat in goeie toestand was toe ons nou daar was. Ry uit D.baai tot by 'n T-aansluiting, draai regs. Dit sluit net voor L.baai by die teerpad[ R364] van Graafwater af , aan. 

Daar is ook 'n grondpad wat langs die Sishen spoorlyn loop, maar mens moet 'n permit hê om dit te gebruik. Die plaaslike manne weet waar om af te draai daarvan af, om die permit-wag te mis.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus