Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.
Die "weg gesteekte" probleem…
Die "weg gesteekte" probleem is dat by gebrek aan behoorlike produksie lyne daar gewoonlik ook 'n gebrek aan konfigurasie bestuur (E. change management) is. Anders gestel omrede vervaardiging slegs teen bestelling (maw ad hoc) in baie gevalle plaasvind is elkeen wat gebou word waarskynlik effe (baie?) verskillend van die vorige ene (al lyk hulle op die oog af dieselfde. Kyk bv na die voertuig bedryf, as Wessel se Grompie een of ander onderdeel kort is die VIN nommer al wat mens nodig het om die trokkie se bou geskiedenis insluitende die sg. BOM (Bill of Materials) te kan trek en sodoende gee die onderdele toonbank mens presies die regte ene wat by Grompie pas. Word dit ook gedoen in die woonwa bedryf met so baie rol spelers? Ek twyfel sterk...
Mobilodge quatro
Toe ek begin Augustus by Kragdag gaan inloer het, was die Quatro op uitstalling gewees. Dit het bietjie gereen.....verbasend hoe die karavaan gelek het. Ek sê toe vir myself....is dit nou vakmanskap van R1,1m?
Genugtig is die mooiste…
Genugtig is die mooiste woord wat ek seker hier kan gebruik
... was die Quatro op uitstalling gewees. Dit het bietjie gereen.....verbasend hoe die karavaan gelek het. Ek sê toe vir myself....is dit nou vakmanskap van R1,1m?
Ons het ook al daaraan…
Ons het ook al daaraan gedink om ons 2011 Splash te "updrade" na iets kleiner en dalk bietjie ligter. Tot ek begin rondkyk het. Daai pryse het my baie vinnig laat besluit om maar eers te hou wat ek het.
Daar is verseker mense met regte geld daar buite en solank die mense dit uithaal sal die vervaardigers seker maar daai pryse vra.
Gebruikte Gecko's
Ek sien nounet daar word twee waens adverteer by die nuwe Gecko fabriek. Beide het reeds koelkas, movers en lugreeling in.
Prys geadverteer is R70 000 minder as 'n nuwe, wat nie bogenoemde komponente in het nie.
Julle moet spring, beter boswa is moeilik te vinde.
Dit help my nie
Prys geadverteer is R70 000 minder as 'n nuwe,
Dis hoeveel ek nou weer skuld na die FF (die tweede woord is Fiesta, raai self wat die eerste is) se enjin en koppelaar herstel. Lg was ook oppad uit. En die hoëdruk pomp op die brandstofinspuiting is ook onklaar - nog R10000. O, en die tie-rod ends moet ook vervang word. Werklik pateties vir ‘n kar wat skaars 95000km geloop het. Laaste twee items moet nog by die R70000 skuld kom.
Amper maar nog nie stamper
F Fiesta. Eerste woord: is dit dalk Ford?
Die eerste twee letters is reg
Hopelik twee jaar
Dalk drie as ons gelukkig is. Dis nou te oordeel aan die toestand van die FF na 95000km. En dit nadat die enjin onder waarborg vervang is weens dieselfde probleem op 30000km. Hopelik kry ons 30000km uit die enjin voor dit weer kalf.
Volgens Gert Vos (wie die suiers en tyd belt vervang het) is die hoof oorsaak koolstof wat opbou in die injectors. In plaas daarvan dat dit brandstof mooi eweredig in die silinder inspuit, spuit dit aan een kant of drup op die suier. Dit kan veroorsaak dat die suierkop brand soos ‘n Xtrail s’n wat hy vir my gewys het. Die ander moontlikheid is dat die betrokke silinder kan pre-ignite. Dit lyk of dit is wat met die FF gebeur het. Die druk het die ring uit sy groef uit forseer en laat breek. Hy sê mens moet maar maandeliks valve cleaner by die petrol gooi en hoop dit hou die inspuiters skoon.
Bymiddels....
Jare gelede met my 1ste Jetta Cli het die Duitser my aangeraai om 'n botteltjie "william Penn" op 'n tenk te gooi. Dit was ook om veral die inspuiters skoon te hou.
Die manne wat meer weet van die goete moet maar raad gee.
Het die Fiesta EGR en…
Het die Fiesta EGR en partikel filter.
Siende dit meestal in en rondom die dorp gebruik word, gaan daar dalk koostof op die suiers en silinderkop vassit. So af en toe op Å„ snelweg vir Å„ uur mag dalk help.
Kyk ook na die olie spec vir die enjin. Van hulle spesifiseer Å„ C 4 wat baie lae koolstof inhoud het. En gooi Sasol diesel in.
Dit is my gevoel, dalk praat ek twak.
Olie ens
Ford spesifiseer ‘n spesifieke olie omdat die simpel nat tyd belt daarin loop. Dis al wat Pierre gebruik.
Dis ‘n petrol, maar al was dit nie - hier is nie ‘n SASOL stasie in die deel van die Boland nie. Ek weet nie waar die naaste een is nie.
Dit het seker ‘n katalisator maar ek weet nie of ‘n petrol ‘n EGR het nie. Sekerlik nie DPF nie.
Dit wil vir my voorkom of die uitlaatgas regulasies bloot nou die koolstof laat opbou in die enjins. Dit moet iewers heen gaan. ‘n Slim mens moet die som maak van wat die skadelikste is vir die omgewing - om die koolstof vry te stel of om meer gereeld nuwe motors te bou wat allerhande metale in het om aan die regulasies te voldoen. Ek weet net wat sleg is vir my sak, my gemoed en my beplanning vir oor ses jaar wanneer ek DV vyf jaar oor het voor aftrede.
Dubbel probleme??
Oulike idee, maar sekerlik net op binnelandse mere op windstil dag.
Daai baie vensters lyk na gawe plekke waar water en reen kan inkom.
Ek sal vasgedruk voel, want mens kan nie eers bietjie uitloop na 'n ablusie, of vleisbraai nie.![]()
Jy is reg wat die vensters…
Jy is reg wat die vensters en inkom van water aanbetref. Lees gerus die storie agter die 1600's Sweedse oorlogskip genaam "Vasa". Windgat kaptein (dalk was hy bekend as Grootwind!) het op die nooiensvaart met oop kanon poorte gevaar wat nie te goed ge-eindig het met die wind wat die skip skielik laat oorhel het nie...Die skip is klompie jare terug herwin en is vandag te siene in die Vasa Museum in Stockholm.
Nie vir die see nie
Ek glo nie die Caraboat is vir seevaart bedoel nie. Dit is egter vir my ‘n sinnelose ontwerp. Ek wou dit maar net deel vir die snaaksigheid.
Chris S....
....ten minste het 'n paar van ons na die Caraboat gekyk, bedink en beskinder.
Ek verstom my aan projekte wat eintlik onprakties is, waarop mense groot geld insteek.





Vervaardigers
Sjoe, dis baie wat woonwaens vervaardig. Dan praat ons nie eers van al die modelle nie.
Dalk dra die herstelwerk afdeling die besighede