Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geniet Ballito Geert - Ballito Rona du Plessis -6 minutes ago
12 dae Geert - Ballito Geert -2 hours ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -2 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago

Dwarswegstrand

Sandbaai
Submitted by maurits on
Forums

Dit lyk vir my of ek altyd op die verkeerde draad my boodskap sit. Al wat ek wou noem is dat ons op die oomblik by Dwarswegatrand kamp. Wat n wonderlike plek om te wees. Alles in plek en baie netjies. Die kamp is vol. Chris Boucher, jou vriend van Grabouw, Alwyn kamp net oorkant my.Groete. Maurits

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 13/02/2024 - 15:59

Ek is bly julle geniet dit ook daar. Die weer is seker nou lieflik. Interssant om te hoor die oord is vol. Oor 36 slapies klok ons weer daar in. Ek moet net iewers geld uitkrap om te betaal daarvoor. 
 

As ek reg onthou gaan julle Buffelsbaai toe van daar af? Vriend van my se ouers is tans daar. Hy vertel Sondag na kerk dit was spring gety, en sy ma het laat weet sy pa het al penne getrek en die sleutel in die bakkie se aansitter gehad so naby was die see aan hulle staanplek. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 13/02/2024 - 21:50

Ek het jou boodskap op die "verkeerde draad" gelees. Lekker kuier! Groete vir Martie, Alwyn en Miranda.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/11/2025 - 10:09

Ek kyk so na die plek se tariewe, en wonder;

1] as mens op die onderskeie staanplekke klik, dan toon dit die tariewe. Tans vertoon dit dieselfde prys vir seefront en geen seefront.

2] Gaan kyk mens op 2026 tariewe tabel, is daar 'n groot verskil in prys tussen  seefront en nie. 

Is 2026 die 1ste jaar dat hulle 'n prysverskil hef, of is hulle blad verkeerd.??

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 25/11/2025 - 10:28

Die seefront staanplekke was nog altyd duurder, en dit sluit die in wat nie direk aan die see front nie. Dus die voorste twee rye, plus 19 en 20 as ek reg onthou. 34 glo ek nie is ingesluit by seefront nie, maar dit het sy eie ablusie. 
 

A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 25/11/2025 - 11:16

Ons het gistermiddag 'n 90 minute bootrit op die Touwrivier (wat by Ebb & Flow verbyvloei) geniet. Die boot vaar eers suid tot by die lagune (waarvan die mond tans toe is) en draai dan om tot bo in die kloof (tot waar die klein voetgangerpont die rivier kruis) te vaar voordat omdraai. Wat 'n rustige belewenis!! Hierdie omgewing is darem maar mooi. Hier's 'n paar foto's:

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Sodra die bootjie onderdeur die brug, wat die suid- en noordkampe van mekaar skei, word daar oorgeskakel na elektriese aandrywing ten einde geraasbesoedeling in die kloof te verhoed.

Ek het gehoop om 'n groter verskeidenheid voëls te sien. Ons het rietduikers, witborsduikers, 'n bloureier, reuse visvanger en enkele kleiner voëlsoorte gesien. Ons gids, ook Chris, het my gister iets nuuts geleer van die reuse visvanger. Beide geslagte het 'n  rooibruin borsgedeelte. Die mannetjie se rooibruin kleur is net onder sy keël. Daarom word daar gesê dat die mannetjie 'n rooibruin "vest" aanhet. Die wyfie se rooibruin kleur is laer, eerder op die maaggedeelte. Daarom word daar gesê dat sy 'n rooibruin "skirt" aanhet. Die een wat ons gesien het was 'n mannetjie met sy frokkie. Volgens Chris is hulle baie territoriaal en verdedig hulle gebied met groot erns. Gevolglik is daar net een broeipaar langs die hele rivier.

Ek het veral gewens om weer bosloeries (Narina Trogon) te sien. Dit is die enigste plek waar ons voorheen bosloeries gesien het toe ons in ons jonger dae met 'n kano in die rivier op gaan roei het. Maar dit was ons nie beskore nie. Maar die rustige vaart op die rivier is uit en uit die R250 per persoon werd.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 25/11/2025 - 12:11

Chris stem saam dat dit 'n baie mooi omgewing is.

Ons gaan met die kanoe na die dagbesoeker area  en roei dan op die rivier. Agterna hou ons sommer piekniek by hulle baie mooi geriewe en spandeer die dag daar.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 25/11/2025 - 12:48

... ek besef nou-eers dat ek my inset oor die bootrit op verkeerde gesprekslyn geplaas het. Die bedoeling was om dit op die November saamgesels gesprekslyn te plaas.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus