Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Baie waarskynlik Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -49 minutes ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -10 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 08/12/2025 - 20:19

Ek is vol vertroue dat ek hierdie Hilux nét so baie gaan geniet soos my vorige vier Hilux'e. Dalk selfs 'n bietjie meer met die feit dat ek ook nou sal kan 4x4.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/12/2025 - 08:13

Het jy al kans gekry om so bietjie met nuwe trokkie, en keppie rond te ry. 

Wat is jou eerste indrukke van 2.4 Hilux?? 

Vra my die resep voordat jy die 1ste keer gaan woonwa sleep. My konsultasie is gratis vir vriendelaugh 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/12/2025 - 10:28

... die 2.4 staan nog vas in sy garage - asof die handrem permanent vas is. Nee wat - ons ry nog maar grootliks met mammie se Honda. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/12/2025 - 13:22

Kyk vriende, as mens nou 'n ding wil doen, moet mens dit ordentlik doen. Wie wil nou sukkel met 'n Hilux 4x4 as mens veel beter kan doen nie.

Mens kan nou jou LC laat opgradeer na 'n 6 wiel, in hetsy 6x4 of 6x6 konfigurasie. Om dit te doen moet mens net die volgende nog/ook spandeer,

6x4-----R390 000

6x6-----R895 000 

Seker 'n "over kill" om my Kavango wildtuin toe te sleep.sad

LC 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/12/2025 - 11:23

Met die evaluering het hulle klem geplaas op woonwa sleep, en NIE op elke dag se gebruik vir sleepwerk nie. 

Die punt is toegeken uit 10. 

Ranger V6------------8.5

Ford Everest---------8.3

MazdaBT50---------8.2

Land Cruiser 300----8

LC 70 reeks-----------8

RAM 1500-----------8

Hilux SR5------------7.7

Isuzu D Max---------7.5

Nissan Patrol--------7

Nou wonder ek hoe sal die lys in Suid Afrika daar uitsien, gebaseer op woonwaslepers se voorkeure vir 'n sleepvoertuig. Sekerlik gaan die dubbelkajuite b0-aan die lys wees, of word meer SUV gebruik??     

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 29/12/2025 - 14:53

... nie werklike sinvolle kommentaar lewer op bogenoemde nie. Ek het al met verskeie bakkies (en Hilux'e) gesleep - en almal het aan my sleepvereistes voldoen.

My eerste dubbelkajuit was 'n Ford Courier 3 000 V6, gevolg deur 'n Ford Courier 2.5 TD. Toe 'n Mitsubishi Colt 2.8 gevolg deur 'n Mazda 2.5 TD. Toe kom die Hilux'e aan die beurt. Eerste een was 'n 3.0 D4D, gevolg deur 'n 3.0 D4D 4 x 4 (my eerste auto). Daarna terug na 2 x 4 waarna my eerste 'n 2.8 (4-spoed auto) was gevolg deur dieselfde met 'n 6-spoed auto-kas. En al die genoemde voertuie het voldoen aan my vereistes vir sleep.

Die 'deur-die-gat-getrekte' 2.4 auto (4 x 4) sal nog sy staal moet wys. Maar ek is oortuig dat dit ook al die boksies sal tiek.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/12/2025 - 15:09

Ek het veel minder sleepvoertuie besit;

Astra 1.8l handrat

Isuzu 260Lx petrol handrat

Ford Territory v6 4l outomaties

Hilux 2.7 petrol  handrat

Hilux 2.4  turbo diesel outomaties

Net die Astra was nie werklik 'n sleepvoertuig nie. Die min wringkrag en voorwielaandrywing het dit ongeskik gemaak. 

In hedendaagse terme is die Isusu seker nie 'n presteerder nie, maar vir my was dit 'n gewillige trokkie, selfs met 'n Palma. Wringkrag is maar min in vergeleke met deesdae se trokkies, maar ons het oor die weg gekom.

Hilux 2.7 was 'n stadige betroubare sleper, weereens met relatief min woema, en effe dors. Nie 'n suiplap soos die Territory nie 

Territory was in 'n klas van sy eie, maar o genade daai petrolverbruik was rof. 

Deesdae, heel tevrede met 2.4 Hilux en sy 400Nm by lae omwentelinge. Sleep soos 'n droom en brandstofverbruik is beste van almal wat ek gehad het.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 29/12/2025 - 15:38

... met 'n Cressida 2.4 GLE. Ek reken dat jy't min 4-silinder sedans gekry wat sommer beter as daardie voertuig kon sleep. Ek kry sommer sulke nostalgiese herinneringe as ek nog by geleentheid 'n Cressida sien. Ek het 284 000 probleemvrye kilometers daarmee afgelê. Dit was my 4de Cressida. Die enigste rede waarom ek toe verander het na 'n Ford 3.0 V6 was omdat Toyota se dubbelkajuite op daardie stadium slegs in 4 x 4 beskikbaar was. Maar dit was ook 'n goeie verandering, want Ford het my uitstekende diens gegee - van so 'n aard dat ek besluit het dat my volgende voertuig weer 'n Ford (die 2.5 TD) sal wees. Maar nou's ek 'bekeer' tot Hilux.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/12/2025 - 16:00

Ek vermoed dat min mense nog met sedans sleep. Ek dink soos die Cressida's en latere Camry's uit die mark verdwyn het, het die gebruik van sedans ook vervaag.  

Ek het toentertyd amper 'n gebruikte 2.8 Cressida gekoop, om van die Astra weg te kom, maar toe egter die Isuzu gekoop. Die Cressida se kattebak was maar vlak vir 'n gesin van 5.

Ek het baie lanklaas 'n sedan voor 'n woonwa gesien. Langs my afgelope Meimaand in Satara,  het die bejaarde egpaar hulle stokou Jurgens met 'n Subaru Outback gesleep. 

Toevallig het iemand die naweek op die Kavango forum navraag gedoen oor wie nog met 'n Subaru Forester sleep. Hy kla toe oor die stert wat te laag grond toe sak. Ek wys hom toe daarop dat alhoewel die Forester 'n AWD is, die lisensiegewig te klein is, voor 'n Kavango. Sy antwoord was, hy bly in Australië.   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/12/2025 - 16:04

Ek het vir Wessel se onthalwe deur die kamp gestap en ‘n opname gemaak itv dubbelkajuite vs SNV’s wat vir sleep hierheen gebruik is. Daar is bietje meer as dubbeld soveel van eg as van lg. 
 

Rygerief is duidelik nie hoog op die meeste kampeerders hier se prioriteit nie, want hier is meer Hilux’e as Rangers devil

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/12/2025 - 16:17

....dankie vir die bestekopname. Met ander woorde, geen sedan nie.

Jou tweede waarneming is net so insiggewend, dis nou oor watter DK meestal gebruik word. Die manier hoe jy die feit oordra kan vriendskappe bederf laughlaugh Ek dink dit toon net dat Hilux gebruikers ander eienskappe bo rygerief plaas, dalk betroubare tydkettingwink.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 29/12/2025 - 16:18

Rygerief is duidelik nie hoog op die meeste kampeerders hier se prioriteit nie, want hier is meer Hilux’e as Rangers

... snou ek jou iets leliks toe.

Op daardie onderwerp - die nuwe 2.4 ry beslis sagter as die 2.8 wat ek gehad het. My seun het voor verlede week sy 2.8 GR laat diens by Hermanus Toyota. Hy kry toe my ou Hilux as "courtesy" voertuig en het dadelik aan my genoem dat dit heelwat harder ry as sy GR. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/12/2025 - 18:07

...is heelwat opgegradeer van die standaard 2.8 Hilux s'n. Dit is soos ek die brosjures verstaan. Dit mag dus effe sagter op die lyf wees. 

My 2.4 Hilux mag dalk effe hard ry, maar dit was redelik sag op my beursie. laughEk ry my bande 2.5bar voor en agter, selfs sonder sleep, en ek is seker maar gewoond aan die bietjie hard ry deur NW en Brits se slegte paaie.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 29/12/2025 - 21:00

... volgens die aanbevelings van Toyota, nl 2.0 Bar reg rondom en 2.5 agter met 'n vrag (ook tydens sleep). My wa se bande word ook 2.5 gepomp.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/12/2025 - 22:52

My enigste Hilux het nog voor ook bladvere gehad. My Ranger ry soos ‘n bakkie, want dit is een. Kennisse meen die Hilux ry nog meer soos ‘n bakkie. Maar dis net hoorsê. Hier is wat die www sê.  
 

Die stelling dat die Hilux ‘n meer agricultural ride bied som dit waarskynlik goed op. Toyota se fokus is meer op werksbakkies en Ford meer op familievoertuie. Dalk verander die 2026 Hilux dit. Afgesien van die luukser binneruim het dit blykbaar beter vering. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/12/2025 - 08:18

Ek lees eergister van die kombinasie met 8 insittendes wat die pad verlaat en gerol het. tot hede reeds 2 persone oorlede.

Een kommentator verwys toe na die historiese feit[?] dat Fortuners berug was vir swak gedrag [rol] met veral 'n woonwa op sleep. 

Ek kan kwalik glo dat daardie moontlike ontwerpfout steeds in die nuwe Fortuners is. Ek het baie lanklaas gehoor/verneem van sulke insidente. Dit was juis glo te wyte aan 'n agter suspensie wat meerendeels op sagte ry gemik was.

Soos iemand gister opmerk, sport nuts voertuie en dan veral dubbelkajuite is NIE vir spoedvrate ontwerp nie. As jy hou van spoed, koop dan 'n warm sedan. 

Laat my dink aan die storie: die oom en tante van die plaas, sit daar op die strand. Die omie se oge dwaal so oor die poppies, en die tante merk dit.

Seg die omie----die dun houties sal seker 'n vuur kan aansteek.

Die tante antwoord----ja my man, maar dis die dikker stompies wat die kos gaar kry!!!

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/12/2025 - 08:46

Volgens ingeligte [?] bronne op die internet, was die Fortuner se geskiedenis as volg;

2006 eerste keer plaaslik vervaardig

2009 Toyota word bewus van die "rol" probleem, veral op grondpaaie. Word gedreig met 'n kollektiewe hofgeding deur aantal eienaars.

Die agterste suspensie word effe aangepas, stabiliteitsbeheer word installeer en die bande word vergroot. 

Dit het blykbaar die rolprobleem opgeklaar.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus