Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -5 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -5 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/02/2026 - 06:20

....van Antarktika tot Atlantis bly dit 'n werk-en speelesel. Daai 6 bande gee nuwe betekenis aan breed en "boyancy"!! Korrekte afrikaans is seker dryfbaarheid.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/02/2026 - 10:38

...kon ook wees ploegperd of pronkperd laugh

Afrikaans is darem kragtig

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/02/2026 - 19:03

Geen probleem, wat sal ek nou tog met nog meer krag wou maak. 

O gaats, daai Dakar Hiluxe het lekker groot 3.5l V6 masjiene ingehad. Kan seker lekker wees, al is hulle "afgewater" Volgens berig onder oge is die 3.5l masjien dubbel-turbo aangejaag. Lewering in omgewing van 260kWatt en 600Nm.

Plaaslik beskikbaar in die LC300  

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 08/02/2026 - 21:06

My enigste Hilux was die 2.2 petrol. Donkie sou ‘n kompliment gewees het daarvoor. Kyk na die syfers:

  • Power Output: Approx. 70 kW (94-95 hp) @ 4,400–4,800 rpm
  • Torque: 175–182 Nm (129–134 lb-ft) @ 2,800–3,000 rpm

(On)gelukkig het ek sedertdien gewoond geraak aan veel beter werkverrigting en is ek nou bederf. Dit gaan maar swaar gaan om af te skaal van hier af. Ek kyk bv na die Foton Tunland V7. Nie ‘n lelike voertuig nie, maar “net” 120 kW vir daardie reuse lyf. Darem 450 Nm maar dit gaan nie help as jy wil verbygaan nie. Hopelik hou my Ranger se 3.2 en Prado se 4.0 nog ‘n paar somers. Ek ry darem lekker met hulle…

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/02/2026 - 06:37

...in my geval. Sonder om in my vervelende retoriek van ratverhoudings te verval, lys ek hieronder my sleepvoertuie se wringkrag in elkeen se rat met 1:1 verhouding. Vir die Territory was dit sy 3de rat, die bakkies in 4de.

 .                   enjin Nm     Uitset Nm

Isuzu 260          205         979 petrol

Territory            380        1558 petrol

Hilux 2.7            240         1092 petrol

Hilux 2.4            400        1640  turbo diesel

Op my ouderdom moet Grompie net hou, en in my besit bly, want ek raak soms bekommerd vit my aversie in nuwe tegnologie en geite in voertuie. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/02/2026 - 08:55

Sit sommer en lees artikel oor Chinese bakkies op plaaslike mark. Wat my oog vang is die effek van elektriese motor ondersteuning met hibriede voertuie.

Byvoorbeeld, die veelbesproke BYD shark6 met sy elektriese motor, en dan natuurlik die batterypak, se gewig is 2710kg. Dit het 'n erge negatiewe effek op;

1]krag per ton wat aan die beweeg gehou moet word. Grompie se BVM is maar net 1850kg.

2] boonop gaan mens elke jaar 'n vet premie betaal op so 'n lisensiegewig.

Hierdie 2 faktore geld natuurlik in mindere/meerdere mate vir elke hibriede voertuig wat mens kan koop. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/02/2026 - 15:28

....gaan op die oomblik slegs met die betroubare bewese 2.7 petrolenjin in die mark gesit word, darem nie  "in die mark gestoot word".

Blykbaar is dit om die prys laer te maak, as wat 'n duur diesel enjin of hibriede stelsel sal kos. Ek wonder waarom die gewone 2.4 of 2.8 turbodiesel nie oorweeg word nie. Ek wonder of die 2.7 petrol goed sal verkoop. Gelukkig is ek nie 'n FJ aanhanger nie.

Ek besef eensklaps dat die opsies vir 'n bakkie maar uiters klein is, as mens nie 'n Chinese en/of onbewese Europese produk wil koop nie. Mens se keuse is omtrent net Hilux, Ranger, Isuzu, Mahindra en Triton. Dan is die 3l Isuzu nog baie duur ook, en die 1.9 ene maar flou.           

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/02/2026 - 18:00

Chris B, so sonder julle Honda het jy seker effe meer tyd in jou nuwe trokkie deurgebring. Hoe vind jy die 2.4 in vergelyking met die 2.8 Raider wat jy gehad het. Wat mis jy veral?? 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 13/02/2026 - 22:49

Daar is nie werklik iets wat ek mis met die 2.4 versus die 2.8 nie. Ek is mos maar 'n ligvoetse bestuurder en daarom kom ek seker nie juis die verskil in krag agter nie - dalk eers as ek sleep. Maar ek twyfel, want my sleepspoed laat sommige ouens dink ek soek parkeerplek.

Mammie mis egter iets. Die sonskerm aan die passasierskant het nie 'n "smuk"-spieëltjie nie. Ek het nou 'n ander sonskerm van die fabriek af bestel. Dit kos net R830 angry Dit word eerskomende Dinsdag vervang.

Andersins is ek baie gelukkig met die eerste 800km wat ek afgelê het. Ek het nog nooit 'n voertuig met so min kilometers op die klok na 2 maande gehad nie. Maar dit was darem vir 'n maand buite aksie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/02/2026 - 06:40

Ralie is heeltemal reg, Marie is ook lekker bemoerak oor daai ontbrekende spieëltjie. Ek het al gedreig om 'm gewone enetjie met gom daar te plak. smiley  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 14/02/2026 - 17:26

So bly my plaasmeisie sukkel nie met gesiggie verf nie. Soos sy gebore is. Niks se geskrik in die oggend nie .devil  Maar ek verstaan dat dit nodig is vir die wat so bietjie wil optats vir netnou se pitstop . 

Skuus ek besoedel die draad, net effe komies gevind. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/02/2026 - 17:33

...bliksem, as jy eers gewoond is aan iets, selfs 'n spieëltjie, en dit ontbreek skielik, pla dit jou.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 15/02/2026 - 13:27

Ek het nou 'n ander sonskerm van die fabriek af bestel. Dit kos net R830

Kom nou Wessel, ses bottels minder van daardie duur rooiwyn… 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 15/02/2026 - 13:31

Ek kan nie onthou dat ek al ooit ‘n motor/bakkie gehad het wat nie ‘n spieeltjie in die passasier se sonskerm gehad het nie. Selfs my eerste een, ‘n Datsun 1200 GX.

Gepraat van, ek sien Nissan voorspel ‘n helse verlies en vermindering van werksgeleenthede deur die toemaak van aanlegte. Nie net hier nie, wêreldwyd. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/02/2026 - 19:44

Nee wat Chris S, ek vervang sommer die hele trokkie met ene wat so 'n spieeltjie het. Beterhelfte moet dan stilbly, sy het mos gekla oor die gebrek, en uit liefde het ek die probleem aangespreek.laughwink 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/02/2026 - 07:40

Dankie Chris S, ek het na video geluister, baie insiggewend.

Opsommend dus, wat tel teen plaaslike pryse;

elektrisiteit, koste en gebrek

Regverdige arbeid koste, sonder unies omtrent niks in veral China

Ekonomie van skaal

BELASTINGS

Onwilligheid van regering om plaaslike produksie te beskerm

Dit is my interpretasie van die aanbieding

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus