Môre vriende
Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.
Klompie jare terug 'n…
Klompie jare terug 'n aanbieding deur die destydse hoofbestuurder van Mercedes SA by Tukkies bygewoon. Hy was blatant eerlik deur te sê dat dit hulle 100 Euro meer kos om 'n C-klas in SA te vervaardig en in Duitsland te verkoop, eerstens moet meeste van die hoë waarde onderdele uit die buiteland uit ingevoer word, dan word die voertuig aanmekaar gesit en verskeep na Duitsland toe. 100 Eure klink nie baie nie maar as totale produksie syfers in ag geneem word tel dit vinnig op na 'n aardige bedrag. Hy het gereken dat dit min sin maak om Mercedes voertuie hier te vervaardig. En met die Sjinese wat voertuie in ons mark stort (E: "dumping") moet dit net erger gaan. Sien VW maak ook geluide dat die jaar maak of breek vir hulle is.
Toyota moontlik ook!!!!
Ek het laasjaar gelees dat die rolspelers wat plaaslik vervaardig 'n gesamentlike skrywe aan die president gerig het, met duidelike versoeke en riglyne wat dit moontlik sal maak om hulle aanlegte mededingend aan die gang te hou.
Ek wonder of daar nou eers weer 'n kommisie aangestel moet word, om dit te ondersoek.
Elektriese bakkie wat 1000km ver kan ry
Dalk het julle al voorheen gehoor van die Changan Hunter REEV. Ek het nie, maar ek kan nou sien waar Toyota inspirasie gekry het vir die 2026 Hilux se voorkant.
Wat dit anders as die Hilux maak is dat dit die eerste Range-extended Electric Vehicle (REEV) in dubbelkajuit vorm is. Dit het ‘n petrolenjin wat slegs as kragopwekker dien om die battery te laai. Gaan lees gerus die resensie en kyk die video daarin as julle tyd het (ek weet julle het).
Bepaal veilgheids gradering jou keuse?
Pas op die hakke van 'n swak 2-ster gradering vir die Toyota Cross volg die Cherry Tiggo 7 ook met slegs 2 sterre (dis NCAP wat oordie algemeen as die wereld standaard gesien word). Bepaal so iets julle koop, of nie-koop besluit? In praktyk beteken dit seker dat mens 'n botsing in so 'n voertuig nie goed sal deurstaan nie?
NCAP gradering
Dit is kommerwekkend dat selfs 'n Toyota produk so 'n swak gradering gekry het.
Ek het eintlik nog nooit sulke info bekom/aangevra voordat ek iets gekoop het nie.
Ek vermoed dat die prys eksponensieël opgaan, soos die NCAP stêrre toeneem. Maak Volvo 'n dubbelkajuit bakkie??
Riddara Chinees-Volvo
Baie netjies, net jammer dis 'n vol elektries of hibried. As dit nou 'n eenvoudige turbo-diesel was, kon ek dit dalk oorweeg het.
Met sulke ondertrouery, wonder ek wie se gehalteversekering word toegepas.
Koop eerder die RREV
Ek het hier bo vertel van die Changan Hunter REEV. Kan lekker ver ry.
Vir wat hou julle so aan oor…
Vir wat hou julle so aan oor die " bakkie" voorkeur. Kan nie sien so Grand ryding se bak vol beesmis gelaai word vir die grasperk nie. Laat die beesmis met die tuindienste se Hilux diesel aflaai.
Kry ñ suv, dan is dit nie nodig om ekstra geld op ñ canopy uit te spandeer nie, en.. jy is gewaarborg dit is stofdig. En...meeste het wegvou sitplekke agter sou die kinders en kleinkinders kom kuier. Spaar op motorhuur ook nog. En..jy kan jou wa ook sleep met dit.
Skuus Wessel, was sommer net draaksteek.
SNV redenasie....
....hou nie water vir die oupa nie. Ongelukkig is kinders en afstammelinge doer oorkant die water. Vir die min kere wat hulle dalk sal kom kuier, is 'n SNV nie die geld werd nie.
Ek sal maar die skuins klap na my laphoedjie oorsien, en ek het ok nie trekker plakkers op ou Grompie nie. ![]()
Herman...en my hoedjie
Ek en neef Herman het vanmiddag 'n lekker telefoongesels gehad om enige misverstande uit die weg te ruim. Hy was onnodig bekommerd dat ek my gewip het oor sy draaksteek met my laphoedjie.
Hy het sommer terselftertyd gou vir my die braaitegniek vir "Prime rib" meegedeel. Ek en die beterhelfte het geheel lekker gesmul aan die vleis, so van die kole af. Deels seker omdat dit afgespoel is met 'n lekker Overgaauw-Merlot.
As 'n Prado net nie dieselfde kos as 2 Hiluxe nie, sou ek dalk 'n SNV oorweeg het.
Ek moet nou egter eers my "gout" en Cholesterol pille gaan sluk. ![]()
![]()
Neef Herman, ja...
Ek het jou inset hierbo nogal met 'n glimlag geniet - bakkie vs SUV. Ongeveer 20 jaar gelede was daar 'n praatjie op RSG (Amóre Bekker die aanbieder). Dit het gegaan oor "bakkie-manne" - so gebore en basta met die res. Daan is een van hulle. Met voertuie wat ek vir myself kies het hy nie 'n probleem nie (solank dit nooit weer 'n Land Rover is nie), maar die dag wanneer daar nie meer 'n bakkie in sy motorhuis staan nie kan ek hom maar by die ouetehuis gaan aflaai. Ek het hom in die 70's ontmoet en sy eerste ryding was so 'n piep klein Mazda bakkie.
Ek dink nie mens sal vir Wessel & Kie tot ander insigte kan bring nie.
"Horses for courses"
Rona, die engelse spreekwoord is wat geld in my geval. Uit die oogpunt van kampeer, veral met 'n klein boswa, is 'n trokkie baie meer geskik as die mooiste sedan of SNV.
Ek het vir 'n rukkie met 'n Ford Territory gekampeer, en maar weer teruggeval na 'n trokkie.
As ek weet wat om uit die styfgepropte trokkie met kappie, te los, kan ek dalk regkom met 'n nuwe Pajero sport.
Tenminste is dit nie op die rampokkers se steellys nie.
SNV vs dubbelkajuit
Ek het een van elk. Vir daaglikse gebruik wen SNV vir seker. Ry sagter en is meer gerieflik. Vir toer en nut gebruik wen DK met kappie loshande. Dit het baie meer pakplek en nat seile of goed vol sand kan maar net so agter in gelaai word. Tuinvullis ook. En omies met laphoedjies kan die kappie lekker vol stop as hulle gaan toer.
Bakkie vs SNV
Na aanleiding van die voorstel om SNV te oorweeg as alternatief, het ek so bietjie na pryse gaan kyk.
goedkoopste Pajero sport, 4x2 outomaties-----------kR790
Triton DK 4x2 outomaties-----------------------------kR680
Fortuner 2.4l 4x2 out ----------------------------------kR686
Hilux DK 2.4l 4x2 out----------------------------------kR640
Everest 2l 4x2 out---------------------------------------kR953
Ranger DK 2l 4x2 out-----------------------------------kR646
Onthou, ek het gesoek vanuit my kriteria, goedkoopste outomatiese 4x2 voertuig. Bostaande is dan omtrent die intreevlak modelle. Dit is waarom ek nie die Toyota LC-reeks voertuie ingesluit het nie.
Afgesien van die handige laaibak, speel prys 'n groot rol met aankoop.
Ekstras
Oom Wessel. Jy moet die R50k canopy, rubberising, stofdigting, waterdigting en kragprop mos byreken. Dan vergelyk jy steeds nie reg nie. Die Fortuners wat ek gesien het, se afwerking was nie soos die bakkie modelle nie. Beslis in ñ ander klas.
Rona is reg, as jy ñ bakkie man is, sal jy een bly.
Die ekstras....
wat by Grompie se prys gevoeg was, is net die kappie, en rubberising. Ek kom klaar sonder die ander handige fency bybehore.
Waarom is ek 'n bakkie-man, seker maar hoofsaaklik die aanvanklike koste, en die vuil laaibak. Sal darem langbome toe gekarwei word in 'n swart SNV.





In die kol
Ek stem saam. Nog iets wat insiggewend was, is dat hy reken selfs plaaslik vervaardigde voertuie het slegs sowat 40% werklik plaaslike inhoud. En daardie Sjinese aanleg is darem maar indrukwekkend!
Die vooruitsig vir SA vervaardigers lyk nie goed nie, en die kortsigtige regering het ‘n groot aandeel daarin. Die illusie dat ‘n regering werk kan skep doen ons ekonomie geen guns nie. Die regering moet net ‘n omgewing skep wat ekonomiese groei fasiliteer en stimuleer, en daarin faal ons regering jammerlik. Inteendeel kry hulle die teenoorgestelde reg.