Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto van ablusieblok Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -54 minutes ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -58 minutes ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Canyon... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Augrabies - 20 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -15 hours ago

Kagga kamma oord

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek kyk gister die episode van SAFARI toere waar hulle deur die Tankwa na die Sederberge toer.  

Sjoe daai Sederberge en omgewing is darem pragtig om te verken. Hulle het oorgebly by die oord. net so 105km vanaf Ceres af. Daar is 3 kampplekke, weliswaar sonder krag, maar baie netjies, tot swembad ook.

Volgens hulle webblad kan mens 4x2 by een van die kampplekke kom. Vir die ander twee het mens blykbaar 'n 4x4 nodig.

Ongelukkig Chris B, sal jy maar moet gaan tent daar.laugh

Wie het al daar gaan kampeer??

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/01/2026 - 18:48

... is netjies en luuks - maar o hene, hulle is "pricy". Ek praat nou van hulle gewone akkommodasie. Ek maak sommer die aanname (dalk verkeerdelik) dat kampering ook maar duur sal wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/01/2026 - 19:36

Kampeerpryse lyk redelik, maar daar is verskuilde ekstra kostes by, soos R350 omgewingbewaringsfooi. Ek aanvaar dis per besoek, en kon nie agterkom of dit per persoon per besoek is nie.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus