Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kamieskroon Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -23 minutes ago
Dankie Rona Aartappelsop (Vichyssoise) Geert -50 minutes ago
3 Doodgeskiet? Oktober 2026 saam gesels Geert -52 minutes ago
Paraat!!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Selfverdediging Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Ek sal graag wil sien hoe… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -3 hours ago

Die Bouchers en Dwarswegstrand

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Die bymekaarsit vir môre se inpak is in volle swang. Inderwaarheid moet nog slegs ons klere gepak word. Die res van die items staan in die leë garage waar die Hilux normaalweg staan - dié is mos by die paneelkloppers. Die koue goed word môre-oggend eers in die Coleman gepak. By gebrek aan 'n kampvrieskas word slegs die eerste 3 aande se vleis saamgeneem - Van Rensburg Foods in George kan dus 'n besoek of twee verwag.

Ons mik om 09:00 hier wegkom, maar as dit selfs later is sal dit nie die kind uit die kot laat val nie. Die reis sal tipiese Boucher-styl geskied - 'n rustige 100 kpu met baie stoppe. Die ouman se regterboud laat hom beswaarlik toe om langer as 1 uur skofte te ry. Omtrent al wat 'n Wimpy langs die roete is, sal dus besoek word vir 'n koffie-stop.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/01/2026 - 17:06

...'n ernstige waarskuwing, hierdie pajama detail kan jou dalk erger terg op die hals haal, as jou sandduin ryery.

Oor die vertolking/lees van Rona se laaste sin, sal ek my weerhou om iets kwyt te raak. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/01/2026 - 17:30

... my Adamsgewaad-slaapklere is jare al iets van die verlede. Ek moet sê dat ek gedink het dit kan dalk weer gebeur as die kinders eers uit die huis is. Maar aag wat - die mormone (of is dit hormone) het nie weer dieselfde "level" bereik as die eerste paar jaar van getroude lewe nie. En nou is heeltemal in hulle moer in weg. Ouderdom!! Watter k@k ding!! Haai nee - ek besef my seëninge om reeds bykans 72 te wees. My liewe pa het nie eens 60 gehaal nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/01/2026 - 22:20

Ek beplan om Vrydag weer George toe te ry - na Van Rensburg Foods toe. Ek móét weer van hulle "dry aged rump steak" gaan koop om saam te neem huistoe. Ek het al uitstekende "steaks" in die verlede gebraai. Maar niks kom by die "rump steak" wat ek vanaand gebraai het nie.

As jy ooit in George kom - doen moeite om by Van Rensburgs te gaan inloer. Uit en uit die moeite werd. Maar Joey's maak lekkerder boerewors as hulle. Ek kon nog nie hulle droëwors probeer nie (hopelik Vrydag), maar die twee ander wat ek in hierdie omgewing gekoop het kan ook maar gaan leer by Joey's se droëwors.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/01/2026 - 06:13

Verduidelik asb die term "dry aged steak" Dit klink of dit vergelyk kan word met biltonglaugh

Hierbo is 'n groot vleisverskaffer wat aan baie restaurante vleis verskaf. Hulle het ook hulle eie slaghuis genaamd Impala, waar ons soms 21 dae verouderde rump koop, teen 'n volwasse prys..  

Ek koop meestal steak by 'n ander slaghuis en omdat dit vakuumverpak is, laat lê ek dit nog so 7 dae in koelkas voordat ek dit braai. So paar uur voor dit op die kole kom, laat lê ek dit effens benat [bedrup] met verkieslik vars suurlemoenap. Sodoende is dit dan vergelykbaar met die Impala se 21 dae steak, maar goedkoper.

Hoe vorder die duikklopper met Hilux?   

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 22/01/2026 - 07:22

... ek het geen benul wat die verskil tussen dry aged of wet aged vleis is nie. Jy sien beide op Van Rensburgs se yskasrakke. Ek het verneem (hoe waar dit is??) dat dry aged die beter een is. Die pork rashers wat ek vroeër die week gebraai het was ook dry aged en murgsag. Dieselfde met Tomahawk vark waarvan Neef my vertel het en wat ek in November by hulle gekoop het. Dalk weet Neef meer van dié prosesse. Ek gaan dit intussen Google.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/01/2026 - 07:29

Chris, goeie artikel gekry op internet;

allanbrothers.com dry aged versus wet aged steak.

Wat ek dus hierbo koop is dan "wet aged"  

0
Worcester

Wildehont

Thu, 22/01/2026 - 07:48

waar ons soms 21 dae verouderde rump koop, teen 'n volwasse prys..

Lekker geglimlag vir die “volwasse prys”. 

Ek wil ook weet wat is die verskil tussen droeë ou vleis en nat ou vleis. Lg is wat ek by Van Rensburg gekoop het. Ons het die afgelope naweek ‘n stukkie (dis al wat ek kon bekostig) nat ou sirloin van hulle gebraai en ek moet sê dit was heerlik. Wat ook gaaf is van hulle is dat jy drie diktes snitte kry - dun, medium en dik. Ek het lg gekoop. Dun vleis raak te gaar en is dan droog en taai. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 22/01/2026 - 08:35

Ek kom agter dat al my lam/skaapvleis dry aged is, want die my slagter laat die karkas aan die haak verouder vir 10 - 14 dae voordat hy dit vir my opsaag. Wet aged is wanneer die vleis na opsaag of opsny vakuumverpak word om op daardie manier te verouder.

Dus koop ek my steak meestal wet aged, want ek koop graag Spar, Checkers of Food Lover's se verouderde vakuumverpakte steak.

Nietemin - die dry aged rump steak van gisteraand was bleddie lekker - sag en smaaklik. Daar sal beslis daarvan moet saamgeneem word huistoe.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 22/01/2026 - 09:00

Nog 'n lieflike oggend hier by Dwarswegstrand. Die son skyn heerlik en skaars 'n luggie wat roer. Daar ver op die horison lê 'n taamlik dik wolkbank - ek vertrou dit kom nie nader nie. Maar as dit een of ander tyd sou kom reën gaan ek nie kla nie, want dié wêreld het reën baie nodig. En buitendien - ek kuier mos in vaste akkomodasie en daarom sal reën my nie pla nie. Maar as vakansieganger by 'n strandoord wil ons mos graag verkieslik salige windstil sonskyndae hê.

Ek en die antie wag net vir die gety om nog 'n bietjie verder te sak alvorens ons die strand gaan aandurf met ons daaglikse stappie.

Vanaand word die ghawwermint bietjie bederf met een van haar gunstelinge. Jy kan haar in 'n wip vang met 'n pizza. Dus beplan ons 'n laatmiddag/vroegaand pizza by Panarotti's by Hartenbos se strandfront.

Ons niksdoen-dae raak nou vinnig op. Nog net 4 slapies voordat ons huiswaarts verkeer. Ek sou nog sommer baie langer hier bly, maar die bankbestuurder laat my verstaan dit is nie so 'n goeie idee nie.

En buitendien sien ek daarna uit om my Dakar-voertuig Maandag in ontvangs te gaan neem. In antwoord op jou vraag Wessel - daar het ook een of ander dingetjie by die een hooflig afgebreek wat vervang moet word. Dit moes addisioneel bestel word, maar ek is die versekering gegee dat die Hilux eerskomde Maandag gereed sal wees.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 23/01/2026 - 10:22

Na 'n taamlik onplesierige westewind na die middag gister, kyk ons vanoggend uit oor 'n see wat sommer lekker omge-ellie is. Ek weet nie of ons daaglikse strandstappie gaan realiseer nie, want die water spoel nog sommer ver uit ten spyte van die gety wat redelik ver gedaal het.

Ek was nogal bly oor die besluit om gisteraand eerder te pizza, want die wind was maar koel op die stoep. Dit sou nie heeltemal lekker gewees het om te braai nie. Ek vertrou die weer is beter vanaand, want ek het reeds die lamstjops en Van Rensburgs se sosatiewors uit die vrieskas gehaal.

So van Van Rensburgs gepraat - ons wil 'n bietjie later vandag George toe ry om te kyk of ek 'n paar van hulle lekker steaks kan koop vir saamneem huistoe. As ek meer vriesruimte gehad het sou ek graag van hulle uitstekende varkprodukte ook wou koop. Maar helaas - dit sal ongelukkig nie kan gebeur nie. As ek maar net die Hilux hier gehad het, sou ek my kampvrieskas ook saamgebring het. Maar nou ry ek tans met 'n Honda Amaze wat nie daardie ruimte bied nie.

Die jongste nuus oor die Hilux is dat toe hulle alles klaar gemonteer het, sien hulle dat die een misliggie in die bumper (wat ongeskonde gelyk het) gekraak is. Hulle het gehoop om 'n nuwe lig gister, of op die laatste vandag, te ontvang. Die beplande dag van aflewering is steeds eerskomende Maandag.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 23/01/2026 - 13:15

Dis vreemd dat julle nou sulke koel en soms trietsige weer kry. Twee weke gelede het ons nog gesweet daar en ek kan net twee keer onthou wat ek my langmou baadjie aangehad het (en een daarvan was in George). Ek het nie een keer by Dwarswegstrand ‘n langbroek aangehad nie. Gewoonlik is die weer in Januarie beter as in Desember volgens die mense wat daar woon waarmee ek gepraat het. Ek hoop julle kan lekker braai vanaand en môre weer gaan wandel. Wat Van Rensburg betref, koop vakuumverpakte vleis by hulle en vervoer dit in ‘n koelboks. Selfs teen 90 kph behoort julle nie langer as vyf ure te ry nie devil

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 23/01/2026 - 14:48

Ek moet darem sê dat ons nog net een winderige gehad het (eers na die middag gister) en verlede week een reënerige dag. Andersins is ons baie gelukkig met matige dae - eintlik baie lekker. Ons kon darem wel ons strandstappie laatoggend inpas.

Die 2 oues van dae het nou-eers (14:30) klaar gestort en sal so binne die volgende minute George toe vertrek vir daai lekker steaks wat moet saamgaan huistoe.

Wildehont - ek kry jou tips t.o.v. vleisaankope en -vervoer. Daardie laaste sinnetjie van jou inset dwing my om jou amper iets blatants toe te snou. Maar kom ek volstaan maar met 'n meer beskaafde "U hol!!"wink

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 23/01/2026 - 17:49

Ek het so pas nadat ons teruggekeer het van George af 'n WhatsApp van die paneelkloppers gekry dat die Hilux Maandag vir my wag. Die herstelwerk is klaar.

Ek het die mooiste steaks by Van Rendburgs gekoop - dieselfde verpakking as die een wat ons eergisteraand gebraai het. Dit is maar pricey, maar ek braai selde steak. Hierdie manne kan jy maar koop. Diegene met valstande kan maar net met hulle gums aan hierdie vleis smul. Ek het 5 gekoop.

Dwarswegstrand

Ek het toe ook van hulle droëwors gekoop - vrekkit lekker!!!

Met die terugkeer het ons gou afgedraai na Heroldsbaai. Mensig - dis darem ook 'n pragtige plekkie

Dwarswegstrand

As ek reg onthou is of was daardie huis heel regs Ernie Els se huis.

Dwarswegstrand

0
Pretoria

Geert

Sat, 24/01/2026 - 06:37

 

Ja...dis Ernie Els se huis. Ons is self baie lief vir daai mooi dorpie. Die karavaanpark is ook baie naby aan die strand...seker so 300m se loop. Daai Kerkie aan die einde van pad langs see is ook baie spesiaal

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 24/01/2026 - 09:02

Nog 'n lieflike oggend hier by Dwarswegstrand - sonskyn (nie 'n wolkie in die lug nie), windstil en steeds 'n omgekrapte see. Ons het gisteraand besluit dat ons vandag, laatoggend/vroegmiddag, Die Punt se Spur sal gaan besoek vir 'n Spur-burger. Sommer net om die antie se "Punt-verslawing" te bevredig.

Die sosatiewors wat ek gisteraand saam met die lamstjops gebraai het was heel aangenaam. Maar 'n regte-egte stukkie boerewors bly maar dié ding. Ten einde skeurbuik te verhoed is ons beplanning vir vanaand se spyskaart suiwer groente. Die hoenderporsies is reeds uit die vrieskas gehaal. En daarmee saam die laaste van die uitheemse worse wat ek verlede week by Van Rensburgs gekoop het - perskewors.

Lekker dag vir jou wat hier lees. Myne is klaar lekker.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 25/01/2026 - 09:50

En so het ons laaste voldag hier by Dwarswegstrand aangebreek. Gelukkig kan ons die dag te volle benut, want daar is nie afslaan- en oppakwerk betrokke nie. Die ou paar goedjies wat ons saamgebring het word môre-oggend sommer tjoef-tjaf in die Honda gepak.

Gister se lekker middagete in die Spur by Die Punt en die opvolgende tradisionele roomys, het ons só versadig gelaat dat ons besluit het om toe nie gisteraand te braai nie. Van Rensburgs se droëwors het darem later die aand die maag se leë kol kon opvul. Die hoender en perskewors staan dus oor tot vanaand.

Sjoe - die 2 weke het vinnig verbygegaan. Maar dit was, ten spyte van een dag se reënweer en een dag se wind, 'n spreekwoordelike fees om hierdie oord se rustigheid te geniet. Op hierdie stadium lyk dit asof die sonskynweer sy beste op hierdie laaste dag vir ons bestem. Dit is 'n prentjiemooie dag. As die gety eers 'n bietjie gesak het, sal ons seker ons laaste strandstappie gaan vat. Ek gaan dit mis.

Mooi dag vir elkeen.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/01/2026 - 19:58

Kry jy sommer die Hilux oppad huistoe?? 

Julle twee moet veilig terugry huistoe en  stoot daai Honda bietjie aan, dat daai duur vleise nie ontdooi nie. 

'n Foto van die nuwe "heel" trokkie sal oortuigend wees. laugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 25/01/2026 - 21:36

Dankie ook vir jou vertellings en foto's, dit was lekker leesstof. Die terugvoer van al die forumiete wat al daar was het my ook nou amper oortuig om eendag daar 'n draai te maakwink

0
Worcester

Wildehont

Sun, 25/01/2026 - 21:44

my ook nou amper oortuig om eendag daar 'n draai te maak

As julle gaan moet net nie kampeer nie. Die kampterrein is regtig goor devil

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus