Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -1 hour ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -1 hour ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -1 hour ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -2 hours ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago

Die Bouchers en Dwarswegstrand

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Die bymekaarsit vir môre se inpak is in volle swang. Inderwaarheid moet nog slegs ons klere gepak word. Die res van die items staan in die leë garage waar die Hilux normaalweg staan - dié is mos by die paneelkloppers. Die koue goed word môre-oggend eers in die Coleman gepak. By gebrek aan 'n kampvrieskas word slegs die eerste 3 aande se vleis saamgeneem - Van Rensburg Foods in George kan dus 'n besoek of twee verwag.

Ons mik om 09:00 hier wegkom, maar as dit selfs later is sal dit nie die kind uit die kot laat val nie. Die reis sal tipiese Boucher-styl geskied - 'n rustige 100 kpu met baie stoppe. Die ouman se regterboud laat hom beswaarlik toe om langer as 1 uur skofte te ry. Omtrent al wat 'n Wimpy langs die roete is, sal dus besoek word vir 'n koffie-stop.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/01/2026 - 05:43

die Smokey Joe. !!!!

Sal ek nou daai pakkery wou gade slaan. Jy moet nou nie so pak dat jy vir Ralie in die garage vergeet nielaughDalk moet sy en ou Joe maar agter sit.

Geniet julle wegbreek

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 12/01/2026 - 10:21

Julle moet veilig reis en die besoek geniet. Ek was Vrydag by Van Rensburg Foods in George en het ‘n paar stukkies vleis en wors op skuld gekoop (die skuld is nie by hulle nie - by ABSA). Ek het nog nie ‘n kans gehad om daarvan te proe nie, maar afgesien van hulle Van Rensburg wors het ek ook wors met bloukaas en groen vye gekoop, en met peppadew en feta. Net vir die aardigheid. Ook ‘n dik snit elk van hulle wet aged (wat dit ookal mag beteken) rump en sirloin.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/01/2026 - 11:11

....nou het jy my dunk van jou effe gekrenk. A nee a---wors met bloukaas en vye.!!!! Dan nog peppadew en feta.laughcrying

0
Worcester

Wildehont

Mon, 12/01/2026 - 11:32

nou het jy my dunk van jou effe gekrenk. A nee a---wors met bloukaas en vye.!!!! Dan nog peppadew en feta.

Dit het my nuuskierig gemaak. Ek dink egter die bloukaas gaan dalk te ryk wees om veel van te eet. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 12/01/2026 - 13:09

Ons Wimpy tans net voor Mosselbaai. Ons is net voor 09:00 by die huis weg en ry voorspoedig. Die verkeer van voor af is baie besig - seker mense wat nog huistoe keer.

Wessel - die Smokey Joe is ingepak en ek kon darem 'n plekkie vir die antie ook vind. Die Honda verbaas my, maar vanaf Riversdal het ons 'n suidoostewind begin kry wat al hoe sterker waai. Dit het nogal 'n effek op die kar - wat ek nie met die Hilux ervaar nie.

Amper daar.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 12/01/2026 - 13:50

vanaf Riversdal het ons 'n suidoostewind begin kry wat al hoe sterker waai

Dit het al hoe sterker begin waai terwyl ons eergister opgepak het. Ons het dit gelukkig min of meer van agter af gehad en ek het ‘n volle km/l beter verbruik gekry oppad terug as oppad daarheen.

Om met ‘n kleiner voertuig in sterk wind te ry is nie lekker nie. Julle is darem amper daar. Ek het ‘n klomp keer verby KO4A gestap die afgelope twee weke so dit gaan vir my maklik wees om my in te dink in julle kuier. Geniet dit, ek weet julle gaan. Gaan loer gerus in by die kampterrein se opgegradeerde geriewe, dis werklik eersteklas. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/01/2026 - 17:27

...lyk so aangenaam, ek los sommer die wa tuis en gaan volgende keer daarin tuis. Dalk goedkoper as om woonwa af te sleep soheentoe.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 12/01/2026 - 18:03

... 'n droomdag hier by Dwarswegstrand. Eintlik moet ons 'n lang wandeling op die strand gaan vat want dit is nou laagwater. Maar na vanoggend se oefensessie tydens die inpakkery (ek wonder hoeveel keer is ek die trappe op en af), die lang sit in die Honda en die uitpakkery hier, is ek net lus vir sit en niksdoen. Tans sit ek hier op ons stoep en adem die prag van die rollende branders in. Dalk kom ons môre tot verhaal om die prag van hierdie stuk strand tot sy reg te laat kom.

Die Smokey Joe staan op sy plek in die braai. Vanaand word van Delico se Valley Kreef (hoenderborsies gevul met ham en cheddar en toegedraai in repiesspek) gebraai. Môre-aand word 'n groenboontjiebredie in die driebeenpot aanmekaar geslaan.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 12/01/2026 - 19:53

My vriende is kwaad as ek vkansie hou.  Hulle soek chalets en ek n karavaan.

 

Ek hoor van ons geleerde vrinne hulle gaan tegniese skole opgradeer.  Dit het ons vriende van Duitsland letterlik 30 jaar terug gevra vir ons.  Waar is julle tegiese skole.  Jy kon op n tyd dieselfde vakke neem in tygergberg Hoerskool en in HTS belville.  Skokkend.

Die wiel draai

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 12/01/2026 - 20:18

Moenie dat klyn mannekies jou intemedeer.

Ek het Smokey Joe gesien in Kruger.  Mooi man.

Mamma sit nou al n braai pan in vir ons vir 2027 wildtuin trippie of die binnelandse trippie.

 

Mooi aand

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 12/01/2026 - 20:54

Daai bloukaas en vye wors smaak vorentoe. Sebastians op Humansdorp maak ook so ene en die geure kom mooi deur. Hoop George sin is ook 'n wenner. Smaak is beter jy die wors op die kole braai as in 'n pan gaar maak. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 13/01/2026 - 10:41

Toe my broer sy strandhuis (nou sy woonhuis) in Sandbaai gekoop het, was die huis se naam "Klein maar getrein". Dit kan inderwaarheid van die strandwoonstelle hier by Dwarswegstrand ook gesê word. Klein, maar vir 2 persone meer as voldoende. Alles is kompak, maar goed toegerus. En die uitsig (sowel as die ewige gedruis van die branders) is iets besonders. Dit is maar Dag 2, maar die weer is baie lekker - bewolkerig, geen wind en temperature in die lae tot mid 20's.

Dwarswegstrand

Dwarswegstrand

Dwarswegstrand

Net-nou gou Groot-Brak (eintlik De Dekke) toe ry. Ek moet die antie se Pilatusbal laat pomp, want met haar osteoporose (wat haar opkeil met lae rugpyn) moet sy voortgaan met die fisioterapeut se voorgeskrewe oefeninge. En ek het vergeet om rys in te pak vir vanaand se groenboontjiebredie in die driepootpot.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 13/01/2026 - 15:57

So gepraat van De Dekke (wat ook ons verstek inkopie plek is wanneer ons by Dwarswegstrand is - Grootbrak self is te ver. Maar gaan eet gerus ‘n kerriemaalvleis vetkoek by Oom Vetkoek, en as julle van soetgoed hou ‘n cinnabon by Daily Bread. Lg moet egter vooraf bestel word aangesien dit baie gewild is).

Ek sien daar is nou ‘n klein apteek ook by De Dekke. Die restaurant behoort terloops aan oud-Bloubul Anton Leonard. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 13/01/2026 - 16:10

... vir die voorstelle Wildehont. Ons kom nou-net terug van De Dekke af. Ons het sommer ook pizza-basisse gekoop, asook die nodige "oppak-goed" vir môre-aand se Smokey Joe pizzas.

Dit is nou so lieflik hier dat ons nou eers 'n lekker "stroll" oppie "beach" gaan vat. Die Castle Lite's wag yskoud in die yskas vir wanneer ons terugkom om die boontjiebredie in die swartpot op te "start".

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus