Na aanleiding van Wildehont se versoek, kopieer ek sy inset na 'n nuwe gesprek lyn, dit kan 'n baie interesante draad propvol waardevolle inligte bevat.
Die bachelor troppe bestaan uit ramme wat oud genoeg geraak het om ‘n dominante se posisie te bedreig en uit die trop geskop is. Hulle sluit by ‘n trop met net ramme aan, waar hulle deurlopend mekaar toets deur koppe te stamp. Voor paartyd tydens die rut raak hulle bronstig en veg in alle erns om dominansie te bepaal.
Die dominante ram maak ‘n harem bymekaar en merk sy gebied met ‘n mishoop waar hy gereeld mis en urineer. Hy verdedig die gebied ook teen ander ramme, jaag hulle weg en paar met die ooie in sy harem. Omdat hy baie energie bestee en nie genoeg tyd kry vir wei nie, verloor hy kondisie en word vervang deur ‘n sterker ram. Die proses kan ‘n paar keer herhaal word in een paartydperk. Weereens is die beweegrede dat net die sterkste diere moet voortplant sodat die sterkste gene oorgedra word en die spesie sterk bly.
Op wildplase waar ramme uitgeskiet word is die voortplantingskoers ook aansienlik hoër as in die reservate waar nie gejag word nie. Dis omdat die ramme minder hoef te baklei en meer tyd het vir paar.
| Attachment | Size |
|---|---|
| Alles oor weerlig | 562.44 KB |
Rona...
...nee wat, skiet uit, kry getalle reg. Kan baie geld verdien vir Kruger met ivoor verkope. Dalk help dit sommer om olifantstropery stop te sit.
Kruger kort geld vir herstelwerk na vloed, dalk moet hulle daai hope gebergte ivoor in die mark stoot. Ten minste vir goeie doel.
Olifante in die Kruger Wildtuin
Ek geniet dit om olifante dop te hou, veral as 'n trop met kleintjies aan die beweeg is. Dis verstommend hoe beskermend die hele trop teenoor die kleintjies optree, sonder om hulle raak te trap. Olifante is vir my wonderlike diere om dop te hou, veral as hulle iewers water drink.
Ek wonder tog hoe gaan SANParke die voortdurende toename van olifante in die jare wat voorlê, bestuur. Jare gelede is die olifant-bevolking intoom gehou deur surplusse uit te skiet en die vleis te verwerk in die spesiale fabriek net buite Skukuza. As ek reg onthou was dit 'n ordentlike slagpale waarvan die vleis aan die omliggende nedersettings verskaf is. Op hierdie manier is 'n poging aangewend om op 'n sinvolle wyse die olifant bevolking in balans te hou met hulle natuurlike leefwêreld in die beperkte Kruger Wildtuin.
Vorige pogings om hierdie balans te behou was om die wildheinings na naburige lande se wildtuine oop te gooi of om koeie met voorbehoed-middels te probeer keer om voort te plant. Sover my beperkte kennis strek was dit nooit suksesvolle strategieë nie.
Voeg hierby die finansiële afhanklikheid van toerisme vir SANParke se primêre doel om die natuurlewe vir geslagte vorentoe te bewaar, dan moet daar altyd ook geskikte paaie, uitspanplekke en ruskampe beskikbaar gemaak word wat toeriste altyd sal aantrek.
Help my asseblief, as uitdunning van olifante nie die antwoord is nie, wat kan gedoen word om die olifantgetalle en beperkte wildlewewêreld in Kruger in balans te bring en dit in balans te hou ?
Voorbehoed en beweging
Hulle het voorbehoeding as ‘n maatreel oorweeg. Dit moet egter op ‘n herhalende basis op spesifieke intervalle toegedien word, en dis uiteraard onmoontlik in ‘n reservaat soos die Krugerwildtuin. Hoe kry jy dieselfde koei telkens op die regte tyd om die voorbehoeding toe te dien?
Een van die oorgrens parke se oogmerke was om meer beweging en seisoenale migrasie van diere soos olifante en ander grootmaat weiding gebruikers soos wildebeeste toe te laat. Tot op hede werk dit nie volgens die navorsing wat ek oor gelees het nie. Olifante lewe lank en onthou goed. Hulle weet waar hulle veilig(er) is en hulle bly eerder daar. Nadat die grensdrade tussen die Krugerwildtuin en Mosambiek verwyder is het die olifante in SA gebly. Later is troppe gevang en Mosambiek toe gevat. Hulle het weer teruggekom.
Ek het een keer ‘n praatjie bygewoon deur ‘n kolonel wat by teenstropery in die Krugerwildtuin betrokke was. Hy het vertel hoe die stropers bloot oor die denkbeeldige grens tussen die twee lande terugspring Mosambiek toe as hulle opgespoor word, en dan uittartend lag vir hulle.
Dankie ChrisS,dit................
........strook met my leke-kennis.
Vir my bly die vraag steeds, as die skiet van olifante nie 'n opsie is nie en ander pogings was nie suksesvol nie, wat gaan gedoen word om die olifantgetalle en beskikbare weiding in die Kruger Wildtuin weer in balans te bring en te voorkom dat die aanhoudende vermeerdering van olifante 'n katastrofe tot gevolg gaan hê ? (Jammer vir die lang sin !)
Len
Jou laaste paragraaf is ter sprake: ek wens ek het geweet dat daar 'n ander oplossing was om olifantgetalle in toom te kry en so te hou eerder as uitdunning, maar ek is bevrees dit gaan uiteindelik die enigste uitweg wees, gesien ook die opsies in Wildehont se skrywe.
Ons het reeds die Addo en Tembe Olifantparke, nie nog Kruger ook nie.
'n Brokkie nuus
"Mark Shuttleworth launches R280m natural dividend paying 3 000 Príncipe residents to protect biodiversity" - MSN - oorspronklike berig: Business Insider Africa
Het iemand sy nommer?
Olifante uitskiet?
In die kort video oor te veel olifante in KZN reservate verduidelik hy dat die Elephant norms and standards (klink soos iets wat hulle moet leer) bepaal dat jy eers moet bewys dat jy alle nie-dodelike metodes van bevolkingsbeheer op hulle probeer toepas het sonder sukses voor jy dodelike metodes kan oorweeg. Die Krugerwildtuin gaan sukkel om dit te bewys.
skiet Olifante
Ek wonder wie het die "elephant norms and standards" opgestel, en wie doen evaluering van reservate.
Om olifante net te verskuif na ander reservate toe, is nou letterlik om die ou se woorde te gebruik, "kicking the can down the street".
Soos ek rukkie terug gesê het, skiet die olifante ordentlik uit. Gebruik sommer die proses om wettiglik ivoor ook te verkoop, dit sal reservate se inkomste baie bevoordeel, asook die plaaslike gemeenskappe direk om die reservate. Skenk die vleis aan die minder bevoorregtes.
Gebruik ook die kans om trofeejagters te laat skiet, teen 'n mooi prys natuurlik.
Dis lankal tyd dat die mens op geordende wyse weer "heers oor die diereryk". Die opdrag staan immers in die Genesis 1 v28.
Staatsdepartement
Die elephant norms and standards is deur ‘n staatsdepartement uitgereik in 2023. Soos enige ander wetgewing was dit seker oop vir kommentaar, maar ek twyfel of enigiemand in die hedendaagse woke kultuur nog so sterk standpunt sou inneem soos Wessel hier bo. Bygesê het die uitskiet van olifante ook maar negatiewe gevolge op mens en dier. Ek het met iemand gepraat wat daarby betrokke was toe dit nog geïmplementeer was, en hy het gesê dit spook nou nog by hom hoe ‘n hele trop op ‘n slag uitgewis is nadat die matriarg geskiet is en die res dan rondmaal rondom haar.
In aansluiting by ...
... Wildehont se laaste inset:
My gewese buurman (nou oorlede) Piet van der Hyde was jarelank veldwagter in die wildtuin - o.a. Kingfisherspruit naby Orpen. Hy't baie staaltjies aan my vertel oor sy wildtuindae. Hy't sy werk baie geniet, maar die uitdun van olifante was volgens hom 'n hartverskeurende opdrag om uit te voer. 'n Hele trop, groot en klein, moes geskiet word. Hy't vertel dat hy menige keer gehuil het om dié proses te aanskou. Die veldwagter van 'n spesifieke streek waar uitdunning plaasgevind het, moes teenwoordig wees.
Dr Hu Berry
Bg was ons plaaslike gids in Swakopmund tydens ‘n paar Namibië toere wat ek gelei het. Hy is ook intussen oorlede. Afgesien daarvan dat hy vrek interessante kennis gehad het oor die Namib, was hy toe hy jonger was in Etosha. Daar is die olifante ook uitgedun, en hy was betrokke daarby. Die matriarg is geïdentifiseer, en verdoof. Aangesien sy die trop lei, het hulle om haar saamgedrom as sy val. Dan is die span in met voertuie en het die diere voor die voet afgemaai. Hulle het op haar karkas geklim en van daar af die diere om haar geskiet. ‘n Hele trop moet gedood word omdat hulle tropdiere is en trauma sal ervaar as almal nie gedood word nie. Die kalfies is gewoonlik laaste geskiet.
In SA was daar wel van die klein kalfies onder twee jaar oud lewend gehou, en is verkoop aan dieretuine en sirkusse oorsee - veral in Amerika. Ek het met twee sulke olifante gewerk in Botswana toe ek daar met opgeleide olifante gewerk het. Hulle is daarheen gebring deur Randal Moore, ‘n Amerikaner met ‘n interessante verhaal as julle oor hom wil gaan lees.
Dr Berry sê die ergste van die olifant uitdunning was die uitdrukking in die lewende diere se oë, wat duidelik besef het wat besig was om te gebeur maar nie kon weghardloop nie want die matriarg gee nie meer leiding nie. Dit sou seker beter gewees het om almal eers te verdoof, maar uiteraard duurder en logisties moeiliker omdat die diere elk bestuur moet word om te verseker dat hulle nog kan asemhaal tot hulle gedood word. Hulle sou steeds seker besef het daar is groot fout as hulle een vir een val, maar darem sonder die geweerskote en bloed.
Die lewe is wreed
Ek lees met diepe ontsag die insette hierbo, en glo dat so 'n gesig verskriklik sal wees. Ongelukkig is dit die gevolg van jare se "sagte" bestuurskeuse/proses wat gevolg was.
Onwillekeurig laat bostaande insette my dadelik dink aan die strafproses wat tans in Iran op mense uitgevoer word.
As uitdunning...................
..............van olifante die enigste werkbare oplossing is (hoe tragies ook al) om die natuur (die habitat en alle wildlewe spesies) te bewaar binne 'n afgesperde, beperkte terrein, dan is dit die verantwoordelike, regte ding om te doen, ongeag die menslike emosies wat daarmee gepaard gaan.
Die proses moet 'n wen-wen proses wees dat die uitdunning met die minste stres vir die betrokke olifante moet wees om sodoende :-
- olifant-bevolking intoom te hou vir die beskikbare bewaringsarea
- die vleis op 'n verantwoordbare en hiëgeniese wyse beskikbaar te stel aan minder bevoorregte mense in die omgewing
- om die ivoor veilig te bewaar en mettertyd wettiglik te verkoop sodat die opbrengs gebruik kan word om die uitdunnings- en ander bewaringskostes te finansier.
Ns. Nou wonder ek skielik hoekom ons menslike emosies nie op dieselfde wyse ook intree waar beeste by 'n slagpale gedood word nie ? Die beeste word tog gedood sodat ons mense genoeg het om te eet. Sou die olifantbevolking in 'n beperkte area nie intoom gehou word nie, sal daar naderhand nie genoeg kos wees vir die wildlewe in die algemeen nie, insluitend olifante.
Cheetah sensus opname
In vandag se Daily Maverick is daar 'n goeie berig oor die Cheetah getalle. Eintlik 'n kommerwekkende berig.
Die getal van 300 vrylopendes is 'n mite. Die onlangse navorsing en opname is gedoen in Noord Kaap, Noord Wes en Limpopo. Volgens die opname is daar maar ongeveer 83 volwasse Cheetahs in die streke. As die welpies en jonges bygetel word, is dit darem ongeveer 119 diere..
Dit sal interessant wees om 'n afbraak per area te kon kry. Ek kan raai in watter provinsie die meeste oor is.
Cheetahs...
of jagluiperds. Daar is twee boeke wat ek graag sal wil aanskaf - albei deur Gus en Margie Miller (hoop dat dit nog in druk is) : Kalahari Cheetahs en Fast cats on red sands. As dit enigsins so goed is as Hyena Nights & Kalahari Days, ook deur hulle geskryf, sal dit uitstekende leesstof wees.
Dr Gus Miller is ongelukkig vroëer in Julie oorlede. Hy was vir 40 jaar (onder korreksie) by navorsing van veral die groot katte betrokke (Kruger NP en Kalahari). Hy en sy vrou, Margie, het vir 12 jaar in 'n karavaan in die Kalahari gewoon en tydens hierdie tyd van die inligting ingesamel. O.a. ook een spesifieke jagluiperd vir 6 jaar lank gevolg.
'n Interessantheid wat ek raakgelees het, is dat hy gereken het dat die Oos Kaap - spesifiek die Camdeboo gebied - die mees geskikte ekosisteem vir jagluiperds (African Cheetahs) kan wees, eerder as om dié diere in Indië te probeer vestig. Hierdie was 'n paar jaar gelede en ek het nie die uiteinde gehoor/lees nie.
Diere gedrag en ideale tyd in veld
Na aanleiding van Chris B se inset oor hulle Kruger roetine, wonder ek oor die feite, flaters en mites ten opsigte van die ideale tyd om diere in die veld te vind.
Daar is die persone wat 'n halfuur voor hek oopmaak tyd die trokkies "start", en dan moet almal in nabyheid luister na die gekletter van kleppe en dieseldampe herprosesseer. Hulle glo dat katte veral dan in die paaie wag om besigtig te word.
Dan is daar persone wat glo dat as die wind waai, dat diere ook maar skuil, en dus moeilik raakgesien word.
Ons het nou oumens gedrag in wildtuine. Staan op wanneer wil, of natuur roep. Dan stadig maar seker die koffie aan die gang kry, en goedjies bymekaarsit vir oggendrit. Dis nou peuselhappies, koeldrankies en kamera. Geen gejaag om teen sekere tyd in veld te kom nie.
Die afgelope week het ons opgemerk dat, ons die meeste diere eers na 11h00 gevind het. Ek vermoed die diere het ook geskuil teen die huidige winterkoue. Net so ook al gevind dat in die warm maande, die diere ook skadu soek oor warm tyd van die dag. Dan is dit weer beter om vroeg/laat [koeler tye] in die veld te wees.
Dan natuurlik, tesame met al die bogenoemde faktore, kom die grootste faktor----geluk by.
Wat is julle waarnemings/idees in die verband??
As ek sien hoe " gelukkig"…
As ek sien hoe " gelukkig" Geert is met sy sightings, dan lê die antwoord dalk daarin om tyd op die pad in te sit. Hy praat van 10 ure per dag!
Met hengel werk dit ook so. " The only lure that will catch a fish is the one in the water"
Die enkele kere wat ek met…
Die enkele kere wat ek met hek-oopmaaktyd uit 'n kamp vertrek het (die laaste keer was jare gelede) het ek nog nooit enigiets gesien wat geassosieer word met naglewende "goggas" nie. En buitendien was dit gewoonlik nog só skemer dat ek beswaarlik iets kon sien - behalwe voor in die pad. En dan's die sonsopkoms meestal ook lastig.
En my persoonlike ervaring is dat wildbesigtiging oor die warm dele van die dag maar meestal power is - alhoewel ek al een van my beste luiperd "sightings" al tydens die warmste deel van die dag gehad het. En ek stem verder saam met Wessel dat wildbesigtiging tydens winderige toestande ook maar swak is.
En verder in aansluiting by Wessel - ons pak ook maar vooraf ons eetgoed in. Ons besoek selde piekniekplekke (slegs as 'n piekniekplek toevallig op ons roete is). Ons soek eerder 'n lekker uitkykplek waar ons rustig ons eetgoed nuttig.
En dan - as die nood druk, stop ons iewers waar dit stil is, en piepie langs die pad. Ek kan net nie verstaan hoedat só baie vrouens nie hul gebruikte snesie of toiletpapier maar saam met hulle kan neem nie. Die bewyse van laasgenoemde sien jy oral.
Ek hoor wat jy sê Neef. Maar…
Ek hoor wat jy sê Neef. Maar persoonlik staan ek makliker vir 10 uur per dag langs Hentiesbaai se kus met 'n visstok in die hand as om vir 10 ure in 'n voertuig te sit. Op my ouderdom kan die boude en die knieë dit nie maak nie. Daarom ry ek kort skofte - een tot een-&-halfuur. Dan moet die oukêrel eers weer 'n slag regop kom. En die ou blaas wil ook nie meer lekker saamspeel nie.





Met aandag gelees, dankie
Ron Thomson se skrywe is nogal 'n eye opener t.o.v. olifantgetalle, die verlies van groot bome asook roofvoëls oor die jare. Die True Green Alliance het 'n punt beet met die gedagte om die wildtuin se woodlands te reabiliteer d.m.v. re-seeding, maar soos hy noem, dit kan net 'n sukses wees met behulp van Sanparke. Die hulp? Kan niks anders wees as die uitdunning van olifante nie. Weet nie of dit gaan gebeur nie. My hart krimp sommer inmekaar by die gedagte, maar dat hulle gans te veel is en verwoesting saai,(ook ten koste van ander diere en voëls) is ongelukkig waar. Moelike een dié.