Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -11 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -19 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -19 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -20 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -21 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -23 hours ago

2026 Karavaan Skou by Gallagher

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Wonder wie die skou volgende naweek (27 Feb tot 1 Mar) by Gallagher Estate in Midrand gaan bywoon? Alhoewel ons pas die Sensation gekoop het is daar tog 'n klomp goed wat mens dalk sou wou verander. Ons was seker meer as 5 jaar laas by die skou gewees, dalk tyd om te kyk watter magafters aangebied word, en natuurlik die ewige spesiale aanbiedinge. Ons het pas ons gryskop afslag kaartjies gekoop vir Saterdag oggend. En die volgende dag haak ons vir ons kort wegbreek Klein Kariba toe.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/02/2026 - 12:40

...julle gaan omtrent 'n opwindende naweek en nog 'n paar dae hê.

Ten minste is jou bankbalans redelik veilig. Mens gaan na so 'n skou NADAT mens 'n woonwa gekoop het. Die groot geld aanliklikheid is uit die weg geruim. moet nou nie swig vir al die hoë tegnologie megafters nie. Julle het nou pas deur 'n opruim en weggooi oefening gegaan.

Dalk moet jy kyk vir 'n beter sleepvoertuig!!!!

NS: Ek vermoed Geert sal gaan besoek aflê. Ek sal eerder wegbly, want die gatjeuk vir ander wa is steeds sluimerend.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 22/02/2026 - 10:42

Te oordeel aan die responsie is dit seker veilig om aan te neem dat geen forum lede die skou sal bywoon nie. Ons sal maar 'n paar goete soek en koop as die prys reg is. Die goewerment is op soek na 'n groot (dink dis 3.8l) Coleman waterhouer, dis die ene met dubbel ge-isoleerde wande en kraantjie onder teen 'n goeie prys. Verder sal ons maar net loer met onse (klein begroting" oge. Dan soek ekke ook 'n 3.5 of 4m "awning", dis nou die wat aan die kant van die karavaan sit en vinnig opgeslaan kan word vir kort kampe. Weereens moet die prys 'n werklike winskopie wees anders sal ons maar nog bietjie wag. Vir die komende Klein Kariba kamp sal ons sommer die bestaande 3x3m Howling Moon Gazebo teen die wa opslaan, wil nie bodder met 'n voltent vir so 'n kort kamp nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 22/02/2026 - 12:02

Grootwind, kompeteer die hegtingspunte van "awning" nie met die hegting van standaard tent se dak nie???

Gaan 'n <4m awning nie te kort wees vir jou Sensasionele paleis nie. Gaan jy dit aan voorste 4m sit, of agterste 4m van die wa.???laugh 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 22/02/2026 - 13:22

Uiteraard sal ek vir kort kampe die tent dak moet verwyder uit die wa se tentgleuf en vervang met die awning, altans ek dink so, (ek het eintlik geen idee in my kop hoe so 'n awning aan die wa vasheg nie, sou dink die tentgleuf word gebruik, maar dit mag dalk nie so wees nie). Wat die awnning se lengte aanbetref raai ek tans, nog nie gaan meet nie, maar ek sou dink rondom 4m is voldoende. Wat pryse aanbetref sien ek Pta Karavane adverteer die Howling Moon 4.1 x 2.4m ene vir sowatR5975 wat nie te sleg klink nie (sonder sywande en voorkan natuurlik)

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 22/02/2026 - 21:17

Ek wil skou bywoon. 

Rakende awning. As jy kyk na Howling Moon se Leisure Awn.  ...die 2 grootstes is 3,9m en 4,1m. As jy belangstel in n 2de handse 4,1m, ek kan n mooi een kry vir R3500. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 23/02/2026 - 07:44

Dankie Geert, sal moontlik in die 2de handse ene belangstel, sal net eers komende naweek by die skou kyk of daar enige spesiale aanbiedinge beskikbaar is

0

Ek sal gaan. Wil so biekie na die "kleiner" waens kyk. Die Exclusive is so biekie groot vir my alleen.  Miskien iets met biekie van 'n grondpad DNA.

Laas jaar was ek en Liza, my vrou daar en vir die eerste keer het sy dit werklik geniet en met opgewondenheid na al die nuwe waens gekyk.

Groetnis en geniet.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/02/2026 - 08:19

jis mater, jy gaan besig wees om na al die mooi boswaens te kyk. Gaan kyk op internet onder Gallagher show 2026 wie almal daar gaan uitstal. Jy kan dan vooraf na hulle produkte/modelle op internet kyk. 

Ek sien die volgende is daar, Afrispoor, Berg, BushLapa. ongelukkig is my gunsteling die Gecko nie daar nie.

Gecko het vol dubbelbed, stort en voltoilet binne

Berg het dit ook

bush Lapa Ratel 2i[?] het dit ook.

Geniet die rondkyk en aanpas.

0

Dankie Wesel. Gullikis is die kyk nie gekopel aan die beursie nie so op die stadium is kyk vry.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 06/03/2026 - 15:01

Ek was ook laas Saterdag by die skou. Die (klaarblyklike) grootte van die mark is verstommend, lyk my die Lotto word gereeld gewen en uitgegee op karavane! Die uitstallings was 'n hele 4 sale vol, wat my egter getref het is die hoeveelheid vervaardigers van "off road" waens...is daar retig 'n mark vir almal? Wat my getref het is die Sensation Hoofstuk 2, nou bekend as Destination. Duidelik is daar sterk familie ooreenkomste maar die ene wat die aandag getrek het is 'n monster van 'n dubbel-as model (het die model naam vergeet) wat sekerlik hier rondom 8-9m lank is. Kry die ou jammer wat die in 'n staanplek moet in kry! Het sommer ook die geleentheid gekry om met die firma se eienaar (broer van Riaan wat Sensation gedoen het), Andre van Helsdingen te gesels. Baie vriendelike familie die! Die afwerking en bou kwaliteit van die nuwe Destination waens is regtig indrukwekkend. Pryse? Ver bokant my bank rekening se vermoë! Maar so ook is alle waens wat uitgestal was redelik duur...en om te dink my destydse Fleetline was (4 jaar oud) gekoop vir skaars R40k. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/03/2026 - 16:53

Grootwind, ek stem saam met jou vraag/opmerking oor die aantal boswa vervaardigers. Ek weet van ten minste 3 firmas wat nie eers by die skou gewees het nie, naamlik Echo, Gecko en Bundu trailers. 

Ek gesels periodiek met die firmas, en hulle afwesigheid by die skou is juis oor die hoë skou/stalletjie-koste, opgeweeg teen die potensiële kopersmark-aandeel . As groot aanvanklike boswa vervaardigers opsien om 'n skou by te woon, moet jy weet hoe erg die kompetisie is.   

Jou waarneming staaf egter 'n tendens. Die woonwa mark is besig om baie sterk te kantel na boswaens, selfs die wat hopeloos te onprakties en luuks is, en dan die meer realistiese modelle. Ek vermoed dit word gedryf ook deur die swak/vrot teerpaaie deesdae ondere andere, maar daarby die voordeel van rowwe toere.

Die aanvraag van teerpadwaens het grootliks afgeneem, en die neiging is meestal weer na groot en luuks. Die langstaners en permanente swerwers verkies die lekker groot waens. 

Ek vermoed ook dat die teerpadmark hoofsaaklik ons gryskop, afgetrede brigade is. Dis die manne wat Sensasies, Destinations en Exclusives koop, of nie???laughwink  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 06/03/2026 - 17:11

Hierdie (nuwe) Sensasie eienaar het die laaste paar dae by Klein Kariba geweldig geniet! En ja so bietjie luuksheid maak die kampery darem regtig aangenaam. Sal op die ander draad oor die naweek so bietjie terugvoer gee .... en ook hoe hierdie Oom met 30 jaar se sleep ervaring sy naam met die vertrek uit Centurion sommer behoorlik gat gemaak het!

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/03/2026 - 17:17

...kan nie wag om "gat maak" mededeling te verneem nie!!!! solank dit netnie skade was nie.

Jy praat van die Destination Journey!!!! Waarmee sleep mens daai 8.8m hotel?? Sy BVM is 2400kg, dus moet sleepvoertuig se lisensiegewig meer as dit wees.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 06/03/2026 - 17:21

Sensation is destyds verkoop aan die Jurgens fabriek. Toe begin die een Destination en die ander Cascade. Hulle stal ook gewoonlik langs mekaar uit. 

Ek hou maar van n klein karavaan....Die Destination Wish is een van my droom waens

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus