6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -12 minutes ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -18 minutes ago
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Het die Hi Lux traction
 Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Neef kla nie oor die groen
 Forum Herstel en terugvoering neef Herman -4 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Irene

Grootwind

Fri, 20/02/2026 - 08:22

Meeste versekerings maatskappye het hulle eie paneel van kontrakteurs waaruit hulle dan die kies wat die nodige herstelwerk moet doen..minstens in teorie. In die geval sou ek raai dat daar in daardie omgewing nie juis 'n oorvloed van kontrakteurs is wat die nodige vermoeëns en toerusting het nie. Voeg nog 'n paar locals toe wat toy-toy vir kontrakte en mens gaan die "bakkie en kruiwa" brigade sien opruk.

Worcester

Wildehont

Fri, 20/02/2026 - 09:35

Toe ek nog in konstruksie gewerk het moes ek twee tender clarification vergaderings bywoon in die Krugerwildtuin. Dit moes in 2014 gewees het. Een was juis vir die herstel van die “brug” wat toegang gee Sirheni toe van die S56 af wat nou weer weggespoel het, en die ander vir die laagwaterbrug langs Balule. 
 

Dit gaan oor risiko. Die werkgewer (in die geval SANPARKE) stel die ingenieur aan wat die ontwerp opstel, die kontrak bestuur en die konstruksie afteken. Dink nou maar bv aan SANRAL. As die N2 se brug oor die Botrivier weer wegspoel gaan hulle dit nie oorlaat aan hulle versekering om ‘n ingenieur en ‘n kontrakteur aan te stel en uit die water uit staan tot alles afgehandel is nie. Dan neem hulle infrastruktuur oor wat deur iemand anders daar gestel is. 
 

Boonop is daar streng beheermaatreels in die PFMA en voorsieningskanaalregulasies om korrupsie te probeer voorkom. Geld wat uitbetaal word deur versekering aan ‘n staatsbeheerde liggaam bly openbare geld en onderworpe aan die relevante wetgewing. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 25/02/2026 - 07:44

Dit is interessant. Ek vermoed baie mense gaan van dit gebruik maak. 

Ek is egter doodtevrede met die goeie diens wat ek by EZI bookings kry, maar goed om te weet vir noodgeval.

Worcester

Wildehont

Wed, 25/02/2026 - 08:03

Lekkeslaap se stelsel is nie geĂŻntegreer met SANPARKE se besprekingstelsel nie. Dit gaan dus werk nes enige ander blyplek wat jy by eg bespreek: Jy versoek blyplek vir sekere datums by Lekkeslaap, hulle vind by die oord/gastehuis/selfsorg uit of jou datums beskikbaar is en laat weet vir jou. Eers as jy dan bevestig maak hulle die bespreking.
 

Ek dink satellietkantore soos Ezi Bookings en Kruger Loweveld Tourism se stelsels is geïntegreer met SANPARKE s’n so hulle gee vir jou intydse beskikbaarheid en maak direk besprekings.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 25/02/2026 - 08:26

Ek het gister by EB bevestig dat Tsendze reeds in gebruik is na die vloede.

Ek sal weer vroeg April by hulle uitvind oor die paaie en brue op die H14 en H1-6 om daar uit te kom. 

Baie behulpsaam in my moedertaal, te lekker

Pretoria

Geert

Wed, 25/02/2026 - 10:10

Soos Eildehont noem is dit die geval....hulle bevestig eers vir openinge. Vinnigste is maar via Sanparks website. As mens nie direk wil betaal nie, hou ek ook van Ezibookings 

Pretoria

Geert

Wed, 25/02/2026 - 19:16

Miskien gaan ons eerskomende naweek die forum se wit laken tradisie voortsit. Ons wik en weeg tussen Pilanesberg en KNP. Met Pilanesberg se dag tariewe wat tans so hoog is, is kostes om af te gaan KNP toe baie dieselfde. Omdat ons net Vrydag tot Maandag wil gaan en dan meer n wegbreek is as vakansie, oorweeg ons om maar die karavaan by die huis te los en wit laken verblyf te gebruik. Ons is baie lief vir die tenthuise in Skukuza en die hutte wat in U-vorm is by Lower Sabie,  maar beide is vol bespreek.....ons hou website dop vir kanselasies, miskien is ons gelukkig. Kampeer staanplekke is nog vollop...Skukuza wys nog 56x vir die naweek 

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 26/02/2026 - 10:05

As ek reg onthou was jy ook sterk op pad Gallagher toe hierdie naweek.

Wildtuin toe is altyd die beter opsielaugh Indien jy nie geholpe raak met verblyf in tente nie, stel ek voor jy haak jou karavaan en gaan kamp. Vanaf Pretoria gaan dit jou nie veel langer in reistyd neem nie. Vrydag (mĂŽre al!!) kan jy moontlik bietjie meer verkeer te wagte wees, maar Maandag glo ek dit sal rustiger wees - die Tracn4 Elands marathon vind die naweek plaas (Saterdag) en verkeer gaan herlei word via Schoemanskloof.

Gaan net en geniet dit! Iemand moet vir ons terugvoer gee oor die staan van sake...laugh

Pretoria

Geert

Thu, 26/02/2026 - 13:16

Ja...oorspronklike plan was Gallagher estate. My seun het Vrydag en Maandag af gekry by sy werk. Hy het laasmaand vir hom n goeie kamera en lens gekoop. Hy wil nou baie graag wilds foto's neem, maar verkieslik met Luiperde en leeus ook. Die enigste goeie keuses naby aan ons is Pilanesberg en KNP. Omdat hy 3 jaar laas saam met ons in die wildtuin was, het ek gedink hierdie is weer n ideale geleentheid om saam met hom te gaan.....al is dit nou net 3x aande. Die skou het ek dus gekanseleer, maar om saam met my seun te gaan wildtuin toe is baie meer spesiaal. Is darem nie dat ek spesifiek iets benodig by skou nie....is maar net altyd lekker om al die nuwighede te sien. Maar daar is in Mei maand weer n Outdoor X skou naby Pretoria wat ook baie lekker is....hy is nou op my lys

Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/02/2026 - 14:54

ek stem saam Geert, tyd saam met kinders is baie meer kosbaar.

Onthou om lemoene en nartjies saam te neem. " Kietsie kietsie, hier is 'n nartjie" advertensie bly my altyd by.

O ja, Olifante vrek ook oor sitrus in wit Hiluxecrying

NS: Paar fotos hier vir stawing van besoek sal geloofwaardigheid versekerlaugh

Pretoria

Geert

Thu, 26/02/2026 - 15:34

Ja...ons hoop om katte te sien. Ek het gister met Paul Mulder in Satara gesels....klink of besigtiging tans moeilik is met die lang gras. Hy sĂȘ riviere loop steeds aan die sterk kant na meer as n maand terug se reen....selfs die wat gewoonlik nie eintlik water vloei nie. Ek het gister ook fotos gesien van hoe baie modder op sekere roetes is....soos byvoorbeeld die S100. Ek gaan kyk of ek fotos kan neem...maar ek wil probeer n video maak van trippie

Worcester

Wildehont

Thu, 26/02/2026 - 16:11

maar ek wil probeer n video maak van trippie

Hommeltuie word mos nie toegelaat in die Krugerwildtuin nie. Ek weet jy weet dit en sal nie oortree nie, maar min mense is bewus van die streng wetgewing rondom hommeltuie. Ek het navorsing gedoen daaroor vir die werk, en mens kan in groot moeilikheid kom.
 

Die land is mos lief vir oorregulering. Daar mag wel goeie bedoelings daaragter wees, maar op die ou end is dit meestal die wat by al die reĂ«ls en regulasies probeer hou wat moet tyd mors en kostes aangaan terwyl die res maak nes hulle wil. Mens moet egter baie versigtig wees waar en wanneer jy met ‘n hommeltuig vlieg.

Pretoria

Geert

Thu, 26/02/2026 - 18:41

Ons kon darem n kanselasie vir 2 aande kry by Skukuza se tenthuise. Ek is lief vir daai tenthuise....lekker gesellige atmosfeer saam met kampeerders alhoewel dit lyk of die kampeer area maar leeg is. Ons sal nog so tussenin loer vir Sondag, andersins maar een van die ander eenhede neem. Die beplanning is om lekker vroeg uit Pretoria te ry en dan n ontbyt by Malelane golfbaan te geniet aangesien ons nie mal is oor Berg en Dal se restaurant en ook nie Afsaal nie. Ons het Skukuza gekies omdat die meeste grondpaaie lyk my nog gesluit is en Skukuza omgewing die grootste netwerk van teerpaaie het. Ek dink dis die eerste keer dat ek die Hilux op die langpad vat sonder die karavaan agteraan. 

Ns...Hommeltuig bly tuis. Ja, alle Sanparks verbied hommeltuie. Ons wou destyds by Stormsrivier vlieg, maar oral is borde No Drones. 

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 26/02/2026 - 19:44

miskien het jy al gaan inkruip as julle beplan om vroeg in die pad te spring, maar net miskien lees jy nog hierdie en kan die naweek met jou seun daaroor gesels indien hy meer as net 'n stokperdjie beplan. Dit gaan oor fotografie - veral dan oor wildlewe waarin hy belangstel. Dit was nog altyd my groot droom maar sal ook nou net dĂ­t bly.

Gedurende die inperking het DSTV se uitsending van Wild Earth begin (waarskynik algemene kennis). Daar was 'n Skotse meisie wat een van die veldgidse was, Lauren Arthur. Sy was briljant en haar entoesiasme (sonder om oorboord te gaan) het gemaak dat ek nie een van haar ritte gemis het nie. Haar kameraman was David Eastaugh, 'n Suid Afrikaner. Vir 'n baie lang tyd nou al sien ek haar nooit meer nie en so 'n paar dae gelede - toe hier oor 'n uil gepraat is - het ek gaan google wat van haar geword het (daar is ook iemand anders met dieselfde naam, maar diĂ© is 'n influencer). Sy en David is verlede jaar getroud en het 'n besigheid begin (dink dit was in 2023) waar hulle in die Tibavati wildlewe fotografie-kursusse aanbied. Naam van die besigheid is Too Wild met 'n Hoedspruit adres. Gaan loer gerus.

Vir Wildehont: jy en Salomien is mos 'n span wat reeds weet hoe.... Lekker iets om te doen na aftredesmiley

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 27/02/2026 - 08:35

Presies waarvoor julle gewens het. Hoop die res van die wegbreek loop ook so voorspoedig. Geniet dit daar!

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus