Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -4 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -12 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -12 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -13 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -14 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -16 hours ago

Maart saamgesels

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike
Submitted by Slowstrike on
Forums

Iran & Dubai

Wessel

Ons altwee sit maar benoud en kyk en luister. 

Ons kinders is ook in Dubai. Hulle woon in Damac Hills so 4 km vanaf Dubai se militere lughawe Minad Airbase. Dit maak my meer bekommerd want sou daar na militere basisse gemik word is hulle binne tref afstand.

Hulle vertel dat hulle deurlopend via sms inligting ontvang en op hoogte gehou word van wat aangaan. Daar is selfs beraders wat jy kan bel.

Ek wonder so by myself wat die gevolge sal wees as daar so iets hier moet gebeur. Is die ou strukture van burgerlike beskerming ens nog in plek is daar `n plan a, b of selfs c. Ek dink dit sal totale chaos wees hier.

Groetnis

Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/03/2026 - 06:10

...laat mens wakkerlê. Ek wag juis nou om van myne te hoor.

Ek sien dat bespiegel word dat kanse vir Iran missiel lanserings afneem, soos lanseerplekke uitgewis word. Met elke lansering word posisie verklap. 

Ek wonder of VAE se weermag oor vermoë beskik om aan te val, of net ingestel is op verdediging. Dalk 'n politieke besluit om tans net te verdedig om sodoende so lank as moontlik neutraal te bly. 

Dalk is dit voordelig om naby 'n militêre basis te wees, daar behoort seker beter [voldoende] lugafweer stelsels te wees.   

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/03/2026 - 06:45

Dit klink of ergste tydelik verby is. Tog is hulle besig om te pak, berei voor om te ontruim indien nodig. Hulle word per foon ophoogte gehou van gebeure en gebeurlikheidsplanne.

Hy seg die skole is toe en hulle werk van die huis af. Sy werkplek is omtrent op die lughawe. 

Daar is nog kos en proviand in winkels. 

Volgens hom moet ons nie alles glo wat in nuus en koerante aangebied word nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 02/03/2026 - 09:47

Dit moet vreeslik wees om so ver van jou kinders te wees terwyl sulke dinge by hulle aangaan. Ek hoop regtig die stof gaan lê spoedig. Amerika is darem deksels vermetel om as die selfaangestelde regter en laksman oor die res van die wêreld op te tree. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 02/03/2026 - 10:40

Baie sterkte, ons dink dink ook aan julle en hoop om binnekort beter nuus te kry.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 02/03/2026 - 10:46

Ek sien nou eers hy is in dieselfde bootjie as Wessel. Ek is so gewoond Wessel begin die nuwe maand se gesprek dat ek nie eers gekyk het wie het dit geskryf nie. 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 02/03/2026 - 19:11

Wessel

My kinders het my so pas gebel. Volgens hulle is alles baie rustig. Hulle was vanoggend winkels toe vir aankope en het vanmiddag gaan stap deur hulle kompleks. Die lughawe is gedeeltelik oopgestel vir vlugte.

Skoonseun is in die konstruksie bedryf en hulle begin mõre weer werk. Trouens volgens hom is daar boupersele wat die werk nie eers gestop het nie. Soos hulle sê dit wat ons hoor is 90% fopnuus.

Ek is diep dankbaar dat hulle ok is en volgens hulle is daar nie `n manier dat hulle Dubai sal verlaat nie ongeag wat gebeur.

Groetnis

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/03/2026 - 19:38

....dankie ek waardeer jou mededeling. My seun is stil, wat beteken hulle is OK. 

Kom ons hoop en bid dat die fokus verskuif het van Dubai  en VAE af. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 02/03/2026 - 19:59

Amen. Ek is bly al julle geliefdes is OK. Ons land het baie probleme, maar ten minste is ons ver van oorlogsones af. Met ons regering se verkeerde vriende het ons dalk ook ‘n missiel of twee gekry. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 03/03/2026 - 09:05

Sit ek so by myself en dink, ek is so dankbaar Amerika en Israel het betyds op getree. Iran se kern program was nie 100% vernietig met die 12 dae aanval nie, en was sterk op pad om kernwapens te bekom (Rusland en China ondersteun hulle) 

Iran dreig die hele Chistendom met uit wissing, as ek nie so oud was nie sou ek in Israel weermag gaan volanteer het, al kon ek net kos pakkies help voorsien aan die manne en vroue wat so dapper veg.

Iran val nou nie net hul eie burgers aan nie (amper 40 000 reeds vermoor), hule val nou ook al die Golf lande aan.

Dank Vader daai Israeliete word deur die almagtige God gelei, en elke oomblik gebeur daar wonderwerke. Die missiele wat wel in Israel val het minimum skade aan gerig.( inverlykiging met die Amerikaners en Israeliete SUKSEVOLLE aanvalle)

Prys God vir Sy almag🙏

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/03/2026 - 09:53

....dis nou lekker om 'n inset van jou te lees!!!

As ek dink hoe streng word plekke wat met verrykte Uraan werk gemonitor, vind ek dit vreemd dat Iran, die IAEA toegang weier.

Ek praat uit ondervinding, as afgetrede NECSA werknemer. Daar word  steeds gereelde IAEA inspeksies  gedoen, en sekere sensitiewe areas, konstant met hulle kameras gemonitor.

Dus, as 'n land IAEA toegang verbied of baie selektief toestaan, is daar net onwettige aktiwiteite aan die broei.

Om egter 'n volkome einde aan Iran se kernprogram te bring, word twee aksies benodig;

1] totale vernietiging van alle verrykingsaanlegte

2] politieke instemming om nooit vêrder/weer so 'n program te begin nie.  Onthou hulle koop maklik tegnologie, toerusting, mensekennis en selfs dalk verrykte Uraan aan. 

Daar is 'n gedeelte in die Bybel, wat my baie laat dink, veral in die hedendaagse konteks. Lees gerus Gen16 v11 tot 12. 

Dan ook Gen17 v19 en v20. Ongelukkig kan ons nie daarby verbykom nie. 

NS: Die laaste 2 sinne is bloot 'n mededeling. Ek verwag nie dat almal daarmee saamstem nie, en ek gaan ook met niemand daaroor redekawel nie. As dit iemand aanstoot gee, vra ek by voorbaat omverskoning. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 03/03/2026 - 20:34

As ons die gebou langs die N2 sien weet ons dis nie meer ver Dwarswegstrand toe nie. Die kinders (en ek) hou ook van die bome wat daarin groei. Ek het vandag eers die interessante (een rok, twee sokkies) geskiedenis daarvan uitgevind.

AB

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 03/03/2026 - 20:54

Dankie Wildehont....interesnt. Ons het gewonder wat die geskiedenis was van daai gebou, maar nooit verder daarop ingegaan nie. Dankie vir deel

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 03/03/2026 - 23:43

Ek het gister aan die Simonstad "oefening" gedink en gewonder.....Seker mag mens nie hard dink op 'n forum nie. Baie verdag.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 04/03/2026 - 08:43

Interessante geskiedenis van die ou kragstasie by Klein-Brakrivier. Wanneer ek oor die brug (op die N2), verby die ou kragstasie ry, dink ek onwillekeurig aan 'n voorval jare gelede.

Ons het vir 3 agtereenvolgende jare by Riverside gekamp. Vir diegene wat nie die omgewing ken nie - dit is stroomop langs die Klein-Brakrivier geleë. Ek het 'n klein dakrakbootjie gehad met 'n 2 perdekrag buiteboord enjintjie. Ons het menige kere met Poer-Poer (die naam van die bootjie) rivierlangs gevaar tot by Klein-Brak se strand. 

Eendag, op pad strand toe, lê daar 'n groterige kajuitboot onder die N2-brug. Die paar mense op die boot vra toe vir hulp. Hul buiteboordmotor was foutief en hulle kon nie verder nie - of ek hulle nie kan sleep tot regoor hul huis nie. Poer-Poer het maar gesukkel om met ons as gesin weg te kom oor die water, maar ek het my goeie Samaritaans-plig uitgevoer en hulle op sleeptou geneem. Dit het letterlik gevoel of ons stilstaan, maar uiteindelik het ons hulle gekry tot waar hulle wou wees.

Riverside behoort nog aan dieselfde eienaars sedert die laat 80's. Ons het vele aangename gesinsvakansie herinneringe aan die oord - die dae toe ons nog met 'n tweedehandse tent gekamp het.

By Klein-Brak se strand het my vrou ook haar laaste swem in die see gehad. 'n Ongepoetste brander het haar tweestuk baaikostuum se bostuk afgeslaan. Terwyl sy water uit haar oë vryf, het 'n paar omringende ouens hulle verstaar aan dié vrou wat so skaamteloos haar borste tentoonstel. En toe was ons nog jonk. Swaartekrag het nog nie 'n groot rol gespeel nie. Nog nooit weer kon ek haar op 'n strand in die water kry nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/03/2026 - 11:50

....in 'n bikini kry nie???? Of net nie in die seewater nielaughwink

Tog jammer jy het nie 'n foto van Poer-poer wat die kajuitboot sleep nie. Dit sal net so kostelik wees as die Land Cruiser wat 'n Land Rover Discovery moes terugsleep Twee Rivieren kamp toe. Dit het ek ook nie afgeneem nie, om verleentheid te voorkom.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 04/03/2026 - 12:11

... die antie trek maar deesdae 'n eenstuk kostuum aan. Dit is nou ás jy haar sover kry om 'n baaikostuum aan te trek. By Eiland Spa gaan ons darem so nou en dan 'n bietjie "swem". Dit is nou as jy die stilhangery teen die swembad se kant swem kan noem.

Beide van ons het nie meer sin daarin om die ou lywe ten toon te stel nie. Sy kla van te veel plooie en ek hou maar liewer die ou boeppens onder 'n hemp versteek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 04/03/2026 - 14:31

... (komediant) spot met homself oor sy boeppens. Hy sê dit maak nie saak in watter posisie hy is nie - hy's altyd waterpas, want sy "bubble" is altyd in die middel.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 05/03/2026 - 08:15

My Hilux moet ingaan vir diens. Ek het nog altyd my karre na agentskap self gevat, maar kostes raak hoog. Kar is uit alle planne en waarborge. Toyota kwoteer R7121 en privaat werkswinkel met goeie reputasie (voorheen n Bosch agentskap) kwoteer R2595. Al wat privaat maatskappy nie op gekwoteer het nie, is die vervanging van Diff olie...is dit krities? Watter roete sou julle aanbeveel....beter om by Toyota te hou?

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 05/03/2026 - 08:34

Ek diens self waar ek kan. Maar die filters, ratkasolie, antifreeze etc kry ek by Toyota. Daar is ñ verskil in die kwaliteit.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus