Iran & Dubai
Wessel
Ons altwee sit maar benoud en kyk en luister.
Ons kinders is ook in Dubai. Hulle woon in Damac Hills so 4 km vanaf Dubai se militere lughawe Minad Airbase. Dit maak my meer bekommerd want sou daar na militere basisse gemik word is hulle binne tref afstand.
Hulle vertel dat hulle deurlopend via sms inligting ontvang en op hoogte gehou word van wat aangaan. Daar is selfs beraders wat jy kan bel.
Ek wonder so by myself wat die gevolge sal wees as daar so iets hier moet gebeur. Is die ou strukture van burgerlike beskerming ens nog in plek is daar `n plan a, b of selfs c. Ek dink dit sal totale chaos wees hier.
Groetnis
Brandstof beperkings??
Gister middag n brief van ons landbou groep gekry dat brandstof tot 80l beperk word en geen brandstof, petrol of diesel in houers of diesel waentjies verkoop mag word nie. Nou wonder ek of dit net ons Kooperasie is wat wil keer dat boere die tenks by hulle leegmaak voor die verhoging, of is dit orals van krag. Ek kon niks raaklees op die internet vanoggend nie. Hoe staan sake daar by jou vulstasie??
Daar begin die....
....moeilikheid!!!!
So jy kan elke dag 80l gaan koop, en met moeite uittap by die huis?? Ek moet dalk gaan volmaak, en uitvind wat stand van sake hier is.
Wat van groot boere met dieseltenke op plase, ek wonder of hulle ook beperk gaan word
"Nodeloos ......paar manne van George....show gaan kyk het" ???
My bure by die kamp terrein was van George en hulle het toe deur gegaan na die skou.
Goeie hout...
...dankie mater. Ek dog dis 'n tipiese skewe Wes Kaap sêding, waarvan ek al vergeet het. Jhy wiet mos![]()
Berig in maroela media....
meld/waarsku ook dat veral diesel begin skaars raak. Sommige vulstasies is blykbaar reeds daarsonder.
Ons moet maar voertuie volhou. Gelukkig beplan ek nie om nou rond te ry nie.
Ekstra eiertjie
Gister besef ek dat ek sal moet spring as ons volgende jaar Maart weer by Dwarswegstrand wil gaan staan. Aanlyn wys net staanplek 1 as beskikbaar vir ons datums, maar toe ek bel is 2, 8,9,10,32 en 33 ook beskikbaar. Ek het toe 8 bespreek.
Terwyl ek op hulle aanlyn besprekingstelsel is kyk ek toe sommer wat is nog beskikbaar tydens ons beplande besoek wat volgende Vrydag sal begin indien al die eiers lewendig uitbroei. Die aand van 5 April is staanplek 21 waarop ons die vorige nege aande bespreek is toe ook beskikbaar. Na konsultasie met die regering het ek dit toe bespreek. Dit sal nou wel beteken dat ons op Paas Maandag moet terugry, maar ‘n ekstra aand is nie te versmaai nie.
Ek het nog nie gehoor hoe dit met die Kavango gaan nie, ek dink ek gaan nou bel om uit te vind.
Bergrivier oord Paarl...
.... 4 uit 10, is redelik swak. Is dit net die ou ablusie wat jou so 'n telling laat gee?
Die res van jou resensie lees dan of jy die plek eintlik aangenaam gevind het.
Bergrivier Oord
Ek is waarskynlik nie baie objektief met my indrukke van hierdie oord nie. Eerstens het ek nog nooit daar gekamp nie en tweedens het ek etlike jare gelede daar gaan inloer nadat ek toestemming by Ontvangs gekry het om gou in die oord te gaan kyk.
Dit wat ek gesien het, het my oombliklik laat besluit dat Bergrivier Oord baie laag (inderwaarheid geensins) op my lys van oorde is waar ek graag sou wil gaan kamp. Die ablusies het my geensins aangestaan nie en die meerderheid van kampeerders ... Laat my eerder verder niks kwytraak nie. 'n Toe bek is mos 'n heel bek.
Van Zyls'Rus .....
....in Kuilsrivier is gelukkig nog daar, vir die kere wat ek in Bellville by my suster kuier.
Die plek bly my elke keer verstom as ons daar oorstaan.
“Brandstoftekort”
Ek sit dit in aanhalingstekens met ‘n rede. Daar doen nou verskeie WhatsApp boodskappe die rondte dat sommige verskaffers reeds uit voorraad is en ander jou nie toelaat om houers vol te maak nie. Sommiges sê dis petrol wat skaars is en ander weer dat dit diesel is.
Alhoewel ons ruolie sowel as diesel en petrol invoer (die lg twee in groter totale volume as eg omdat ons net twee raffinaderye het wat werk), is dit lyk my tussen ‘n kwart en ‘n derde onderskeidik wat van die Persiese golf afkomstig is. Hier is ‘n artikel wat mooi verduidelik.
Dat ons brandstof egter reeds besig is om op te raak glo ek nie vir een oomblik nie. Ek het ‘n ander artikel gelees wat ek nie nou kan kry nie, wat baie meer sin maak. Verskaffers hou voorraad terug, sodat hulle ‘n lekker vet wins kan maak oor minder as twee weke wanneer veral die dieselprys drasties gaan styg. Hulle praat nou al van R8/l. As jy dus ‘n 125000l wat teen die huidige prys aangekoop is kan opberg, maak jy ‘n koel R1miljoen ekstra wins oor minder as twee weke.
Uitbuitery
Regering gebruik situasie om mense uit te buit. Toe olie destyds $147 was, was pryse nie eers so hoog nie. Die Fat Cats like hierdie geleenthede
VF+ stem saam
Verskaffers hou voorraad terug, sodat hulle ‘n lekker vet wins kan maak oor minder as twee weke wanneer veral die dieselprys drasties gaan styg.
Die VF+ se woordvoerder oor energie het nou op RSG ook die mening gehuldig. Ons brandstof gaan nie van die hawe af direk vulstasies toe nie. Die brandstof wat ons in April gaan ingooi is reeds oppad hierheen.
Paniekaankope
Danksy al die WhatsApp boodskappe het mense natuurlik nou paniekerig geraak en almal hulle voertuie gaan volmaak. Blykbaar is daar nou net een Engen in die dorp wat nog diesel het en die Ultra City op die N1 Kaap se kant toe. My Fordjie het nog net 112km gery sedert dit laas volgemaak is so vanmiddag gaan ek dit maar net tuis parkeer en daar los. Hier is nog petrol, so die Prado sal maar moet diens doen. Die Ranger het genoeg diesel om tot by Dwarswegstrand te kom en amper terug. As daar nie volgende week diesel vrygestel word nie sal ons maar by Dwarswegstrand bly tot die oorlog verby is.
Chris S....
...ek hoop van ganse harte die oorlog word kortgeknip, sodat julle kan huiswaarts keer, onder andere.![]()
Verdere bevestiging
Astron rafinadery is tans gesluit vir jaarlikse onderhoud en ons het net 17% van die reserwes wat ons moet hê, maar ses tenkskepe is oppad. Die verskoning is dat hulle voorsiening inperk om paniek aankope te voorkom (wat dit juis aanwakker) maar hulle doen dit net om ons te melk. Die gevolg op landbou is skrikwekkend. Lees gerus die artikel.
Diesel verkope
Klink of baie stasies reeds nuwe tariewe vra op diesel wat hul profyt tans op R10 n liter bring. As jy n 55000l tank het en aankoop teen ou prys en verkoop teen nuwe tarief, maak jy oor n half miljoen profyt.
Sover ek verstaan kan n handelaar n die dag voor prys opgaan nog koop teen ou prys, al word dit miskien eers n week later afgelewer.
Tatta Krugerwildtuin
Soos dinge nou lyk gaan ek ons Krugerwildtuin toer moet kanselleer. Ek kan nie R9000 ekstra vir diesel bekostig nie. Dit kan dalk selfs meer as dit raak. Gelukkig het ek nog nie R2400 betaal om vir paspoorte aansoek te doen nie.
Diesel se prys word nie…
Diesel se prys word nie gereguleer nie. Vulstasie kan vra net soos hy wil. Eintlik is dit goed. Onder normale omstandighede, dan is die mededinging sterk en pryse goed. Die wat nou die situasie uitbuit, sal dalk vorentoe van hulle lojale kliēnte verloor.
Ek bel Koôp vanoggend om te hoor of daar diesel is. Nee, maar die trok is op pad. So maak ek eers paar draaie net om te hoor die diesel is klaar toe ek daar kom. Hulle het net 10 000l van depot gekry.
Gelukkig kry ek ñ Engen met diesel wat so simpel inrit het wat mense vermy. Kon 100l kry en daar is hulle diesel ook op.
Die boere stockpile so wat hulle kan. Ek sien dit nie as paniek aankope nie maar eerder bietjie voorsorg tref.
Een klomp wat sommer vinnig gaan sukkel is die taxi's. Hier by ons is meestal diesel bussies.
Groot aankope
Ek het ook vanoggend gaan volmaak. Gebruik 'n vulstasie wat baie gewild is onder die boere. Omdat hulle so ruim verkoop, is hulle gewoonlik goedkoper as die riglyn prys. Vandag het ek egter R1.32/l meer betaal.
Opvallend was hoe die manne daar insleep met dieseltenk-waentjies om vol te maak.
Die ouens moet nou net nie gulsig raak en boonop lampolie byvoeg nie.





Kyknet Buite Expo
Vir (Wessel) die van ons wat nie kon gaan nie