Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -8 hours ago
30% November 2026 Geert -15 hours ago
see water November 2026 Geert -15 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

Maart saamgesels

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike
Submitted by Slowstrike on
Forums

Iran & Dubai

Wessel

Ons altwee sit maar benoud en kyk en luister. 

Ons kinders is ook in Dubai. Hulle woon in Damac Hills so 4 km vanaf Dubai se militere lughawe Minad Airbase. Dit maak my meer bekommerd want sou daar na militere basisse gemik word is hulle binne tref afstand.

Hulle vertel dat hulle deurlopend via sms inligting ontvang en op hoogte gehou word van wat aangaan. Daar is selfs beraders wat jy kan bel.

Ek wonder so by myself wat die gevolge sal wees as daar so iets hier moet gebeur. Is die ou strukture van burgerlike beskerming ens nog in plek is daar `n plan a, b of selfs c. Ek dink dit sal totale chaos wees hier.

Groetnis

Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/03/2026 - 06:27

Sjoe Chris, jy moet tog 'n afbraak van daai koste gee. Wat het die koste so hoog opgejaag, arbeid en materiaal wat ;

2 remkabels

2 remskoene is. 

Wat mis ek, behalwe dat ek benoud raak.

Wat jou werkomstandighede aanbetref, het ek nie nou raad nie. Ek wil net sê----moet net nie in hulle hand speel nie. Ek weet dis moeilik, byt vas en bly binne jou posbeskrywing. Trap versigtig, trek handskoene aan vir personeelhantering, en bly konstant weldeurdag [kil] professioneel. 

0

....oor vyftig in die openbare sektor wat al die werk moet doen sonder dat ek ooit weer bevordering of ‘n kerfverhoging gaan kry,.... 

Wildehont, ek ken jou pyn.  Het jy nie gekwalifiseer vir die "early retirement without penalties" nie? Ek het die kans aangegryp en maak Dinsdag klaar na amper 36 jaar diens.  Nou net vir my vrou wag.  Sy kan nou eers met die 2de rollout in die nuwe finansieele jaar aansoek doen. 

Sterkte en byt vas! 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 26/03/2026 - 07:53

Ek het die faktuur tuis gelos maar die twee duur komponente was arbeid en remkabels. Elk in die omgewing van R1700. Ek was onder die indruk dat mens nog kabels vir die AL-KO remme kon kry al is hulle landuit. Die kabels moes blykbaar opgemaak word. Dit het die koste opgestoot. Om sonder remme te ry of met staal op staal sou wel duurder uitgewerk het en veiligheid het nie ‘n prys nie. 
 

Ek neem die raad tov van my werk ter harte. Dis maar my benadering ook. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 26/03/2026 - 09:44

Soos dit oor die afgelope jaar gaan, hou dinge in en om ons huis aan met kalf. Die nuutste breek was die swembadpomp se tydskakelaar. Dit was nog een van daardie met die ronde dial met blou pennetjies wat afgedruk word vir die tye wat die pomp moet aan wees.

Ek het besluit om dit te vervang met een van hierdie wat met WiFi werk. Dis nie goedkoop nie, maar werk baie lekker. Ons huis geyser is ook op so een. Jy stel die tye wat dit moet aan- en afgaan dmv ‘n toepassing op jou slimfoon. Uiteraard moet die toestel binne bereik van jou WiFi wees.
 

Jy kan dit ook aan- of afskakel van enige plek waar jy sein het. Ek skakel bv ons huis geyser af wanneer ons weggaan, en sit dit mbv die toepassing weer aan die oggend wat ons vertrek terug huis toe sodat die water warm is wanneer ons daar kom. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 26/03/2026 - 13:25

Geniet jou nuwe vooruitsig. As ek reg onthou het jy jou eie wit lakens in Marloth. Dit kan ook nogals 'n lekker aftreeplek wees (as die Laeveld - hitte nie saak maak niesmiley)

Ons wag vir nog sulke mooi foto's as 'n vorige keer toe julle in die wildtuin was.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 26/03/2026 - 14:25

Weet Almega jy gaan nie na hulle toe nie?laugh Geniet Marlof...lyk na n lekker plek.
....en geniet jou aftrede

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/03/2026 - 15:11

Ek sien nounet op die internet dat Total 'n landwye opdrag uitgestuur het om diesel se prys met onmiddellike effek te begin verhoog. 

Nou wonder ek, het die invoerders reeds duurder vir diesel begin betaal, en hulle gee dit reeds deur na die eindgebruiker. 

Mag 'n dieselverskaffer meer vra vir diesel, as die regering se riglynprys?? Ek dog dit werk net na die goedkoper kant toe. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 26/03/2026 - 16:01

Die prys word nie gereguleer nie. Hulle kan vra wat hulle wil. Engen het ‘n depot hier waar net grootmaat gebruikers soos langafstand vragmotors mag ingooi. My vriend wat by Diesel Electric werk sê hulle mag ook omdat hulle so baie ry. Daar betaal hulle tans minder as R18/l. Die ander vulstasies in die dorp wissel tussen R18,90 en R22,40.

Ek kon darem nou die Ranger en vier jerry kanne volmaak wat ek by die huis gaan los om te gebruik wanneer ons terugkom. As die verwagte R9,51 onderverhaling van Woensdag af verhaal word spaar ek darem ‘n paar Mandela’s en in my finansiële situasie moet ek elke 10c spaar wat ek kan. Ek sal môre wanneer ons DV in Grootbrak aankom ook dadelik volmaak. 
 

Hopelik skaf die regering die heffing op die brandstof vir ‘n maand of twee af soos hulle tydens Covid gemaak het. Roelof Botha reken hulle sal dalk, en dat die olieprys gou weer behoort te val na die Iran oorlog verby is. Ek hoop hy is reg.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/03/2026 - 16:11

...in Brits verkoop goedkoper diesel aan enige persoon, selfs taxis maak daar vol. 

Vind uit by jou boere-vriende waar jy by 'n kooperasie gereeld kan volmaak.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 26/03/2026 - 16:17

Ons Kaap Agri se Total verkoop ook aan almal, maar hier is goedkoper stasies in die dorp. Die Astron by Jaffe’s Ford waar ek vroeër aangedoen het se diesel is gewoonlik die goedkoopste. Hulle is twee blokke van my kantoor af oppad werk toe, so ek gooi gewoonlik sommer in die oggend daar in. Vanmiddag wou ek kanne volmaak wat die joggie sommer deur die kappie se linkerkantste oopklap luik gedoen sodat dit nie lyk of ek kanne volmaak nie. Vanoggend sou dit nie gewerk het nie. Dis dan te besig daar. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 26/03/2026 - 16:58

Ek het jou inderdaad verwar met iemand anders - dink dit is dan Slowstrike met 'n huis in die bos. Albei het pragtige honde, moenie my kwalik neem nie asb.

Die bedoeling is darem steeds om te sê ek hoop dat jy jou aftrede sal genietlaugh

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 26/03/2026 - 22:07

Total hier by ons het vanoggend meer as R29 gevra vir Diesel. Vanmiddag kry ons n jammer sê WhatsApp op ons gemeenskaps groep van Total garage en het prys terug gebring na normaal 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 26/03/2026 - 22:13

Hoop julle reis veilig môre met die wind van agter. Geniet Dwarswegstrand en onthou ons wat agterbly darem so af en toe. Foto's welkomlaugh

0

Ek het jou inderdaad verwar met iemand anders 

Die bedoeling is darem steeds om te sê ek hoop dat jy jou aftrede sal genietlaugh

laughNee geen probleem nie, Rona.  Ek sou nie omgegee het vir 'n plekkie daar nie.  Baie dankie, sien uit na die volgende hoofstuk in mens se lewe. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 27/03/2026 - 10:57

Veilig sleep en geniet julle vakansie. Ja, ons is uitgehonger hier vir kampeer fotos....sien uit!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus