6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -40 minutes ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -59 minutes ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/03/2026 - 16:42

Ek het gou gaan loer, volgens internet is BVM van 'n 4-wiel Mobi ten minste 2300kg.

Die swaarste Hilux se lisensiegewig is maar 2120kg. Dit beteken dat mens wettiglik nie daardie Mobi met 'n Hilux mag sleep nie. 

Ek wonder hoeveel ander trokkies se lisensiegewig is swaar genoeg.

Om Chris S se vraag te antwoord, die wêreld se boerekinders is te gemaklik, of nie???  

Worcester

Wildehont

Fri, 06/03/2026 - 17:38

Vanmiddag oppad huis toe ry ek agter een van Lekker Campers se VW kampeerwaens. Hier is hulle webwerf met tariewe. Dis nogal duur, maar daar is duidelik ‘n mark daarvoor. Ek sal eerder in my eie wa wil slaap en my eie eetgerei gebruik, maar as jy nie een het nie en ook nie ‘n sleepvoertuig nie is dit ‘n opsie. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/03/2026 - 18:25

Dankie Chris, dit lyk na aangewese opsie as my seun wel uit Dubai kan kom, vir 'n kuier. Pryse lyk aansienlik beter as die 4x4 huurvoertuie.

Amper al vergelykbaar met Kruger chalet, wat dalk nie beskikbaar gaan wees op kort kennisgewing nie. Dan kamp ons maar saamlaugh

Pretoria

Geert

Sat, 07/03/2026 - 03:22

Ek het al heelwat van hierdie maatskappy se voertuie in wildtuin gesien. Ons het 2 jaar terug langs een van hulle Suzuki bussies gekampeer. Kom saam met alles wat nodig is vir kampeer

 

Kitted With Everything You Need

Comfortable easy-pitch tent, mattresses, sleeping bags, blankets, pillows, towels, LED light, camping chairs and camp tables.

Fridge, stove, pots, pans, cutlery and crockery, coffee press, mugs, travel mugs, glasses, wine glasses, collapsible basin, washing and drying cloths, etc.

https://kittedafrica.com…

Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/03/2026 - 08:44

...dankie, ek het hulle vanoggend gekontak. Hulle bedryf hulle verhuring slegs vanaf Nelspruit lughawe. 

Mens kan hulle voertuie kies, ingerig volgens kampering of slegs vir chalet/safaritent oornag opsies..  

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 07/03/2026 - 09:35

Ek beplan mos (aag, dis lekker!) om dalk in 2027 in Namibië te gaan toer met my karavaan. Maar daar is sóveel plekke in die noorde wat nie met 'n padkaravaan bereik kan word nie. Daarom dink (slegs dink) ek daaraan om 'n 4x4 Camper in Windhoek te huur om dié plekke in die noorde te besoek waar ek nie andersins kan by uitkom nie. Daarom het ek begin voelers uitsteek na verhuringsmaatskappye om 'n idee te kry van kostes. Ek wag vir terugvoering.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/03/2026 - 10:14

Chris daar is baie firmas wat 4x4 met daktent verhuring doen. ek het ook voelers uitgesteek en was geskok verbaas. 

Sommige wil net verhuur vir meer as 7 dae. Dan is die pryse bietjie duur vir my. tot R5000/dag!!!

Dalk moet jy sommer uitvind of jy net 'n daktent in Windhoek kan huur. 

Nog beter, sit tuis 'n dakrak op die kappie. Ry jou eie tent en paar ekstra goete saam. Jy vat tog die gazebo, 2 stoele saam. Jy is klaar toegerus met koel/vrieskas agterop bakkie, en dit is 4x4!!! Dan hoef julle NIE trappies te klim na slaapplek nie.

Heel moontlik baie goedkoper as om 4x4 met tent daar te huur???

Sal later faktuur vir konsultasie stuurlaughlaugh

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 07/03/2026 - 10:56

So kry ek vanoggend my eerste kwotasie vir 'n 4x4 Toyota Navi vanaf einste Britz in Windhoek. Dit gaan my meer as R2000 per dag kos - darem onbeperkte kilimeters. Maar dan moet ek nog kampeerfooie en brandstof betaal. Dan kan ek maar amper netsowel in vaste akkommodasie gaan bly.

Jy maak 'n sinvolle voorstel Wessel. Ek kan nie indink dat dié twee oumense nog gaan kans sien vir trappies op- en afklim met 'n daktent nie. En buitendien - wat gemaak met die ou twee swak blase in die nag. Ek kan nog Wildehont se plan gebruik ('n tregter in 'n pyp na 'n opvanghouer na ondertoe), maar wat van die antie.

Ek sal maar verder dink. Ek het reeds die gebruik van my huidige "dome tent" oorweeg. Daarin kan ek darem die Porta Potti plaas. Dalk die beplande enkelnagte maar eerder in vaste akkommodasie oorbly. Maar daar is darem nog baie tyd vir oordink.

Worcester

Wildehont

Sat, 07/03/2026 - 16:06

Ek kan nog Wildehont se plan gebruik ('n tregter in 'n pyp na 'n opvanghouer na ondertoe), maar wat van die antie.

Vir die dames is daar die Shewee.
 

A 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 07/03/2026 - 19:07

My vrou bejeën hierdie affêre met baie groot skeptisisme

Nietemin reken ek om op en af te klim na en van die daktent af, is nie vir ons (teen daardie tyd 73-jariges) bedoel nie. Allermins vir die antie, met haar baie gevorderde osteoporose, wat nie durf val nie.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/03/2026 - 06:31

Pragtige waens, seker ook gehalte, maar rerig vir die bos???

Happy wife====happy life

Kom teen 'n prys. Ek sien die ene in titel, en in bostaande video se prys begin op MR1.2

Ek sal gaan kyk na die GHARI 3.7 model. Dit het 'n BVM van 1900kg, dus kan/mag  Grompie dit sleep.

Hierdie reeks waens is almal konvensionele staandakke, met minimum stoorplek hoogte  van 2.4m. 

Ai tog, nou pas dit nie in my beursie, en ook nie onder my staanplek nielaugh

 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/03/2026 - 13:07

Ek sien die nuwe Gecko Extreme MAX is die naweek bekend gestel op Malmesbury skou. Kon nog nie veel vind/ sien van hom nie.

Wat ek wel kon vind, dui op veel groter wa,

die as-lading is verhoog na 3000kg 

wiele vergroot na 17duim vellings

prys spring na ~ kR1000. Dit sluit baie in, lugreeling, movers, koel/vrieskas en splinternuwe elektriese stelsel met 700watt sonpanele op die dak.

Hopenlik behou hulle die intree model vir ons armgatte met die intreevlak Hiluxecrying 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/03/2026 - 08:19

....die nuwe toevoeging tot die Gecko reeks boswaens. Julle kan daarna gaan kyk en lees op hulle webblad, en dan as volg;

klik op spec sheet

klik op Gecko extreme Max

Daar is 9 fotos wat elkeen vergroot kan word deur daarop te tik. Die wa is omtrent reeds standaard ten volle toegerus, maar gaan 'n beursie ten volle leegmaak.

Afgesien van die skuif na boswaens in die mark, is daar boonop 'n skuif na super luukse boswaens. Selfs met 12V gedrewe lugreeling. 

 

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/04/2026 - 17:51

Ek dink die ou wa maak 'n paar van die hedendaagse boswaens se naam krater. Dit is verstommend dat daai "padwa" se konstruksie, sy toere so gemaklik oorleef. Ek twyfel of vandag se padwaens daardie toets sal slaag.

Die video is mooi advertensie vir Toyotas, veral ou Prado's. Ek wonder wat is alles "non standard" aan sy Prado.

Hy het 'n baie geldige punt, ou [goedkoop] wa en sleepvoertuig, en mens kan onbekommerd maar paar krappe optel, en aanpassings maak.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 11/04/2026 - 11:07

..............dis nou maar niks anders nie as 'n feit en dit was nie net Jurgens nie, maar ook Sprite en Gypsey.  Teen die tweede helfte van 1969 koop ek en Annatjie ons eerste karavaan, 'n piep-klein Sprite GT met 10" wieletjies ! Hierdie GTjie is nog destyds deur CI (Caravans International) in Pinetown gebou.

1969 was vir my 'n besonderse jaar, ek is in daardie jaar as 22-jarige getroud met 'n 21-jarige meisie, ek is in my Volkskas loopbaan bevorder tot een van 7 gesogte assistente van 'n bankinspekteur, ek koop vir ons my eerste karavaan en ons vertrek uit Pretoria na die destydse Suidwes-Afrika waar ek my inspekteur moes bystaan om 8 Volkskas takke te oudit.

Verskoon tog maar as ek hier en daar iets herhaal wat sommige lesers alreeds weet, maar hierdie "reuse" 10' karavaantjie het ek met my 1200cc Ford Anglia motortjie gesleep oor berge en dale, waar talle paaie grondpaaie was.  Die spulletjie was swaar gelaai want ons het permanent getoer en al ons besittings was in hierdie kombinasie gelaai.  In daardie jare was daar nog geen teerpad-verbinding tussen SA en SWA nie en ons het vanaf Prieska tot in
Karasburg op grondpad gesleep ! Ons moes ook vanaf die lughawe buite Windhoek grondpad  sleep tot in Gobabis en 10 dae later weer dieselfde pad terug !  En in die volgende jaar moes ons die grondpad tussen Aliwal-Noord en Barkly-Oos teen die berge van daardie omgewing uit, in snerpende koue en sneeu.

Die punt wat ek by probeer uitkom, is dat daardie klein Sprite GT nooit ooit vir ons in diesteek gelaat het nie, selfs nie eers 'n papwiel gehad nie en ons het nooit eers 'n stof-probleem ervaar nie.

 

.

Die grondpad tussen Prieska en Karasburg.

........

Bo-op die Long Tom pas.

.

Oppad Barkly-Oos toe, doer in die berge in, kon nie die bult uitkom nie en die padskraper moes kom help :-

.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus