6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -58 minutes ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Het die Hi Lux traction… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Neef kla nie oor die groen… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -3 hours ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/04/2026 - 09:45

...dankie vir die mooi foto's. 

Ek wonder wanneer gaan Parkeraad besef hulle het RERIG 'n olifante probleem. 

dit gee nuwe betekenis van gesegde " daar is 'n olifant in die vertrek", ontleen aan seker die oorspronklike engelse uitdrukking, "the elephant in the room" waaroor liefs nie gepraat word nie.

Kaap

Goeie Hout

Fri, 10/04/2026 - 14:01

Ek raak ook mal as die mense nie kans gee vir n mens.  Ek is geleer en my Navigator het my getime.  5 fotos en dan beweeg jy aan.

Dankie vir fotos.

Sterkte

Worcester

Wildehont

Mon, 13/04/2026 - 09:24

Op die webwerf van Berg 4x4 rentals adverteer hulle ‘n dubbelkajuit 4l V6 Hilux met daktente vir onder R1000/dag. Toe ek egter ‘n kwotasie versoek skiet dit op na amper R1600/dag want die tente en toerusting was nie ingesluit by die geädverteerde prys nie. Hulle is ook in Kaapstad, so die heen en weer vervoer van die voertuig maak dit onbekostigbaar.
 

Die enigste alternatief wat dalk bekostigbaar kan wees is om te vlieg, ‘n medium SNV te huur en in Marlothpark ‘n huis te huur vir so tien dae. Ek was al ‘n paar keer daar en al is dit bosveld en kan mens by Krokodilbrug ingaan vir dagbesoeke hou ek nie van die diere wat so mak geraak het omdat almal vir hulle perdekos uitsit nie. Hulle raak amper opdringerig.
 

Ek moet teen 24 April die laaste amper R1300 betaal om ons Krugerwildtuin bespreking te bevestig, en dan moet ek voor einde Mei die finale besluit neem oor die toer. Ek sal maar wag en kyk wat die dieselprys vooruitskatting is vir Junie. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/04/2026 - 09:38

Erens op die forum is info oor besigheid wat voertuie verhuur, vanaf Nelspruit lughawe. Dit het nogal bekostigbaar gelyk. 

Soek onder Februarie saamgesels, ek het op hulle afgekom toe my Dubai kinders dalk wou kom kuier.

As Trompie met sy bollie aanhou, soos om self Hormoes totaal te blok, gaan olieprys nog hoër word.crying

Sien nou Mnr Boucher praat van 'n padstal op sy draad oor Romenië.  Het nou die dag by Joubert & Seuns padstal gestop oppad Marloth toe.  Dis nou ook 'n oulike winkel.

Pretoria

Geert

Mon, 13/04/2026 - 12:50

Vriende het gister plek gekry vir Julie skool vakansie in 4bed tenthuis in Skukuza. Ons het begin laas maand lekker daar gebly...is in kampeer area Jy het darem yskas en waaier en beddegoed 

Pretoria

Geert

Mon, 13/04/2026 - 13:01

Vir ons die lekkerste vaste verblyf en waarde vir geld in KNP is Lower Sabie se 4-bed hutte. Daar is aircon, yskas, kombuisie met eetgery en glase....baie gesellig. 

Pretoria

Geert

Mon, 13/04/2026 - 13:04

Marlof is nice, maar ek het nie die geduld om elke oggend in n ry te staan om by Krokodilbrug in te kom nie. Ons het al Julie vakansie by Krokodilbrug gekampeer....rye en rye, soms sluit hulle oor kwota bereik

Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/04/2026 - 14:32

....kyk hierbo na Geert se inset "Wessel verwys". Dit is presies waaraan ek gedink het.

Dankie Geert smiley

Worcester

Wildehont

Mon, 13/04/2026 - 16:12

Dankie Wessel, maar as ons nie Krugerwildtuin toe kan gaan nie sal ek maar eerder kanselleer. Dit gaan ‘n reuse uitgawe bly om te vlieg, ‘n kar te huur en verblyf buite die wildtuin te betaal. Dit gaan my maklik R28k uit die sak jaag (‘n bietjie meer as wat diesel my sal kos met die Ranger teen R30/l gemiddeld). 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 13/04/2026 - 18:14

Die Suzuki Jimny huur, met die akkomodasie betaal, en vlieg vanaf Kaapstad, klink regtig nie te rof nie.

As ek nou Wessel se skuiflineal gaan uitkrap wonder Neef regtig wat die antwoord sal wees.

1. Jurgie sleep teen 7km/ l vir 3000km heen en weer. Oorslaap 3 keer op en 3 keer af. Kampsite kostes vir sè14 dae.

2. Vlieg vanaf Kaapstad R4000.00 retoer per persoon tot by Skukuza. Jimny vir R1500.00 per dag, tent of rondawel klaar betaal. 

Die daaglikse rondry kostes sal sê maar dieselfde bly tussen 1 en 2. Eet en drink bly  maar dieselfde. Ja die sleep  het maar maaltye meer. En moet dalk bietjie penaliseer word vir die stress van die lang pad vir oupa.

Wonder wat sal die beste besluit wees. Wessel, wat dink jy.

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/04/2026 - 19:43

...vir 2 persone kan dit dalk 'n oorweging wees. 

Mens sal egter deeglik jou skuifliniaal huiswerk moet doen. Die koste verbonde aan beide opsies sal in redelike detail bereken moet word. 

Opsie 1: Onthou deur die regte tyd te kies, kry ons oumense 40% af op kampeerkoste. Dit maak groot verskil. Sal moet kyk of Kruger se tente en rondawels ook afslagtyd het. My 21 aande in afslagtyd kos my volgende maand R8013 in totaal. Sommer om 'n goeie idee te kry van afslag-tariewe.. 

Opsie 2: die verskillende huisvesting opsies moet oorweeg word, en ook wat ingesluit is by die Jimney se daaglikse fooi. Selfs die rondawel verblyf, en gebruik van sentrale ablusie, kan 'n goeie opsie wees. As mens kamp, gebruik mens ook maar 'n ablusieblok. 

Soos jy tereg noem, opsie 2 kan moontlik die meer ontspannende keuse wees. Geen bekommernis oor verkeer, en teëspoed. al wat mens opoffer is al jou katoeters en geriefies betreffende kosmaak.  

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 13/04/2026 - 21:56

Dankie Geert, dit klink na iets wat mens heel opgewonde kan kry. Ek kom egter net sover as die trein op die Selatibrug (kort FB), maar kan nogals 'n prentjie voorstel.

Ek het 'n lang storie hier getik, net om te dink dat dit nuttelose inligting is en dit sodoende weer uitgevee. Kort en lank daarvan is dat ons vir meer as twee weke nou al aan-en af gedink het om nie meer wildtuin toe te gaan nie. Dit het niks met die dieselprys te doen nie en die huwelik hou ook nog. Huurders wil nog 'n jaar huur maar daar is 'n kinkel.....

So was Daan se tuinman vanoggend hier. Toe ek weer sien is my bussie uitgetrek en dié twee is met 'n spoed besig om hom te was. Vra ek wat die geleentheid is, moes ek hoor "ons gaan wildtuin toe". Net daar het ek besluit om nie teen die prikkels te skop nie - ons gaan... Môre moet hier wondere gebeur as ons oormôre in die pad wil val.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/04/2026 - 06:43

...ek sien uit na lekker insette oor julle wildtuin vakansie. 

Los die prikkels by die huurders en geniet die wille tuin.

Pretoria

Geert

Tue, 14/04/2026 - 06:53

Luister vir Daan en klim in die bus🤣. Sien uit na jul wildtuin vertellinge

Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 14/04/2026 - 08:02

Hi Rona, met so n offer moes jou klere en beskuit en die koffie reeds klaar in die bus gewees het nog voor Daan die bus weer ingetrek het. Gaan geniet dit leeu uit die bos uit of is dit hond uit n bos. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus