Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou.
Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.
Kyk die ou
Klim sommer uit by die leeus om ‘n beter foto te kry
Gee betekenis aan die…
Gee betekenis aan die stelling "met die leeu se kn$t^3s speel"![]()
Rona
Rona...so n lusmakertjie, pragtige leeu sighting op Olifants brug
Huur is toe duurder as geädverteer
Op die webwerf van Berg 4x4 rentals adverteer hulle ‘n dubbelkajuit 4l V6 Hilux met daktente vir onder R1000/dag. Toe ek egter ‘n kwotasie versoek skiet dit op na amper R1600/dag want die tente en toerusting was nie ingesluit by die geädverteerde prys nie. Hulle is ook in Kaapstad, so die heen en weer vervoer van die voertuig maak dit onbekostigbaar.
Die enigste alternatief wat dalk bekostigbaar kan wees is om te vlieg, ‘n medium SNV te huur en in Marlothpark ‘n huis te huur vir so tien dae. Ek was al ‘n paar keer daar en al is dit bosveld en kan mens by Krokodilbrug ingaan vir dagbesoeke hou ek nie van die diere wat so mak geraak het omdat almal vir hulle perdekos uitsit nie. Hulle raak amper opdringerig.
Ek moet teen 24 April die laaste amper R1300 betaal om ons Krugerwildtuin bespreking te bevestig, en dan moet ek voor einde Mei die finale besluit neem oor die toer. Ek sal maar wag en kyk wat die dieselprys vooruitskatting is vir Junie.
Nelspruit verhuurders
Erens op die forum is info oor besigheid wat voertuie verhuur, vanaf Nelspruit lughawe. Dit het nogal bekostigbaar gelyk.
Soek onder Februarie saamgesels, ek het op hulle afgekom toe my Dubai kinders dalk wou kom kuier.
As Trompie met sy bollie aanhou, soos om self Hormoes totaal te blok, gaan olieprys nog hoër word.![]()
Sien nou Mnr Boucher praat…
Sien nou Mnr Boucher praat van 'n padstal op sy draad oor Romenië. Het nou die dag by Joubert & Seuns padstal gestop oppad Marloth toe. Dis nou ook 'n oulike winkel.
Wessel verwys?
Verwys jy na hierdie Wessel?
Skukuza tenthuis
Vriende het gister plek gekry vir Julie skool vakansie in 4bed tenthuis in Skukuza. Ons het begin laas maand lekker daar gebly...is in kampeer area Jy het darem yskas en waaier en beddegoed
Lower Sabie
Vir ons die lekkerste vaste verblyf en waarde vir geld in KNP is Lower Sabie se 4-bed hutte. Daar is aircon, yskas, kombuisie met eetgery en glase....baie gesellig.
Chris S....
....kyk hierbo na Geert se inset "Wessel verwys". Dit is presies waaraan ek gedink het.
Dankie Geert ![]()
Dankie maar
Dankie Wessel, maar as ons nie Krugerwildtuin toe kan gaan nie sal ek maar eerder kanselleer. Dit gaan ‘n reuse uitgawe bly om te vlieg, ‘n kar te huur en verblyf buite die wildtuin te betaal. Dit gaan my maklik R28k uit die sak jaag (‘n bietjie meer as wat diesel my sal kos met die Ranger teen R30/l gemiddeld).
Die Suzuki Jimny huur, met…
Die Suzuki Jimny huur, met die akkomodasie betaal, en vlieg vanaf Kaapstad, klink regtig nie te rof nie.
As ek nou Wessel se skuiflineal gaan uitkrap wonder Neef regtig wat die antwoord sal wees.
1. Jurgie sleep teen 7km/ l vir 3000km heen en weer. Oorslaap 3 keer op en 3 keer af. Kampsite kostes vir sè14 dae.
2. Vlieg vanaf Kaapstad R4000.00 retoer per persoon tot by Skukuza. Jimny vir R1500.00 per dag, tent of rondawel klaar betaal.
Die daaglikse rondry kostes sal sê maar dieselfde bly tussen 1 en 2. Eet en drink bly maar dieselfde. Ja die sleep het maar maaltye meer. En moet dalk bietjie penaliseer word vir die stress van die lang pad vir oupa.
Wonder wat sal die beste besluit wees. Wessel, wat dink jy.
Herman...
...vir 2 persone kan dit dalk 'n oorweging wees.
Mens sal egter deeglik jou skuifliniaal huiswerk moet doen. Die koste verbonde aan beide opsies sal in redelike detail bereken moet word.
Opsie 1: Onthou deur die regte tyd te kies, kry ons oumense 40% af op kampeerkoste. Dit maak groot verskil. Sal moet kyk of Kruger se tente en rondawels ook afslagtyd het. My 21 aande in afslagtyd kos my volgende maand R8013 in totaal. Sommer om 'n goeie idee te kry van afslag-tariewe..
Opsie 2: die verskillende huisvesting opsies moet oorweeg word, en ook wat ingesluit is by die Jimney se daaglikse fooi. Selfs die rondawel verblyf, en gebruik van sentrale ablusie, kan 'n goeie opsie wees. As mens kamp, gebruik mens ook maar 'n ablusieblok.
Soos jy tereg noem, opsie 2 kan moontlik die meer ontspannende keuse wees. Geen bekommernis oor verkeer, en teëspoed. al wat mens opoffer is al jou katoeters en geriefies betreffende kosmaak.
Leeus op/by Olifantsbrug
Dankie Geert, dit klink na iets wat mens heel opgewonde kan kry. Ek kom egter net sover as die trein op die Selatibrug (kort FB), maar kan nogals 'n prentjie voorstel.
Ek het 'n lang storie hier getik, net om te dink dat dit nuttelose inligting is en dit sodoende weer uitgevee. Kort en lank daarvan is dat ons vir meer as twee weke nou al aan-en af gedink het om nie meer wildtuin toe te gaan nie. Dit het niks met die dieselprys te doen nie en die huwelik hou ook nog. Huurders wil nog 'n jaar huur maar daar is 'n kinkel.....
So was Daan se tuinman vanoggend hier. Toe ek weer sien is my bussie uitgetrek en dié twee is met 'n spoed besig om hom te was. Vra ek wat die geleentheid is, moes ek hoor "ons gaan wildtuin toe". Net daar het ek besluit om nie teen die prikkels te skop nie - ons gaan... Môre moet hier wondere gebeur as ons oormôre in die pad wil val.
Hi Rona, met so n offer moes…
Hi Rona, met so n offer moes jou klere en beskuit en die koffie reeds klaar in die bus gewees het nog voor Daan die bus weer ingetrek het. Gaan geniet dit leeu uit die bos uit of is dit hond uit n bos.





Groot G...
...dankie vir die mooi foto's.
Ek wonder wanneer gaan Parkeraad besef hulle het RERIG 'n olifante probleem.
dit gee nuwe betekenis van gesegde " daar is 'n olifant in die vertrek", ontleen aan seker die oorspronklike engelse uitdrukking, "the elephant in the room" waaroor liefs nie gepraat word nie.