Nou chip ek in tussen al die ander kampeerder, ons kry ook n beurt. Ons beplan om nou Mei maand in Montagu te gaan kamp en om lekker te gaan rus. Die laaste 18 maande was rof hier by ons met geen kampe nie, daarom nou my beurt. Gaan sommer die 30 dae bejaarde opsie vat. Gaan maak soos ChrisB, gaan niks doen nie en as ek moeg word sommer net slaap en weer niks doen. Dit sal my die eerste paar dae besig hou. Sal dan iets anders soek om saam met niks te doen.
En daar drul ek die "save"…
En daar druk ek die "save" knoppie En moet nou hier verder gaan, darem nie weg nie. Ons was nog nie in daar nie en verstaan daar is genoeg wyn en droë vrugte in die kontrei. Ek moet dan ook 2 keer om die kerk gaan ry in elke dorp waar ons gaan kuier.
Ons het die helfte van die maand tarief klaar as deposito betaal en moet ander betaal met aankoms. Sal dan daar by die kooperasie gaan volmaak voor prysverhoging in Mei, Dan is dit weer op top om terug te kom. Dalk sit daar n paar ander bejaardes op die kooperasie se stoep en wissel hul gedagtes om die tyd om te kry. Dit gee ons dan so 2 weke om karavaan weer mooi skoon te maak en alles te inspekteur vir kamp gereedheid, lekker vooruitsig wat wag met n hanepoot vir die koeler aande. Groete tot later
Cape dry se eetplek
Johan, onthou net dat as julle dalk by Cape dry se eetplek wil gaan eet, hulle bedien sonder om te sê knoffel oor die vark tjops. !!!!! Kan jy nou meer.
Vind by plaaslike mense uit van lekker eetplekke. Ek dink dat die trekkerrit bergop, ook 'n potjiekos-ete bedien.
Dankie Wessel, nou hoekom…
Dankie Wessel, nou hoekom nie n bietjie knoffel saam die vark tjoppie nie. Solank hy gebak en nie gekook is nie, is hy spoggerig. Ons sal maar deur die dorpie stap en kyk wat gebeur waar met wat en dan n besoek aflê.
Ek lees nou weer jou Cape…
Ek lees nou weer jou Cape dry sin en kry die gedagte van gedroogte vrugte met n knoffel sousie op die gebakte vleis kan mooi loop. Let wel, matig tot min knoffel vir geur sal werk. Net nie n ton knoffel wat jou vir n week laat vrot nie
Wie laat hom ...
... dan afsit van 'n bietjie knoffel? Praat van lekker!!
Ek kan my nie uitlaat oor Cape Dry Bistro se varktjops nie. Maar hulle bedien 'n knap ontbyt.
Pasop eerder vir die pofadders langs die braaiplek.

As jy baie knoffel op…
As jy baie knoffel op eenslag eet kan jy seker n pofadder ook vang.
Wel ...
... ek het daardie een gevang en toe groot akkies die volgende oggend gehad. Die ou toe mos in 'n emmer gesit met 'n plastiekkom bo-op en 'n klip in die kom vir gewig. Agter in die Hilux se bak gesit om die volgende oggend iewers te gaan vrylaat. Maar toe "klim" die ou mos oornag uit die emmer uit en gaan skuil agter die karavaan se spaarwiel in die bak. Moes die plaaslike slangvanger (Gerrie Heyns) laat kom om die ou tussen al die tentsakke agter in die bak te soek.
Uiteindelik kos my brawe gebaar om die pofadder genadig te wees my toe R400.
Goeie hout...
....gaan gerus soheentoe. Ons was ook in Montagu, en het geen slange op staanplek gehad nie.
Dalk moet jy net sorg om saam met Chris B te gaan, en dan hou jou bakkie en kappie gesluit![]()
Droë wyne...
As ek so lees en luister vir julle, klink dit vir my maar droog in Montagu. Al die wyne is maar n droë afvere en gaan nie by my pas nie, maar ek sal gaan proe en kyk wat is beskikbaar, hou meer van n semi soet wyntjie en so af en toe sommer net n soete ook daarby. Selfs n bier is vir my te bitter en geniet n Shandy as ons klaar opgeslaan het. Dalk is ek die droë vervelige outjie (ha haha)
Lapskag...
....as jy hou van soetwyn moet jy Weltevrede kelders op Bobbievale se Muskadel gaan proe. Ek dink die rooi en witte word Oupa en Ouma se wyn onderskeidelik genoem.
Robertson kelders het 'n witwyn, Natural Sweet, dit smaak soos stroop. Kan dit in dosies ook koop.
Dankie Wessel, ek sal maar n…
Dankie Wessel, ek sal maar n paar wyn proe trippies moet doen, net nie almal op eendag nie. KWV het n Pearly Bay ene gemaak wat ons baie geniet het maar maak nou net die rosé en n droë ene. Het n baie lekker druiwe smaak gehad en nie ander tierlantyntjies nie
Smaak soos stroop....
...verwys na soet, nie hoe dit proe nie. Oupa en Ouma wyn is regte "dessert" wyn, of soos verwys word as nagmaalwyn.
Wimpy ontbyt...
Nou dat ChrisB so lekker rustig ry en Wimpy ontbyt langs die pad eet, begin ons ook uitsien na ons paar dae in Montagu. Dit sal dan ook begin met koffie langs die pad, sommer oor die eerste bult, en dan n lekker ontbyt by die Wimpy in Plettenbergbaai. Lekker rustig voortry en dan weer n ietsie by die Wimpy pitstop by Mosselbaai. Teen daai tyd behoort ons baie opgewonde te wees vir kamp dat ons dan deur ry tot in Montagu om te kan kamp opslaan en agteroor te kan sit. Die hele kamp op slaan behoort soo n uur te vat dan kan ons mos n Shandy vat dat hy val waar hy wil
Lapskag...
...ek lei af jy gaan nie by George oor die berg en dan R62 na Montagu nie.
Oorweeg om by Buffeljagsrivier af te draai en met Tradouwspas na Barrydale te ry, en dan Montagu toe. Natuurskoon is pragtig.
Die Tradouw pas......
Die pas lyk baie indrukwekkend dankie Wessel. Ek gaan by my beplande roete bly vir nou en dan die pas gaan besoek met n dag uitstappie en n piekniek mandjie. Dan kan ek mos rustig alles bekyk sonder om te stres of ek kan stop met die karavaan. Sal ook onthou van om die kerk ry, of sommer op die stoep gaan sit met n koffie saam die koster, wat op sy beurt kan verslag doen.
Datums
Lapskag - jy't nog niks genoem van jou beplande datums gedurende Mei in Montagu nie - nie dat ek vir julle kan kom kuier nie, want dié 2 oumense loop mos weg tot mid-Junie. Dit sou lekker gewees het om julle weer 'n slag te sien, maar ek vra sommer uit nuuskierigheid.
So n bietjie vergeet van...
Hi Chris, ja ek sien ek het n bietjie vergeet van daai ene. Ons het sommer van Vrydag 1 Mei geboek vir 30 dae en sal dan Sondag 31 Mei weer vertrek. Die plan is om N2 te ry en by Swellendam weg te draai as ons gaan, saam met n Wimpy ontbyt en dan met die R62 terug te kom via Oudshoorn. Ek sien in Oudshoorn is ook n Wimpy, of dalk by klein Paradys oor te slaap en Maandag terug kom. Slaap en beplan nog oor daai laaste deel.





Jy't die regte ingesteldheid
Gaan geniet Montagu. Wonderlike park, mooi dorpie en baie lekker dinge om te doen as jy keelvol raak van niksdoen. En naby genoeg om daguitstappies na ander omliggende dorpe te doen. Alhoewel ek nog nooit die maandkamp-ding in Montagu gedoen het nie, reken ek dit is 'n uitstekende oord vir afgetrede mense om dit wel te gaan doen.