Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -7 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -8 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -8 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -8 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -8 hours ago

Kuier in Montagu

Jeffreys baai
Submitted by Lapskag on
Forums

Nou chip ek in tussen al die ander kampeerder, ons kry ook n beurt. Ons beplan om nou Mei maand in Montagu te gaan kamp en om lekker te gaan rus. Die laaste 18 maande was rof hier by ons met geen kampe nie, daarom nou my beurt. Gaan sommer die 30 dae bejaarde opsie vat. Gaan maak soos ChrisB, gaan niks doen nie en as ek moeg word sommer net slaap en weer niks doen. Dit sal my die eerste paar dae besig hou. Sal dan iets anders soek om saam met niks te doen.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 23/04/2026 - 07:51

Ja, daar's etlike Wimpy's tussen George en Swellendam - verder ooswaarts daar in julle rigting ken ek nie. Maar die volgende het ek al almal getraai - George (by Garden Route Mall), Mosselbaai (naby Mossgas) - een wat ons altyd geniet en wat lekker parkering vir 'n sleepkombinasie het, Riversdal (parkering 'n probleem), Heidelberg (ook 'n goeie een) en Swellendam (in die dorp).

Ai man - klink lekker om vir 30 dae lekker weg te breek. Ek vertrou die weer gaan lekker saamspeel - en indien nie, dan maak julle dit lekker. Weereens - jammer om julle te mis.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/04/2026 - 08:48

Dis nou te laat, maar eintlik moes julle die maand vakansie met 'n paar dae by Bontebokpark-Swellendam begin het, en dan na Montagu aangeskuif het. 

Dalk net te vêr vir 'n dagbesoek van Montagu af. 

0
Sandbaai

maurits1

Thu, 23/04/2026 - 10:48

Ons gaan eersdaags ons jaarlikse kerk kamp weer daar hou. Daar is alles vir die ou mense om te doen en natuurlik die lekker wynproe ook. Ek wonder of my 2.7 Hilux nie groter risiko is as julle diesel bakkies met die pryse wat so styg. Asseblief mense n Wimpie kan nie vergelyk met n koue hoenderboutjie , n eier , lekker vars bruin boodjie en n skukkie wors iewers langs die pad nie. n wegneem koffie van Steers of Wimpie smaak nog lekker maar die Wimpie gaan ek verby!. Maurits

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/04/2026 - 11:05

....ek weet ook nie waarom baie so gaande is oor "kafee" kos nie. Ek smul ook baie lekker aan ons eie padkos, soos koue skaapboud skywe, frikkadelle, eiers en wors, afgerond met brood-kaas en perske konfyt. Fles met eie boertroos, hetsy egte moerkoffie as vertrekpunt die huis was, of anders Nescafe classic.

 Gawe kerkkamp waar wynproe op die agenda is. laughlaugh

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 23/04/2026 - 11:21

Lapskag, ons het nou twee Wimpys hier!. Een is in ons spliternuwe Mall. Daar is klomp winkels selfs ñ Woolies vir die foodies. Daar is n groot parkeer terrein, jy sal maklik parkeerplek kry.

Dan..die Mug&Bean se brekfis het ñ Croque Monsieur op die spyskaart. Probeer dit gerus. 

Daar is ñ goeie kans dat ons 2de helfte van Mei Montagu sal aandoen. Sal kontak maak dan drink ons koffie erens. Die bestuur laat nie kuiergaste daar toe nie. En effe onbeskof met die afdwing. 

 

 

 

 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 23/04/2026 - 12:32

... dat smaak en keuses verskil. Ek lief 'n Wimpy Big Cheese Burger. Ek lief 'n Wimpy Mega Breakfast. Ek drink graag hulle koffie, maar swart met die melk apart (vir my smaak gooi hulle té veel melk by).

Tuisgemaakte padkos - lekker!! Maar vir my is daar niks fout met 'n ete by 'n Wimpy nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/04/2026 - 13:36

Nee wat ek gesels sommer saam. Ons koop ook 'n eetdingetjie [wegneem] en verorber dit by die woonwa. Ek sukkel met vertroue in medemens om woonwa, bakkie en inhoud alleen in parkeerterrein te los.

Dit kos oefening om met winterkoue bewe by Milly's nie jou vingers raak te hap nie.laugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 23/04/2026 - 17:32

In 2021 het Lapskag en Nellie ons ingewag by die Wimpy langs die N1 in Bloemfontein waar ons 'n lekker gesellige ontbyt gehad het - en bederf is met 'n moerske klomp tuisgebakte koekies wat só lekker was tydens die res van ons vakansie.

En die samesyn was só lekker dat Lapskag aangedring het daarop dat ons met die terugkeer huistoe, weer mekaar by die Wimpy ontmoet (net aan die anderkant van die N1) vir nogmaals 'n gesellige samesyn.

Nou vir 'n bietjie van die Montagu-onderwerp af. As ons Hentiesbaai toe gaan, pak die vrouens vir ons lekker padkos in wat gewoonlik iewers tussen Vanrhynsdorp en Springbok geniet word - met die klem op GENIET. Maar die volgende dag, na ons oornag by Grünau, is die Wimpy net voor Keetmanshoop ons manne se redding. En die daaropvolgende oggend geniet ons gewoonlik Arebbusch Lodge se buffet-ontbyt.

Met die terugkeer is dit gewoonlik 'n wegneem Spur-burger by Mariental, want ons is gedruk vir tyd vir ons oornagstop by Noordoewer. Maar die volgende oggend, op ons laaste been huistoe, is Klawer se Wimpy weer ons mae se redding.

Nee mense - 'n lekker fris Wimpy ontbyt bly maar lekker.

Lapskag - geniet jou Wimpy-ete op pad Montagu toe. Ek en Ralie het met ons trip Pretoria toe lekker ontbyt geëet by Wimpy's in Colesberg, Kroonvaal, Klerksdorp en Laingsburg. Ons ander ontbyte (almal lekker aansit-etes) was by Veldskoen- en Kambro Padstalle. Beide laasgenoemde is aan te beveel indien jy ooit hierdie roetes ry.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 23/04/2026 - 21:34

Nou verstaan julle hoekom ek so rond is, al die lekker eet. Vir ons is dit lekker om vakansie met n Wimpy ontbyt te begin, dalk eerste dag of n dag of wat later. By die kamp is dit n heel ander eet plan. Ons maak ook n fles vol moer koffie wat ons geniet sommer so in die ry, net so 3 tot 4 slukke op n slag. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 23/04/2026 - 21:48

Daar sal beslis n wynproe iewerste ingewerk word (en dan by die karavaan gaan sit en slinger). 

Neef Herman, n koffie saam julle sal n groot lekkerte wees, ons sal praat met die tyd. Dankie vir die laat weet. 

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 24/04/2026 - 07:45

Ek geniet alby.  So die eerste 2 dae is dit pad kos soos eiers, broodjies, wors, frikadelle en hoender vlerkies.

Daarna as die kos op is, dan gooi ons n spur toasties.  Navigator geniet n chicken mayo en ek natuurlik eiers en bacon.   Heerlik heerlik.

Vir die werkende klas is hier lekker min werksdae wat voorle....iemand moet seker die ekonomie aan die gang hou.

 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 26/04/2026 - 11:44

Al die beplanning en skoonmaak is mos die voorgereg van n vakansie. Van die proviand is aangekoop en saam dit die karavaan binne skoongemaak wat nou baie lank gestaan het. Die buite was sal hierdie week gebeur en dan ook so n paar stukkies vleis by die slaghuis gaan kry. Bestel dit sommer as ek gaan aflewer die middag en dan is dit reg as ek terug kom vir die dag. Nou dit is waar ek op die stadium is met ons beplanning om dan Vrydag te kan ry. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 26/04/2026 - 12:00

Al die beplanning en skoonmaak is mos die voorgereg van n vakansie. 

 

Nou dit is waar ek op die stadium is met ons beplanning om dan Vrydag te kan ry. 

Dit is mos alles deel van die vakansie. Lekker om so te beplan!! Al wat ek minder van hou is die uitpakkery as ek terugkom by die huis. Maar die inpakkery - aag te lekker!

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 28/04/2026 - 20:20

Net gou opdateer waar ons nou is. Het Maandag in die koue windjie die karavaan buite gewas en staan nou reg om gehak te word. Vandag ons vleisie vir so n paar dae gekoop en is sommer klaar so opgemaak vir ons dat dit sommer netso in die vrieskas in is reg om gelaai te word Donderdag. Sal Donderdag die laaste klere ook inpak en dan is ons reg vir Vrydag se ry. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 29/04/2026 - 20:28

Is net soos jy daar sê Len, oormôre val ons vroeg in die pad. Ongelukkig is Donderdag nog vol dinge wat eers gedoen moet word en ek moet nog n draai gaan maak in Patensie met die trokkie. Met n bietjie geduld is Vrydag more net om die draai. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 30/04/2026 - 19:39

En daar kom Donderdag ook aan sy einde met alles gepak en op sy plek. Vrydag oggend net koffie maak, hak en dan kan ons maar veilig die pad vat. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 30/04/2026 - 20:25

Julle het 'n lekker vooruitsig en ek glo dat Montagu alles sal wees waarvoor julle wens. Geniet!!

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 01/05/2026 - 07:09

...veilig sleep en geniet Montagu. Onthou, daar hou mens jou lyf soos 'n pensioenaris. Ek hoop julle twee kry dit reglaughwink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus