Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -2 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

April saamgesels

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Gehoop die diesel verhoging is n April grap, maar lyk my nie so nie. Lekker van hierdie maand is dat ons eerste fotos weer kan verwag van Wildtuin trippies deur ons forum lede. 1ste op die lys is Rona....behalwe as mnr Boucher Pretoria per ongeluk tog mis rylaugh

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 28/04/2026 - 13:58

Ons het Sondag oggend so n mooi oggend gehad....hele week was bewolk en reenerig gewees. Sondag oggend was dit potblou lug....dit gee mens sommer daai ekstra lus vir die dag en ekstra lus vir kampeer (wat ons ongelukkig nie gedoen het nie) , maar die braaivleis vuur was ekstra lekker gewees

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 29/04/2026 - 07:06

Ek het gister vir die 1ste keer met die duurder dieselprys gegooi....eish, nie lekker, dink ek het ook die virus opgetellaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/04/2026 - 08:00

Ek hoor gisteraand op die nuus dat SA-lughawens net 'n paar dae se vliegtuig brandstof oor het.

Nou wonder ek wat is die die situasie met brandstof vir Jan alleman en boere. Dis doodstil in koerante, ek hoop dat daar nie 'n probleem is nie. Wat my bekommer is om volgende week in Kruger te sit en te hoor op die nuus----eish, die diesel het nie gekom nie, daar is nie beskikbaar nie.   

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 29/04/2026 - 09:11

Jy het sekerlik rede om bekommerd te wees ! Erger as dit is die komende verhoging, vanoggend lyk dit asof ons van volgende Woensdag af rondom R35/liter vir diesel gaan betaal, die maand daarna dalkies R40. Teen die tyd wat ons van Scottburgh af terugsleep seker nog meer. Beginne nou al nagmerries kry!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 29/04/2026 - 11:22

Ek het nou sopas weer bevestiging van die bogemelde stelling gehad :-

Ek het al hier op die forum meer as eenkeer gespog oor my drie reënwatertenks wat as dit vol is na lekker reën, 6600 liter water beskikbaar het.  Met die afgelope lekker reën is aldrie tenks toe lekker vol................en die swembad ook. Trouens, laasgenoemde het gerdreig om oor te loop en ek besluit ek sal dit 'n bietjie moet uittap. Skakel die pomp aan en draai die betrokke kraan na uittap. Na so 'n rukkie se dophou van die uitpomp-proses word ek dors en gaan soek iets om die dors te les en dit het iewat langer geneem as wat ek ingedagte gehad het want ek het 'n behoefte aan 'n tweede dop gehad ! Toe onthou ek van die uitpompproses en by my aankoms by die swembad sien ek die water het gesak tot onder die weir-uitloop !

Ek moes toe maar noodgedwonge 2000 liter van my gestoorde reënwater terug in die swembad pomp met gevolglik een van die drie tenks leeg ! Maar met seëninge van bo begin dit weer reën en watertenk nommer drie is weer vol !

Gevolgtrekking : ouderdom is beslis nie vir sissies nie !

.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/04/2026 - 13:11

....dalk moes jy net die pomp- en skoonsuig- aksie vir 'n dag of 2 afgeskakel het. Dan het die swembad moontlik volgereën. Op einde is alles goed, bad is vol, en tenke ook.laugh 

NS: Dis nie die ouderdom nie, dis daai 2de dop se skuld!!!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/04/2026 - 16:29

Vriende en belangstellendes, lees asb die berig in Maroela media oor die notering van X-Energy op Nasdaq-beurs.

Die berig meld ook dat Eskom reeds met hierdie groep gesels het, oor die moontlike tender vir 'n Klein Modulêre Reaktor, of in engels genaamd SMR [Smal Modular Reactor] . 

Wat dit so insiggewend maak is dat die tegniese/ingenieurs- korps onse mense mense is wat van plaaslike PBMR groep soheentoe verhuis het. Dit is nou nadat die land se regering besluit het dat ons projek gestaak moet word, om eerder konvensionele reaktore by ou Rooies te bekom. 

Ek sal gemaklik wees as X-Energy die verskaffer kan word. Wat seg jy, Grootwind?? 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 30/04/2026 - 17:41

Goed om te sien van ons ou kollegas maak vooruitgang! Dit gesê, moet mens ook in gedagte hou dat daar sover my kennis strek geen SMR of PBMR as jy wil, ter wêrel is wat kommersieele status bereik het nie...dis steeds alles eksperimenteel. Wonder net, of die spul dieselfde pad sal loop as o.a. PBMR en Joule (EV projek) wat ondergegaan het nadat onse visionere regering en politici hulle vingers daar ingesteek het?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus