Gehoop die diesel verhoging is n April grap, maar lyk my nie so nie. Lekker van hierdie maand is dat ons eerste fotos weer kan verwag van Wildtuin trippies deur ons forum lede. 1ste op die lys is Rona....behalwe as mnr Boucher Pretoria per ongeluk tog mis ry![]()
Mooi dag
Ons het Sondag oggend so n mooi oggend gehad....hele week was bewolk en reenerig gewees. Sondag oggend was dit potblou lug....dit gee mens sommer daai ekstra lus vir die dag en ekstra lus vir kampeer (wat ons ongelukkig nie gedoen het nie) , maar die braaivleis vuur was ekstra lekker gewees
Brandstof beskikbaarheid
Ek hoor gisteraand op die nuus dat SA-lughawens net 'n paar dae se vliegtuig brandstof oor het.
Nou wonder ek wat is die die situasie met brandstof vir Jan alleman en boere. Dis doodstil in koerante, ek hoop dat daar nie 'n probleem is nie. Wat my bekommer is om volgende week in Kruger te sit en te hoor op die nuus----eish, die diesel het nie gekom nie, daar is nie beskikbaar nie.
Jy het sekerlik die "reg" om…
Jy het sekerlik rede om bekommerd te wees ! Erger as dit is die komende verhoging, vanoggend lyk dit asof ons van volgende Woensdag af rondom R35/liter vir diesel gaan betaal, die maand daarna dalkies R40. Teen die tyd wat ons van Scottburgh af terugsleep seker nog meer. Beginne nou al nagmerries kry!
Oudword = vergeetagtigheid
Ek het nou sopas weer bevestiging van die bogemelde stelling gehad :-
Ek het al hier op die forum meer as eenkeer gespog oor my drie reënwatertenks wat as dit vol is na lekker reën, 6600 liter water beskikbaar het. Met die afgelope lekker reën is aldrie tenks toe lekker vol................en die swembad ook. Trouens, laasgenoemde het gerdreig om oor te loop en ek besluit ek sal dit 'n bietjie moet uittap. Skakel die pomp aan en draai die betrokke kraan na uittap. Na so 'n rukkie se dophou van die uitpomp-proses word ek dors en gaan soek iets om die dors te les en dit het iewat langer geneem as wat ek ingedagte gehad het want ek het 'n behoefte aan 'n tweede dop gehad ! Toe onthou ek van die uitpompproses en by my aankoms by die swembad sien ek die water het gesak tot onder die weir-uitloop !
Ek moes toe maar noodgedwonge 2000 liter van my gestoorde reënwater terug in die swembad pomp met gevolglik een van die drie tenks leeg ! Maar met seëninge van bo begin dit weer reën en watertenk nommer drie is weer vol !
Gevolgtrekking : ouderdom is beslis nie vir sissies nie !
Eskom en X-Energy
Vriende en belangstellendes, lees asb die berig in Maroela media oor die notering van X-Energy op Nasdaq-beurs.
Die berig meld ook dat Eskom reeds met hierdie groep gesels het, oor die moontlike tender vir 'n Klein Modulêre Reaktor, of in engels genaamd SMR [Smal Modular Reactor] .
Wat dit so insiggewend maak is dat die tegniese/ingenieurs- korps onse mense mense is wat van plaaslike PBMR groep soheentoe verhuis het. Dit is nou nadat die land se regering besluit het dat ons projek gestaak moet word, om eerder konvensionele reaktore by ou Rooies te bekom.
Ek sal gemaklik wees as X-Energy die verskaffer kan word. Wat seg jy, Grootwind??
Goed om te sien van ons ou…
Goed om te sien van ons ou kollegas maak vooruitgang! Dit gesê, moet mens ook in gedagte hou dat daar sover my kennis strek geen SMR of PBMR as jy wil, ter wêrel is wat kommersieele status bereik het nie...dis steeds alles eksperimenteel. Wonder net, of die spul dieselfde pad sal loop as o.a. PBMR en Joule (EV projek) wat ondergegaan het nadat onse visionere regering en politici hulle vingers daar ingesteek het?





Sandvlooie vs knoffel
Nee Rona, as ek moet kies, smeer ek eerder diesel aan my voete, maar knoffel--aikona