6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -59 minutes ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Het die Hi Lux traction… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Neef kla nie oor die groen… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -3 hours ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/07/2026 - 17:11

...dankie, ek moet net meer gereeld soek/kyk op Sanparke webblad

Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/07/2026 - 13:34

Hopenlik trek Letaba 'n klomp kampeerders weg van Satara veral, en ander kampe.

Ons het nog nooit daar gekamp nie. Hoofsaaklik weens die Mopanie-bos omgewing. 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 09/07/2026 - 14:12

... dat die H14 nog gesluit is a.g.v. vloedskade by die laagwaterbrug oor die Tsendzerivier. Tensy dit na môre toe oopgestel word beteken dit vir ons om Letaba om te ry.

Ons mik om nie later as 08:00 hier by Eiland te vertrek nie (hopelik vroeër). Dit sowat 'n uur en 'n half se ry tot Phalaborwahek, maar ons beplan om eers in Gravelotte hout vir die wildtuinvure te koop.

Teen my wildtuinspoed is dit minstens 'n uur en 'n half se ry vanaf Phalaborwa tot Letaba en min of meer dieselfde tyd tot by Mopani. Dan nog sowat 2 uur tot Shingwedzi. Dan het ek nog nie stoppe by Letaba en Mopani ingereken nie. As ons sonder teenspoed ry, behoort ons nie later as mid-namiddag in Shingwedzi te wees nie. 

Mensig - sien ek uit daarna!!

Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/07/2026 - 14:41

Chris, ek dog die H14 is toe omdat die brug oor die Letabarivier weg is. Maak egter nie saak nie, jy sal Letaba om moet ry. 

Julle kan mos elkgeval eers teen 14h00 die witlakens betrek, of nie? 

Pretoria

Geert

Thu, 09/07/2026 - 14:47

Ons het nog net 1x by Letaba gekampeer. Kampeer ervaring was nie so lekker nie agv die vuilste ablusies wat ek al ooit ervaar het. Omgewing trek ons ook nie, alhoewel ons tydens ons besoek n jagluiperd tussen die mopanie bosse gekry het net suid van die kamp...was heel verbaas.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 09/07/2026 - 16:40

Ek stem grootliks met jou saam wat Letaba aanbetref - sonder twyfel die goorste ablusies wat ek al in die wildtuin ervaar het. En ja - ons was al by 3 geleenthede gelukkig met luiperd en selfs wildehonde aan die kamp se kant van die hoofkruising. Maar in die algemeen is dit, volgens my ervaring, nie 'n "bright" wildarea nie. Maar dat dit een van die mooiste kampe (na my mening) in die wildtuin is, is nie te betwyfel nie. Ons slaap gewoonlik net een nag by Letaba oor wanneer ons kamp - vir my is die afstand tussen Tsendze en Satara net daardie rapsie te lank.

Maar as ek niks anders in die wildtuin kan kry nie is Letaba steeds tops.

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 10/07/2026 - 20:12

van "daar is 'n voertuig vir almal se behoeftes". Hoe sou ons nou die luiperd gesien het, was dit nie vir die sondak en vier vensters nie?surpriselaugh

Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/07/2026 - 13:46

Na aanleiding van Geert se spekulasie oor beskikbaarheid na die skoolvakansie, het ek gaan soek op Sanparke se blad.

Verbasend genoeg kon ek nie vind dat daar baie plekke oop gaan nie. Inteendeel, die stelsel wys so hier en daar aande oop, maar oorwegend is daar weinig kampeerplekke beskikbaar.

Letaba is ook nog nie op die stelsel nie, nadat met groot fanfare aangekondig is dat Letaba nou oop is. Sanparke se stelsel laat deesdae veel te wense oor.  

Pretoria

Geert

Sun, 12/07/2026 - 13:54

Daai 32x staanplekke waarvan ek melding gemaak het, was laasjaar gewees toe ek bespreking gemaak het....was einde Julie. 

Ja...verstaan nie hoekom Letaba nog nie op lys is nie, maar Balule wat volgens my nog toe is, wel

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 12/07/2026 - 15:09

maar oorgenoeg om te maak dat ek graag daar wil wees.

talamati 1

En by Satara was 'n verrassing

Satara

Pretoria

Geert

Sun, 12/07/2026 - 16:07

Daai webcam foto maak my nou baie lus. Sit lekker daar op restaurant se deck, geniet n lekker brunch en koue, met Ollie in die agtergrond wat rustig wei

Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/07/2026 - 19:23

Ek kon nie Balule vind op Kruger se besprekings stelsel nie. Ek lei af die kampie is nog toe. Paul M het genoem dat die toegangspad en laagwaterbrug totaal verspoel het. Dis die rede waarom kampie nog toe is.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/07/2026 - 17:49

As ek so na Chris B luister, is dit dalk geldmors om wildtuin toe te gaan. Die riviere het nog water, wat beteken die wild kan oral wei en drink. Dan is dit boonop nog groen en ruig, wat wild soek, bemoeilik.

Selfs die Suide deel, onder Skukuza was ook nat en ruig Meimaand toe ons daar was.

As dit voldoende is om net daar te wees, en wild in die pad, 'n bonus is, kan mens seker maar gaan.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus