Ek weet dis nog 6 maande voor Augustus, maar ek weet ook Kampforum-vrinne hou daarvan om deel te wees van 'n ou se beplanning op 'n lekker wegbreek. Gegewe dat my omstandighede tot gevolg het dat ek nie meer kan karavaankamp nie, het ek gewonder met wie gaan ek nou my opgewondenheid deel oor 'n nie-kamp Wildtuin-vakansie ? Gelukkig het ChrisB vir my gewys dat die Kampforum-vrinne netso lekker saamgesels al is daar nie 'n karavaan ter sprake nie.
Nouja, hier begin my storie : Vandat my karavaan verkoop is, kyk ek daagliks die TV-program WildEarth wat 24-uur daagliks vir jou in-tyds opreis neem met 'n toergids by verskeie wildtuine in SA en omliggende lande, maar veral by SabiSands en ander kleiner wildtuine. Hierdie program het my lus vir die Kruger Wildtuin aangevuur om plan te maak om so gou moontlik weer daar te kom. Dis nogal 'n helse aanpassing om nie 'n kampeer-bespreking te doen nie, maar wel 'n vaste-akkommodasie bespreking, maar ek is daardeur en dis gedoen.
My kinders deel my opgewondenheid, maar was uiter bekommerd dat hulle 79-jarige pa alleen die tog van 2000km van die Kaap af en nog 2000km weer terug aanpak. Hulle wou gehad het ek moet eerder vlieg en 'n kar huur. Ek is egter allergies vir vliegtuie (het oorgenoeg daarvan in my werker-dae gehad) en dit sal 'n gelol wees om my getroue Nissan Pathfinder tuis te laat. Dus :-
Ek en my broer (hy is 81) is ons ouers se enigste kinders en ons het geen ander oorlewende familie nie, behalwe ons eie kinders. My broer en skoonsuster woon die afgelope 29 jaar in Oostenryk waar hy verbonde was aan die Universiteit van Wenen voor sy aftrede. Hy was ook vir jare lank 'n ere-veldwagter in die Kruger Wildtuin en is netso lief vir dié plek soos ek. Maar ek en hy was laas saam met my ouers in die Wildtuin toe ons nog skoolkinders was. Ek kom toe op die blink gedagte af om hom en my skoonsuster te nooi om saam met my aan te sluit in die Wildtuin dan kuier ons sommer in die wildtuin saam. Die uitnodiging is onmiddellik aanvaar. Nou vir my kinders se beswaar dat ek alleen van die Kaap af Wildtuin toe ry : My broer se ongetroude dogter is 'n lektor aan die Universiteit van Bournemouth in Engeland en sy wil graag saam ! Toevallig werk haar universiteit en die Universiteit van Kaapstad saam aan een of ander projek en daarvoor moet sy Kaap toe kom. Sy gaan dus Kaap toe vlieg vir die projek en dan ry sy saam met my tot in Pretoia, natuurlik met my Pathfinder ! Haar ouers vlieg dan van Oostenryk af Pretoria toe en alvier van ons ry saam in die Pathfinder Wildtuin toe.
Ons het drie hutte in Berg-en-dal en drie hutte in Letaba bespreek, 5 dae in elke kamp, vanaf 6 Augustus tot 16 Augustus 2026. Dis nogal wyd om die 240km te ry vanaf Berg-en-dal tot by Letaba, maar teen 30kpu (ChrisB se spoed) behoort dit 8ure te duur terwyl ons 12ure beskikbare het vanaf 06:00 t0t 18:00
Nouja, dis die plan tot dusver. Ek vertel later verder as ek julle nie vereel het nie.
Moeilike besluit.
Het gaan kyk wat daar gesê word van Pathfinders en injector additives.

Dankie Herman.
My ou Pathie is 'n "Older Vehicle" (13 jaar oud) en ek gaan die gedagte maar liewer los.
Baie bly, Len
Ek kon nie kommentaar lewer op wat die moontlike oorweging was nie, maar het wel Neef Herman se inset gelees. Het maar in die stilligheid gehoop dat jy nie wil torring aan 'n voertuig wat tot dusver vir jou goeie diens gegee het nie.
Geniet jou voorbereiding en deel maar so af en toe iets hier. Drie weke?
Hallo Len
As jy op die forum "teenwoordig" is, beteken dit dat jy nie vandag slaghuis toe is nie
Het jy reeds, of moet vleisaankope nog gedoen word? Ek neem ook sommer maar aan dat die vrieskassie se inhoud lekker braaivleis gaan wees - miskien moet jy cater vir gaste met ander eetgewoontes (saadjies en bessies)?? Ons hoor graag hoe jou voorbereiding vorder.
Saadjies en bessies
Ek vra om verskoning, Len - my bedoeling was nie om gemeen te wees of 'n grap te maak nie. Die woord Vegetaries sou waarskynlik die gepaste gewees het. Sal op die algemene geselsdraad verder iets hieroor sê.
Rona.......
............ek het op die Julie gesels draad gelees van die saadjies en bessies storie.
As my boetie en skoonsuster saadjie en bessie vreters was, het ek hulle nooit saam Wildtuin toe genooi nie.
Nee, die vleis is nog nie gekoop nie. My seun wat hier naby my woon het 'n gastehuis in Sutherland en hy gaan volgende naweek soontoe en bring vir my 'n egte Karoolam saam, spesiaal opgesny en verpak vir ons Wildtuin=trippie. Die Joyes-boerewors is bestel, maar word eers later by die slaghuis afgehaal.
Ek het nog nie begin pak nie, maar gee nog aandag aan die hardeware - die Pathie is gediens en my 42-jaar oue sleepwaentjie kom nou aan die beurt. Dié het het reeds nuwe bande gekry en ek is nog besig om die klip-"chip" merkies reg te maak. Sal mettertyd 'n foto opsit om te wys hoe lyk die 42-jarige kêreltjie deesdae.
Wat die kos-aankope en menu betref, sal my skoonsuster (wat saamgaan), my dogter en my skoondogter gelukkig die nodige doen.
Karoolam
Of liewer, EGTE Karoolam klink hemels! Dit is in hierdie stadium net 'n vae herinnering uit ons verre verlede....
Dat jou kinders naby woon is 'n groot voordeel. Ek kan net dink aan al die lekker verrassings-bederfies wat jy gaan ontdek wanneer jy in Mopanie begin uitpak![]()
Nou raak die tyd tot vertrek regtig min!
** En daar fast forward ek julle sommer tot in Mopanie - skoon vergeet van Berg-en-Dal![]()
10 en 11 Augustus
Ek weet oom Len wil nie vir kort inboek by n kamp nie, maar miskien
Tans is daar heelwat eenhede beskikbaar by Satara en Olifantskamp vir die 10de en 11de. Veruil laaste dag van Berg en Dal en eerste dag van mopanie en geniet n 2-dag halfpad stop
12 en 13 Augustus
Ek weet oom Len wil nie vir kort inboek by n kamp nie, maar miskien
Tans is daar heelwat eenhede beskikbaar by Satara en Olifantskamp vir die 10de en 11de. Veruil laaste dag van Berg en Dal en eerste dag van mopanie en geniet n 2-dag halfpad stop
Heelwat eenhede oopgegaan by Satara en Olifants kamp vir 12 en 13 Augutus ook. Lyk my dis die 30 dae kanselasies wat daagliks deurkom
Afstof en blink poets
Len, ons gesels oral oor al wat 'n draad is, behalwe hier. Intussen is ons baie nuuskierig oor meer detail tov van julle toer Laeveld toe. Sien niks van beplande vertrekdatum en oorslaapplekke nie - miskien misgelees.... Ek is omtrent ewe opgewonde oor julle wildtuin vakansie as oor ons eie kort kuiertjie daar - veral met 'n baie moontlike ontmoeting in vooruitsig. Hoop jy kry 'n kansie om meer te deel.
Oor die vingers getik....
Nouja, ek is pas oor die vingers getik omdat ek so stil is. Omdat ek nie weer getik wil wees nie, laat ek dus maar van hierdie nie-kampeerder hoor.
Ek moet nou ook "huisvrou" speel en sorg dat my oorsese gaste darem tuis sal voel. Ek gaan juis môreoggend my broer en sy vrou op die lughawe haal. Gelukkig help my kinders darem met die kosmakery en hulle het ook elkeen 'n eie idee hoe ons Wildtuin-menu moet lyk.
Ons kuier so 'n paar dae saam tot 31/7 en dan begin ek en my broer se dogter die pad boontoe aanpak. Teen die tyd wat ons in Pretoria aankom arriveer my broer-hulle per vliegtuig en vandaar ry ons alvier saam tot by Bergendal. My 42-jarige sleepwaentjie staan op die oomblik by Pine Joubert se werkswinkel om seker te maak dat die wiellaers nog reg en met genoeg ghries gepak is, want die kêreltjie het nou vir 9-jaar botstil gestaan.
Pine het nou 'n reuse, nuwe perseel en dis pragtig ingerig. Sy werk het nou uitgebrei om alles waaraan jy kan dink aan 'n karavaan te doen - alles is kraaknetjies.
Miskien hoor julle weer van my as ek die Wildtuin binne ry by Makelane-hek op 6/8
"Follow my eyes"
Len het uit ordentlikheid darem nie name genoem nie. Bly om te hoor dat dit goed gaan, en hulle langverwagte kuier reeds môre afskop. So aanvaar ons dat hier vir eers stilte gaan wees. MAAR, Len moenie dink omdat hy nou 'n nie-kampeerder is ons hom sommer so maklik gaan laat wegkom nie. Iewers moet asb nog terugvoer gegee en foto's geplaas word ![]()
Len, weet nie of jy dit raakgelees het nie, maar Jan maak weer kampeerplanne - sê maar net.....
Len...
....geniet die samesyn met jou broer en familie. Ek glo julle gaan kuier dat die kranse antwoord gee.
Ek dog jy kry jou broer in Pretoria [JHB], en dan saam willetuin toe??
Ons wil BESLIS hoor van jou, soos jy toer, nie "miskien" as jy die wildtuin ingaan nie.
Oormôre (Vrydag).............
.............begin my vakansie Kruger Wildtuin toe. Dis blêddie ver en daarom gaan hierdie outoppie dit maar rustig vat. Ek het nog ander verpligtinge Vrydagoggend vroeg en beplan om 12:00 hier vanaf Brackenfell te vertrek en dan behoort ek nie later nie as 18:00 by Travalia, Driesusters, 75km anderkant Beaufort-Wes te wees om daar te oornag.
Saterdagoggend, na 'n rustige ontbyt by Travalia, reis ek rustig tot by Reyneke Park aan die kant van Bloemfontein waar ek gaan oornag voor ek Sondag 2/8 tot in Pretoria ry waar ek by familie tuisgaan vir 'n paar dae. Ek wil graag by Koos Mol gaan inloer.
Al my aankope is gedoen en môre begin die inlaai van alles in die Pathie en die sleepwaentjie. Ek het 'n werkende vrieskas met vleis in die Pathie en sal dit met 220V koppel by ons oorslaapplekke.
Kyk 'n bietjie hieronder hoe lyk my 42-jaar oue sleepwaentjie, met sy nuwe bande en nuwe wiellaers.
Sê maar as ek julle met my nie-kampering stories verveel.






Besige dag vandag gehad.
Twee weke se wasgoed gewas en buite opgehang en dit weer afgehaal en opgevou nadat die son dit droogebak het. Die huishulp kom net elke 14 dae en sy moet nou stryk wat gestryk moet word.
Daarna die sleepwaentjie na Tiger Wheel & Tyres geneem vir nuwe 10" Dunlop bandjies wat uit die fabriek kom en dus nie oud is nie. Die beste van die twee oues op die spaarwiel gesit. En terwyl ek daar was sommer vir die Pathie nuwe Hankook bande opgesit en die wielsporing (wat heelwat uit was), laat regstel.
Dus, 'n deel van my bekommernisse vir die lang rit is nou uit die weggeruim.
Op 'n ander punt, my diesel Pathie het in sy 13 jaar oue bestaan en 144 000 km nog nooit 'n "injector aditive" in dier brandstog gekry om die inspuiters skoon te maak nie. My kinders torring nou aan my hieroor. My een seun met sy Hi-Lux en swaar Bushlapa Ratel boswa sê tydens sy dienste by 'n Toyota handelaar beveel hulle hom elke keer aan om so 'n byvoeging ('n Toyota produk) by sy brandstof te voeg. Nissan het my nog nooit vir soiets gevra nie.
Wat is julle ervaing/aabeveling in dié verband ?