Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -25 minutes ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -39 minutes ago
Sterkte Len.    Ek moet ook… Verskoning Voortrekker -46 minutes ago
Laat die Internasionale… Help met kamp beddens en… Voortrekker -50 minutes ago
Braai broodjie debat Kgalagadi Oktober 2026 Geert -55 minutes ago
Wonder ek nou.  Hoe lank… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -1 hour ago

Len in die Kruger Wildtuin in Augustus 2026

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek weet dis nog 6 maande voor Augustus, maar ek weet ook Kampforum-vrinne hou daarvan om deel te wees van 'n ou se beplanning op 'n lekker wegbreek. Gegewe dat my omstandighede tot gevolg het dat ek nie meer kan karavaankamp nie, het ek gewonder met wie gaan ek nou my opgewondenheid deel oor 'n nie-kamp Wildtuin-vakansie ?  Gelukkig het ChrisB vir my gewys dat die Kampforum-vrinne netso lekker saamgesels al is daar nie 'n karavaan ter sprake nie.

Nouja, hier begin my storie : Vandat my karavaan verkoop is, kyk ek daagliks die TV-program WildEarth wat 24-uur daagliks vir jou in-tyds opreis neem met 'n toergids by verskeie wildtuine in SA en omliggende lande, maar veral by SabiSands en ander kleiner wildtuine. Hierdie program het my lus vir die Kruger Wildtuin aangevuur om plan te maak om so gou moontlik weer daar te kom. Dis nogal 'n helse aanpassing om nie 'n kampeer-bespreking te doen nie, maar wel 'n vaste-akkommodasie bespreking, maar ek is daardeur en dis gedoen.

My kinders deel my opgewondenheid, maar was uiter bekommerd dat hulle 79-jarige pa alleen die tog van 2000km van die Kaap af en nog 2000km weer terug aanpak.  Hulle wou gehad het ek moet eerder vlieg en 'n kar huur.  Ek is egter allergies vir vliegtuie (het oorgenoeg daarvan in my werker-dae gehad) en dit sal 'n gelol wees om my getroue Nissan Pathfinder tuis te laat. Dus :-

Ek en my broer (hy is 81) is ons ouers se enigste kinders en ons het geen ander oorlewende familie nie, behalwe ons eie kinders. My broer en skoonsuster woon die afgelope 29 jaar in Oostenryk waar hy verbonde was aan die Universiteit van Wenen voor sy aftrede.  Hy was ook vir jare lank 'n ere-veldwagter in die Kruger Wildtuin en is netso lief vir dié plek soos ek. Maar ek en hy was  laas saam met my ouers  in die Wildtuin toe ons nog skoolkinders was. Ek kom toe op die blink gedagte af om hom en my skoonsuster te nooi om saam met my aan te sluit in die Wildtuin dan kuier ons sommer in die wildtuin saam. Die uitnodiging is onmiddellik aanvaar.  Nou vir my kinders se beswaar dat ek alleen van die Kaap af Wildtuin toe ry : My broer se ongetroude dogter is 'n lektor aan die Universiteit van Bournemouth in Engeland en sy wil graag saam ! Toevallig werk haar universiteit en die Universiteit van Kaapstad saam aan een of ander projek en daarvoor moet sy Kaap toe kom.  Sy gaan dus Kaap toe vlieg vir die projek en dan ry sy saam met my tot in Pretoia, natuurlik met my Pathfinder ! Haar ouers vlieg dan van Oostenryk af Pretoria toe en alvier van ons ry saam in die Pathfinder Wildtuin toe.

Ons het drie hutte in Berg-en-dal en drie hutte in Letaba bespreek, 5 dae in elke kamp, vanaf 6 Augustus tot 16 Augustus 2026. Dis nogal wyd om die 240km te ry vanaf Berg-en-dal tot by Letaba, maar teen 30kpu (ChrisB se spoed) behoort dit 8ure te duur terwyl ons 12ure beskikbare het vanaf 06:00 t0t 18:00

Nouja, dis die plan tot dusver. Ek vertel later verder as ek julle nie vereel het nie.

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/08/2026 - 05:05

...lees ek nou aan jou insette, en geniet die foto's, swart baadjie en al!!!

Gits, het jou broer gedink daar is nie meer werkende wasmasjiene in SA en wildtuin nie.

Drank het 'n lelike optiese nadeel----trappe lyk mos geheel platlaugh Baie bly jy het nie 'n besering opgedoen nie.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 21/08/2026 - 05:41

Bly julle is veilig tuis.

Gelukkig nie bril skade so vroeg op die vakansie nie en dat jy nie ernstige beserings opgedoen het nie. 

Dankie vir die foto en nou kan ek gesigte by Rona en Daan voeg. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 21/08/2026 - 06:30

Nou lekker gelees, en wag in spanning vir nog n paar vertellings en natuurlik die fotos. 

Len jy word nie n dag ouer nie!! Rona en Daan lyk ook spring lewendig.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 21/08/2026 - 07:33

Dankie vir die vakansie nuus wat jy met ons deel Len. Jammer om te hoor van die val met ontbyt, dalk was die koffie n bietjie sterk gewees. Bly oor die nuwe gesigte van Rona en Daan wat ook altyd lekker saam klets en beskuit uitdeel, maar waarom Len n baaitjie aanhet in die wildtuin is eintlik n vreemde gesig. Hy sit dan altyd met n kortbroek en braai.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 21/08/2026 - 08:04

... lees ek nou hier. En só lekker om te sien hoe lyk liewe Rona. Ek het verlede jaar die kans laat verbyglip om hulle by Nkuhlu te ontmoet.

Ek's bly om te hoor dat jou beserings na die val nie ernstig was nie. Ek het nou-al die gewoonte aangeleer om altyd my vorige bril saam te neem waarheen ek ookal gaan - net vir daardie noodgeval as die huidige dalk iets oorkom.

Nietemin - welkom terug in die Kaap.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 21/08/2026 - 09:39

My totale dieselverbruik vir die ± 4800 km wat ek (of eerder die Pathie) oor die 21 dae verbruik het kom neer op 9.9 liter per 100km (en as my somme reg is, is dit 11.11 liter per km). Dit sluit in alle ritte, 4000km met die sleepwaentjie teen meestal 120kpu en ook stads/dorps verkeer teen 60kpu asook Wildtuin-ritte teen gemiddeld 30 kpu

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/08/2026 - 10:58

...het jy die broerskind ook laat bestuur, of was jy alleen agter die stokke??

Daar is 'n glips met jou sommetjie,  9.9l/100km = 10,1km/l Nietemin is dit goed, as mens daai klomp bagasie in agneem. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 21/08/2026 - 14:46

Len praat van ons het blad geskud. Dis nie die volle waarheid nie. Ek was so bly om hom te sien dat hy sommer 'n stywe drukkie gekry het. Daan was darem meer ordentliklaugh

Ook maak hy melding van "hulle bus". Hierdie bussie is myne, maar Daan het darem 'n 20cm aandeel daarin - wanneer mens die 2 agterdeure oopmaak het ek hom beperk tot 20cm diepte + die hoogte + die wydte. Daarin kan hy pak na hartelus (wat nodig iswink) soos stoele, 'n braaitjie, 'n skottelgoedrak, braai benodigdhede, elektriese kabel, tuinslang en wat meer. Daar is ook die geiser, pompie, battery, DB-borde en ek weet nie wat nog alles nie. Ek noem hierdie want ons het skoon vergeet om dit ook vir Len te wys - het net sover gevorder as die slaapkamerlaughlaugh

Verder, ter verdediging van die swart baadjie moet ek noem dat daar dié dag 'n geniepsige wind gewaai het. Wat die foto egter nie wys nie is die twee manne se kortbroeke. Of miskien het die baadjie die valmerke weggesteek waarvan Len ons niks vertel het nie, ai!

Ons is baie vriendelik ontvang. Len het bier en wyn aangebied maar "ons" was nog nie op vol sterkte ná Daan se hospitaal episode nie en het dan die tyd gebruik om sommer net lekker oor ditjies en datjies te klets. 'n Moontlike weersiens kan waarskynlik in die Kaap iewers wees - nog voordat Len die volgende Wildtuin-trip komende jaar aanpak....

0
pretoria

pieterc

Mon, 24/08/2026 - 10:22

Dit is goed om te hoor Oom Len-hulle is veilig terug en het die vakansie geniet.

Ek dink dit is baie goeie brandstofverbruik met n volgelaaide voertuig en nog n waentjie agterna.

En nou wag ons in spanning vir die fotos saam met n volledige verslag - nie net n opsomming nie...

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 25/08/2026 - 16:59

Noord-wes van Bergendal het ons by die Matjulu-drinkplek 'n klompie olifante gekry wat ons eers vermaak het hoe hulle uit die sementdam water drink met 'n ou kalfie wat nie kon bykom nie. Op een plek langs die sementdam-muur was daar 'n groot sement-baksteen op die grond en een na die ander olifant het beurte gemaak om met een voet op die baksteen te staan om makliker by die water binne-in die sementdam te kom.

.

 

Skielik, ek aanvaar in opdrag van die ou matriarg-koei, beweeg die hele ou spulletjie na die naby-geleë gronddam waar die ou kleintjies ook kon drink.

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 25/08/2026 - 17:04

In Letaba het ons gaan kyk na die vloedskade en in een woord, VERSKRIKLIK ! Ek het gaan loer na 'n 'n afgekampte plek waar sommige van die vloed-beskadigde meubels, beddens, matrasse, yskaste, wasmasjiene,  ens opgestapel lê. Dis baie erg, maar die personeel werk hard om die orde te herstel.

.

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 25/08/2026 - 17:10

So 'n entjie noord van Skukuza kom ons af op 'n bedremmende spulletjie, papnat-gereënde bobbejane  -  hulle lyk so moedeloos en sit teenaan mekaar. Kyk gerus na die uitdrukking op hulle gesigte !

.

Ek soek net gou die ander bobbejaan-fotos.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/08/2026 - 17:37

Dalk kan iemand/tegnikus daai klomp koelkaste skoonmaak, en weer aan die werk kry. Ek wonder of hulle van daai meubels skenk aan behoeftige mense/personeel.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 25/08/2026 - 20:57

Ek het nie in Letaba rondgeloop toe ons daar was nie. Maar dat ons die kampeerplek geniet het, teenaan die grensheining, was nie altemit nie. Letaba is maar 'n pragtige kamp.

Let

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/08/2026 - 21:38

Daai rooi katoeter by jou multipprop op die foto, is dir 'n "surge protector" ??

Dit is 'n slim idee om mens se woonwa teen hoë spykerpulse te beskerm.

Staaltjie: In my dae was daar 2 admin-dames in die Fisika departement op Stellenbosch. Die ene uiters skraal, en die ander ene effe mollig. Nodeloos om te sê, hulle byname was spykerpuls en blokpuls onderskeidelik. Baie gepas vir hulle werkomgewinglaugh  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 30/08/2026 - 14:30

Ek aanvaar ons kan nou maar die "surge protector" agerlaat en terugkeer na my Wildtuin-fotos.

Die kuifkophoutkapper is darem maar 'n uitsonderlike mooi voëltjie. Hulle is nogal volop en hierdie een het daagliks by ons in Bergendal kom kuier

 

.

.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 30/08/2026 - 14:34

.

Ek het gedink die vorige bedremmelde bobbejaan foto sou interessante kommentaar ontlok. Hier sit nog een, papnat, knietjies bymekaar met sy hande daarop en wag vir die reën om te bedaar.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 30/08/2026 - 14:43

Nog 'n pragtige, kleurvolle voëtjie wat volop, oral in die Wildtuin vookom.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus