6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -4 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -9 hours ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Vakansiebeplanning 2026/27

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Wie het almal iets op beplanning vir die res van dié jaar en/of volgende jaar?

Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/07/2026 - 14:32

Ons is bespreek in die Kruger Mei 2027. Van Malelane, Skukuza, Satara en laaste Tsendze. 

Dan vorder die beplanning redelik vir Augustus/September 2027 na Mokala, KarooNP, Baviaanskloof en tuinroete. Wik en weeg of ons in Bellville moet gaan draai, of kortpad vat Baviaanskloof en tuinroete toe.

Ek sien dat 'n besonderse Namakwa blomme jaar voorspel word. Ek wonder of mense nog kampeer openinge gaan vind. Dalk wilde perd opsaal, en by VanRhynsdorp begin, en opwerk oor Kamieskroon, Springbok, Upington om huistoe. Die bollie in Iran befoeter steeds die dieselprys.  

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 16/07/2026 - 14:34

Ons kuier nog tot eerskomende Sondag (19 Jul) by Eiland Spa. Dan vertrek ons vir 5 aande wildtuin toe - 1 aand in Letaba en 4 aande in Shingwedzi. Na 'n aand by Forever Phalaborwa, wag daar 3 aande by Klein-Kariba, waarna ons begin terugry huistoe waar ons beplan om 31 Julie te arriveer.

Oktober is ons o.a. vir 13 aande in Kgalagadi en 2 aande by Augrabies bespreek (vaste akkommodasie).

Die laaste week van Januarie/eerste week van Februarie is ons bespreek in 'n strandwoonstel by Dwarswegstrand.

End-Feb vertrek ons Hentiesbaai waar ons bespreek is vir 'n hengeltrip (1 - 12 Maart).

5 Apr wil ons die langpad vat vir langkamp. Beginnende by Karoo Nas Park vir 16 aande, 10 aande by Klein-Kariba, 34 aande in die wildtuin en 90 aande by Eiland Spa. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/07/2026 - 16:07

Ek het nounet met Elsa gepraat by Groenrivier-Nieuwoudville. Dit klink of blomme rerig vroeg is die jaar, sy is reeds vol bespreek vir laaste 2 weke van Augustus. 

Sy het nou gaste wat vanaf Hondeklipbaai kom, en die blomme was glo mooi.

Kamieskroon na Brits oor Vryburg is ongeveer 1200km, daarvoor MOET mens blomme sien. 

Pretoria

Geert

Thu, 16/07/2026 - 21:46

Ons sin vir res van die jaar is

 Vanaf môre...Wildtuin

Einde Aug....Ballito

September lang naweek.....Dinokeng Camp and Leisure

Einde November.....Ballito

Kersfees.....The Kingfisher in .schoemanskloof

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 17/07/2026 - 13:03

Die bladsye is ook net-net lank genoeg, anders het julle beplannings onder afgevallaughSien reeds uit na al die lekker saamkuier op die forum.

Soos die tyd aanstap sal ek meer probeer sê oor wat ons planne vir Desember en Januarie is. Voor dit gaan ons eers vir 'n paar dae wildtuin toe (oor 2 weke)  - tyd moet nou net aanstap. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 27/07/2026 - 09:10

My 2027 beplanning het pas begin om meer konkrete vorm aan te neem. Ek het vanoggend gou via EZI Bookings my 16 aande in die Karoo Nas Park bespreek (arriveer 5 Apr en vertrek 21 Apr). Dit is my afskop vir die 5 maande toer wat op die horison lê.

Ek het ook terselfdertyd 'n ekstra nag, reg op die einde van my huidige wildtuinbespreking, in Letaba bygevoeg. Ek het aanvanklik gedink om daardie aand weer by Phalaborwa Safari Park oor te slaap, maar uiteindelik besluit om eerder 'n 35ste aand (net mooi 'n volle 5 weke) in die wildtuin by te voeg. Eiland Spa, vir die opvolgende 3 maande, is mos darem binne maklike bereik vanaf Letaba.

Eerskomende Saterdag (1 Aug) maak die besprekings vir Klein-Kariba en Eiland Spa oop. Dan sal ek die onderskeie 2 oorde skakel vir 10 aande by Klein-Kariba (23 Apr tot 3 Mei) en vanaf 7 Junie vir 90 aande by Eiland Spa.

My wildtuinbespreking, vanaf 3 Mei, is dus as volg: Malelane (3), Krokodilbrug (4), Onder-Sabie (6), Satara (7), Letaba (1), Tsendze (5), Shingwedzi (1), Punda Maria (3), Shingwedzi (4) en Letaba (1).

Té lekker om te beplan - amper nét so lekker as die vakansie self.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 02/08/2026 - 18:00

Na my 16 bespreekte aande in die Karoo Nas Park, sal ons seker weer 2 aande oorslaap op pad na Klein-Kariba, waar ek gister vir die 10 voorafgaande aande, voordat ons die wildtuin betree, bespreek het.

By Eiland Spa kon ek net bespreek totdat die winter-skoolvakansie aanbreek. Ek kon 'n baie lekker staanplek bekom, maar nou moet ek duim vashou dat ek op 1 Sep vroeg kan deurkom om dieselfde plot te kry vir die volle 90 aande wat ons graag wil gaan.

Pretoria

Geert

Sat, 08/08/2026 - 19:06

By Eiland Spa kon ek net bespreek totdat die winter-skoolvakansie aanbreek. Ek kon 'n baie lekker staanplek bekom, maar nou moet ek duim vashou dat ek op 1 Sep vroeg kan deurkom om dieselfde plot te kry vir die volle 90 aande wat ons graag wil gaan.

Maak winter skool vakansie bespreking eers oop op 1 September?

Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 09/08/2026 - 08:44

Is besig om meer uit te vind oor die Jimny toere wat aangebied word. Ons is nie trop mense nie maar die toere wat aangebied word is na plekke wat ons nie alleen sou aanpak nie.

Dan word dit ook deur Suzuki SA gedeeltelik geborg en ondersteun. Interessant dat dit oorwegend ouer garde is wat die toere doen. Die terugvoer van die mense is baie goed. 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 09/08/2026 - 10:30

Hello Jan. Dit klink sommer baie lekker. Het jou Jimny al geland. Gaan julle n daktent opsit of n waentjie saamsleep.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 09/08/2026 - 10:32

... het ek iets gemis? Is daar nou 'n Jimny in die Meyer-garage.

Op pad terug huistoe het 'n Jimny van agter by ons verbygekom. Op die skerm oor sy spaarwiel was die volgende: Gym jy? Ek Jimny.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/08/2026 - 11:47

Jan, gee meer info oor die toere, en veral waarheen/bestemmings dit gaan. Moet elkeen sy eie slaapplek voorsien, soos waentjie of daktent. Of is daar 'n ondersteuningspan wat boogtente vir almal opslaan??

Is die Malkamper ou betrokke??

Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 09/08/2026 - 14:42

Ons het ons Jimny gekry en is baie tevrede. Soos voorheen genoem mis ons die buitelewe en omdat ons nie die kanoe op die Fronx kon laai nie besluit op die Jimny. Die verkoop van die Fronx is nog is 'n ander storie. 

Jimny is nie 'n voertuig vir baie langpad ry nie maar as jy jare lank woonwa gesleep het is jy gewoond aan stadig ry. Om by Chris verby te gaan is nie 'n prestasie nie 😋.  Elmarie is meer tevrede om die Jimny te bestuur as die Fronx. Seker maar omdat sy lank die Ford bestuur het. 

Is nog besig om baie resensies en navrae te doen by ervare Jimny eienaars wat om te doen met "overlanding" en wat nie. Daar is soveel ekstras wat jy kan byvoeg wat net soveel gaan kos as die Jimny self. Daarom die belangstelling in die Jimny toer sodat ons nie geld op onnodige goed spandeer nie. Daktent gaan dit vir nou nie wees nie. Sal eerder waentjie saamsleep maar op die Jimny toer is dit nie nodig nie. 

0p die webtuiste "info@africanex.co.za" is die beplande toere vir 2027. Jy kan met 'n Jimny van die vloer af sonder veranderings die roetes doen. Safarie

 

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/08/2026 - 15:10

...die toere kan werk vir ons ouer garde. Dit gee net daai gemoedsrus, mens is nie alleen in afgesonderde plekke nie. 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 09/08/2026 - 17:03

Die Jimney is seker die ougatste ryding op die mark. My jong neef het enetjie, en ek sal dit enigtyd vat vir n naweek se pret. Maar om van hier tot bo by die Kunene te ry met n ou lyf... dit...is hoekom ons Jan ñ Ysterman was, is, en sal bly.

Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 09/08/2026 - 20:19

Vandat ons afgetree het is ons nie meer haastig nie en Chris het my nou mooi geleer dat mens lang afstande in paaiemente moet doen. 

Die knie moet net eers gefieks word. 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/08/2026 - 07:48

Dan het jy mooi geleer Jan. My suster-hulle ry in een dag vanuit die Kaap tot Twee Rivieren (Kgalagadi). Komende Oktober slaap ons oor in Vanrhynsdorp en Keimoes voordat ons daar arriveer.

Die dag as ek nie meer sleep nie, mag daar dalk ook 'n Jimny op die horison verskyn. Ek stem saam met Neef - 'n ougat en uiters populêre voertuig.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus