Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -4 hours ago

Kgalagadi Oktober 2026

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

My beplande Oktober-kuier in Kgalagadi begin al meer in plek val. Met die uitsondering van een aand waarmee ek nog nie geholpe kon raak nie, begin die toerplan al hoe meer vorm aanneem.

Ons skop af met 2 aande in Twee Rivieren gevolg met 4 aande in Nossob. Beskikbaarheid van akkommodasie in Nossob, 'n dag later as die datum waarop besprekings geopen het, is net so goed soos om wors te soek in 'n hondehok. Maar geduld en gereelde loer op Sanparke se webblad, het vrugte afgewerp.

Intussen kon ek, na nog 'n aand in Twee Rivieren, ook 2 agtereenvolgende aande se akkommodasie in 'n rivierfront chalet in Mata Mata bekom en drie aande in Kalahari Tented Camp (KTC). Ek benodig nog 'n nag tussen Mata Mata en KTC maar ek is positief dat ek met die benodigde nag (15 Okt) in hetsy Mata Mata of KTC gaan regkom. Ek sal maar geduldig voortgaan met my soektog.

Ek sou wat wou gee om 'n nag of twee in hetsy Gharagab of Bitterpan te bekom. Ek het mos nou 'n 4x4.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 14/10/2026 - 18:59

Elke dag in die lewe is mos nie maanskyn en rose nie. En wat die roofdiere aanbetref was dit beslis nie vandag die geval nie. Ons oggend- en middag-wildsritte het nie veel opgelewer nie, maar dat die Mata Mata-omgewing oor 'n gesonde kameelperd-populasie beskik, is nie altemit nie. Ons het troppe van tot 17 getel.

Len het melding gemaak van sy broer-hulle se besoek waartydens hulle o.a. volstruise met kuikens gesien het. Wel - as al die volstruiskuikens wat ons al gesien het, sedert ons in die park gekom het, moet grootword, dan wag daar 'n volstruis-populasie uitbraak.

Die Auobpad is plek-plek baie nat met groot poele water. Maar die bietjie reën wat laasnag uitgesak het sal wondere vir die reeds groen Kalahari doen.

Na 'n 32° dag is dit nou heerlik buite. 'n Koue goue gaan nou goed af. Die blaf-geitjies is ernstig aan die maats roep en die Smokey Joe is aan die gang vir 'n paar lamstjops en Joey's boerewors wat op die spyskaart is vanaand.

1
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 14/10/2026 - 20:52

Lekker gelees aan jou skrywes met soveel detail. Laat my erg verlang na die Kalahari. Sien ook uit na foto's wanneer sein dit weer toelaat. Geniet die kuier verder.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/10/2026 - 09:49

Ek sien nou 'n berig dat Askham gister of eergister 110mm reën gekry het.

Lyk my die Kalahari is papnat!!!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/10/2026 - 11:47

... waar't jy die berig gelees oor Askham se reënval. Ek kon nog niks opspoor oor sulke hoë reënval die afgelope week nie. Ek weet dat dele van die Kalahari het goeie reën 2 of 3 weke gelede gehad.

Maar die Kalahari is pragtig voorwaar. 'n Mens kan amper nie glo wat jou oë in die Mata Mata-omgewing sien nie. Nossob se kant toe is dit nie so mooi soos hier nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/10/2026 - 12:01

Ons het weer tot by die nuwe piekniekplek by 14de Boorgat gery - en weer baie kameelperde gesien, maar verder niks noemenswaardig nie. 

Die paaie in die park se toestand is van die beste wat ek nog ooit hier ervaar het. Dit word gereeld gesleep. Maar o wee! - die donners wat nie kan stadig ry nie skop sommer weer gou die pad vol sinkplaat. Die skuldiges is veral die kampeerders wat van kamp verwissel en so vroeg moontlik by hul nuwe bestemming wil aankom. Gelukkig is hier nog heelwat ander besoekers wat by die reëls hou.

Vandag word 'n gematigde 33° voorspel - so ietswat van 'n lafenis.

Vanaand eet die oumense Roemeens. Die nuwe rooi driepoot sal weer gebruik word vir Tocanița de Cartoffe - iets wat ons by ons kinders leer eet het en wat meer deur my en Ralie gemaak word as deur my Roemeense kinders.

Diced Bacon, uie, aartappels, tamatiepasta en geurmiddels wat ons gereeld van Roemenië af terugbring. Ek sal weer môre-aand braai, wanneer ons in Twee Rivieren is.

1
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/10/2026 - 13:36

...het toe vasgehak oor Askham, vroegaand 13 Oktober.

Ek het die berig op Netwerk 24 gesien.

Daai vinnige donners is sekerlik die manne met 4x2 Hiluxe en Kavango's agterna. So bang vir vassit, verskoon hulle maar😁   

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 15/10/2026 - 21:06

... ek reken dat enigeen kan gereelde terugvoering - al beteken dit dat foto's nie dadelik geplaas kan word nie.

Doen net 'n bietjie moeite om 'n bietjie tyd af te staan vir terugvoering op die forum. Hoekom sal jy mense inlig oor jou beplande vakansie en dan jou bek hou oor wat jy ervaar.

Terloops - ons Roemeense gereg was heerlik. Ons pak intussen alle items in hulle plekke (die onderskeie houers wat almal gemerk is). Môre-oggend is ons rustig. Ons hoef eers 10:00 uit ons akkommosasie te wees en Twee Rivieren (waar ons eers 14:00 kan inboek) is net 120 km hiervandaan - met 3 stilhouplekke (piekniekplekke), te wete 14de Boorgat, Kamqua en Auchterlonie. 

Ek praat hopelik weer môre-aand.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus