133429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
JackalBerry Jackalberry Ridge, Jabula,… Goeie Hout -8 minutes ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -33 minutes ago
Len... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -57 minutes ago
Môre Chris ! Kgalagadi Oktober 2026 Len Loader -1 hour ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Lekker gesels. Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -2 hours ago

Kgalagadi Oktober 2026

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on Sun, 07/12/2025 - 18:36
Forums

My beplande Oktober-kuier in Kgalagadi begin al meer in plek val. Met die uitsondering van een aand waarmee ek nog nie geholpe kon raak nie, begin die toerplan al hoe meer vorm aanneem.

Ons skop af met 2 aande in Twee Rivieren gevolg met 4 aande in Nossob. Beskikbaarheid van akkommodasie in Nossob, 'n dag later as die datum waarop besprekings geopen het, is net so goed soos om wors te soek in 'n hondehok. Maar geduld en gereelde loer op Sanparke se webblad, het vrugte afgewerp.

Intussen kon ek, na nog 'n aand in Twee Rivieren, ook 2 agtereenvolgende aande se akkommodasie in 'n rivierfront chalet in Mata Mata bekom en drie aande in Kalahari Tented Camp (KTC). Ek benodig nog 'n nag tussen Mata Mata en KTC maar ek is positief dat ek met die benodigde nag (15 Okt) in hetsy Mata Mata of KTC gaan regkom. Ek sal maar geduldig voortgaan met my soektog.

Ek sou wat wou gee om 'n nag of twee in hetsy Gharagab of Bitterpan te bekom. Ek het mos nou 'n 4x4.

Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 06/10/2026 - 05:33

Dankie ChrisB vir die lekker gesels oor die toer en wat julle ondervind by die oornag blyplekke. 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 06/10/2026 - 07:45

Vir die afgelope maand het probeer saamgesels, maar die forum wou nie my toelaat om aa te teken nie, vandaar my afwesigheid.  En vanmôre, siedaar, ek is sommer outomaties aangeteken.

Ek kan vir jou redelike vars Kgalagadi-besoekers inligting gee van mense wat op 1 Oktober  vanuit Kgalagadi teruggegekeer het. My 81-jarige broer en sy seun (beide van Oostenryk) het pas teruggekeer na 'n baie aangename en suksesvolle besoek aan Nossob (in witlakens natuurlik). Dit was nogal 'n waagstuk want my broer het, behalwe sy gevorderde ouderdom, baie gesondheidsprobleme.  Gelukkig was hy saam met sy seun wat 'n oor-neus-en-keel chirurg in Oostenryk is,  en hulle het ook 'n satalietfoon gehuur vir noodgevalle.  My broer was 40 jaar gelede, voor hulle Oostenryk toe geëmigreer het, 'n ereveldwagter by die destydse Parkeraad. Hy het destyds saam met veldwagters verskeie spesiale pad-roetes en staproetes in Kgalagadi fisies ondersoek en beplan wat toe later ingestel is. Hy het hierdie besoek en ook die besoek saam met my en sy dogter 'n maand gelede in Kruger Wildtuin, beskou as sy afskeid van Suid-Afrika en ons wildtuine.

Terug na Kgalagadi :  Pa en seun het 'n fantastiese ervaring gehad, alles het vlot verloop. Hulle het Kaap toe gevlieg en by my tuisgegaan en van hier af Upington toe gevlieg, daar  'n 4x4 gehuurde Fortuner (met 'n vrieskassie agterin) in ontvangs geneem.  Die voertuig-huur is deur my kinders vir hulle gereël en die huur firma het hulle selfs met die Fortuner by Upington se lughswe gaan opolaai ! Vandaar  het hulle tot by Askam gery en daar hul vleisbehoeftes (wat ek met my kinders  se hulp, vooraf by Askam Deli bestel het) in ontvangs geneem. Uiters vriendelike en behulpsame personeel oral.  Vanaf Askam het hulle tot by Kalahari Lodge, 5km vanaf Tweerivieren-hek,  gery waar hulle oornag het.

Volgens die Oostenrykers was die paaie glad nie so sleg as waarop hulle voorbereid was nie en die afgeblaasde bande na 1.6  kon moontlik daartoe bygedra het.  In Nossob was alles puik met uiters vriendelike en behulpsame  personeel. WiFi was beskikbaar teen 'n koste en hulle kon selfs met hul gewone selfone met hul geliefdes in Oostenryk praat.  Hulle was gaande oor die wildlewe en verskeidenheid interessante voëls.  In die een week wat hulle daar was het hulle 16 keer leeus gesien, ook 'n luiperd, gemsbokke, talle jakkalse en talle volstruise (met kleintjies) en al die ander meer algemene wild.

Chris, geniet julle besoek daar.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/10/2026 - 08:08

...welkom terug op die forum, moet net nie weer "log of" nie. 

Ek wil net bevestig, daai 16 kere leeus sien, was nie elke keer dieselfde leeus nie???

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus