Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -4 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago

Goeie hout se Noord & Oos Kaap toer 2027

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Op versoek van Goeie hout begin ek die gesprek vir hom.

Hy soek raad oor 'n teerpad wat Williston en Sutherland verbind. 

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 03/09/2026 - 12:22

Sê maar niks nie Goeie Hout. Klink sommer aangenaam en verstaan die opgewondenheid. 

Ons gaan einde September so paar dae Agulhas nasionsle Park toe nadat ons n 70ste verjaarsdag naweek plesierigheid by was in Barrydale en daarna by n goeie vriend in Gansbaai gaan inloer het.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 03/09/2026 - 18:39

Wessel - Ek check net my spelling want ek is uitgelag....en righly so.

Neef en Geert- Navigator wil nie meer Victoria Baai gaan.  Sy is bang die Nepal "afere" speel daar ook af.

So ons gaan Glentana toe.  Hulle is natuurlik R 700 per nag.  Sonder brekkie.  Lesatsi in Van Rhynsdorp is R800 met n brekkie.

Mooi aand almal.

Volgende week werk ek in die weskus so ek sal nie so gereeld aanlyn check.   

Lekker aand almal en geniet Saterdag aand...

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/09/2026 - 19:52

...was julle al by Glentana??? Ek sal nie in reentyd soheentoe gaan nie. Gaan kyk gerus op internet na die ligging. Die bergwater en groot deel van dorp se stormwater word gepyp by enigste in/uitgang na woonwapark.

As ek reg onthou, was daar al in die verlede erge oor[d]stromings.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/09/2026 - 22:06

....onthou net 1 ding, mens kan nie vir enige natuurfrats voorsiening maak nie. Kyk wat gebeur gereeld in Meiringspoort, en ons ry almal gereeld steeds daarlangs.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 04/09/2026 - 09:57

Ons het 10 jaar gelede (Oktober 2016) vir 'n paar dae by Glentana gekamp. Alhoewel jy nie daar 'n see-uitsig het nie, is dit 'n lekker en netjiese kampeerterrein. Die staanplekke is lekker grasbedek. Skadu is min, behalwe as jy teen die kant onder die (was dit?) melkhoutbome kamp. Maar stap net uit by die oord se hek en jy is by die strand se parkeerterrein.

Ek plaas sommer 'n paar foto's van die kamp.

Glentana

Glentana

Glentana

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 04/09/2026 - 18:51

... die paar keer wat ons mekaar al raakgekamp het, het jy mos gesien ek is maar 'n slordige kamper.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 07/09/2026 - 18:27

Dankie Chris B.

Jip Navigator het gese sy wil Glentana probeer.

So ek val maar in.  Navigator is sterker as die all black skrum.  IN KLEIN LETTERS GESPEL.

Navigator is bang die rivier by Storms rivier kom af soos in Napels.

Ek gaan nie stry.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 07/09/2026 - 18:31

Jou set-up by Krokodil brug was baie mooi.  Moenie dat Oom Len jou intimideer.

 

Grappie.  Groete uit Langebaan.

Werk die week in Weskus. 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 14/09/2026 - 13:54

Nog net 6 maande dan is ons daar.

Swaer Dirk en sy mamma ry ook saam.

Fleetline was die naweek gewas en gepolish.  (WAX ON WAX OFF)  Karate Kid.  Ek sit die polish ekstra dik aan op hom.  Word nou rge gemaak vir die sommer naweek kampe.

Lekker week verder.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/10/2026 - 08:44

Ek tel die dae behoorlik af.  Maar voor die toer is dit amper vir n maand in Onrus.  Ons het ons selfde plot gekry en sien heerlik daarna uit.  

Ek het n biekie laat werk aan my Gazebo.  Ekstra kante laat maak by Vince in Parow Industrial.  So kan regtig nie wag nie.  Ek het altyd gesukkel om die Gazebo op te slaan, want hy is groot en complicated.  Die kleure het verdof op die konneksies.  Ek het toe die konneksies genommer van 1 to 9.  Nou slaan ek die ding vinnig op.  Vat hom sommer nou saam vir n naweek kamp....

Ek het ook n warm water kraantjie gekoop op take a lott.  So dan warm water by buite was bak..Hoop dit werk.  Hoop navigator is impress.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 25/10/2026 - 10:07

die tyd stap vinnig aan. Toe jy hierdie draad vyf maande gelede begin het, het ek gedink dis nog 'n leeftyd voordat jou toer aanbreek - helfte is verby. Met die verbeteringe aan jou gazebo en die warmwater kraan glo ek julle sien nog meer uit na die trip. Onrus, waar dit seker reeds gaan diens doen, is om die draai. Geniet die vooruitsigte.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/10/2026 - 11:26

...verdien na my mening 'n unieke gespreklyn. Dit moet aan die groot klok gehang word, en nie die Noord & Oos Kaap gesprek besoedel nie.😁

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/10/2026 - 12:54

Baoe dankie.  Ongelukkig lewe ek vir sulke kampe en toere en Navigator se altyd.  Ek moet leef vir nou.

Ek mag dalk na die maand in Onrus my toks ophang, want die wetgewing in die FINANSIEL SEKTOR raak nou een te veel.

Maar ek gaan elke oomblik geniet.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/10/2026 - 15:13

...ek hoor wat jy seg oor werkomstandighede.

Ek het geen idee van jou ouderdom of geldelike welvaart nie, maar bedink mooi. Pensioengeld word gebou oor laaste paar jare. Moenie blindelings toks uitskop, voordat die eindfluitjie nie vir jou geblaas word nie.   

Probeer 'n afgetrede wetenskaplike nou geldsake aan iemand in die finansiële sektor preek😁

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus