Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -54 minutes ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -1 hour ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Media24 se koerante en tydskrifte op jou tablet

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is 'n ingeskrewe kliënt van Media24 en kry my koerant (Die Burger) daagliks by my voordeur afgelewer.  Dit gee my ook dan gratis toegang tot al Media24 se koerante en tydskrifte op my tablet waarvoor ek glad nie lief is nie.

Gegewe dat ons nou een van die dae vir langer as 'n maand met vakansie gaan wees, wil ek nou ook maak soos my vriend ChrisB.  Hy lees graag sy koerante en tydskrifte op die tablet, ook as hy op vakansie is.

Ek moet natuurlik nou eers oefen en het toe vandag nie die Rapport gaan koop nie en die 62 bladsye op die tablet probeer lees.  Wat 'n gesukkel met die heen en weer skuiwery op die skerm omdat die bladsye te groot is.

My tablet het nie 'n SIM-kaart in nie en ek aanvaar dit werk van my huis WiFi.  Hoe nou gemaak as ek weg van die huis met vakansie is ?  Moet ek 'n SIM-kaart vir die tablet aanskaf en gebruik die diens (koerante en tydskrifte) baie data ?  Vir ons selfone en my laptop het ek 'n klein Vodacom mobiele 5 GIG WiFi met sy eie simkaart wat ek gebruik as ons met vakansie is - koste R100pm. Sal my tablet hierdie mobiele Vodacom WiFi kan optel sonder 'n SIM-kaart ?

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 25/10/2026 - 18:59

Ek voel verlore daarsonder. Ek lees dit daagliks - Maandag tot Saterdag Die Burger en Rapport se berigte op Sondae.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus