Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wyse besluit Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -12 minutes ago
"Smart move" Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel se vraag : Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -2 hours ago
Aide Call 24/7 Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -2 hours ago
Net in skukuza ??? Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -2 hours ago
Ek het my huurvoertuig, 'n… Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -2 hours ago

Len gaan weer Kruger Wildtuin toe in Junie 2027

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek gaan nie toelaat dat gras onder my voete groei nie al het ek nie meer 'n Exclusive om mee te kamp nie. Julle gaan dus nog met my opgeskeep sit, maar verdra my tog maar.

Gegewe my gesondheidstoestand en die feit dat ek nou 'n alleenloper is, het ek op aandrang van my kinders 'n elektroniese instrument wat ek aan my arm dra wat gekoppel is aan 'n 24/7 nood-sentrum om onmiddellik bystand te verleen as ek iets oorkom.  Die enigste vereiste is daar moet 'n selfoonsein beskikbaar wees. Ek kan net die noodknoppie druk (as ek kan) en dan praat die nood-sentrum direk met my.  Ek kan enige plek in SA wees dan sien die sentrum die GPS-koördinate presies waar ek is en stuur dadelik 'n ER24 ambulans na my. Terselfdertyd sien die operateur al my detail en mediese geskiedenis op sy/haar skerm en bring die inligting oor aan die ambulans personeel. As ek geval het of in 'n ongeluk was en nie kan praat nie, stuur my instrument 'n sein outomaties af na die nood-sentrum. Ek moet nog vasstel hoe die nood-sentrum tewerk sal gaan as toegang tot die plek waar ek is, beperk is, soos in die Kruger Wildtuin. Jammer vir hierdie lang relaas, maar julle sal later sien hoekom dit nodig is om dit te verduidelik.

Ek is bespreek om vir 10 dae vanaf 14 Junie 2027 by Skukuza in die Kruger Wildtuin te wees.  Ek het ook 'n vlug vanaf Kaapstad tot op Nelspruit bespreek waar ek 'n voertuig sal huur vir die volgende 10 dae en dan ingaan by Malelane-hek.

Ek sal in Skukuza wees een maand voor my 80ste verjaarsdag en het besef dat ek nie meer maklik die 2000km tot in die Wildtuin en weer 2000km terug per motor sal kan aflê nie. Vliegtuig vlieg is dus die aangewese reismetode om in die Wildtuin te kom.

In Skukuza is ek bespreek in een van die nuwe, opgeknapte rondawels. Kyk gerus in die ondergemelde skakel hoe dit binne-in lyk.  Ek sal my wat verbeel om in so 'n luukse affêre in die Wildtuin tuis te gaan.

https://www.youtube.com/…

 

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 01/11/2026 - 19:47

So paar jaar gelede was ek genooi. Van George tot by Hoedspruit lughawe gevlieg. Daar was ons opgepik en verder die vreemde in na n privaat Lodge.  

Ek sien daar is steeds vlugte op dieselfde roete, en sal beslis werk vir ons ipv 6 dae op die pad en 4000km later. Sal moet gaan kyk waar is Klaserie op n kaart, en hoe gemaak van daar af. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/11/2026 - 05:56

Indien julle van 'n huur-voertuig gebruik wil maak, tydens 'n Kruger besoek, gaan na die inset van Geert getiteld "Wessel" op die November 2026 gespreklyn.

Daar is 'n koppeling na "kittedafrica.com" wat voertuie het op sekere lughawens naby Kruger. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 02/11/2026 - 09:45

Ek het my huurvoertuig, 'n Toyota Starlet Cross by Thrifty Car Rental by Nelspruit lughawe bespreek teen die beste tarief wat ek kon kry. Thrifty is 'n filiaal van Hertz Car Hire.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/11/2026 - 09:58

Len, gaan jy dit nie oorweeg on jou 10 aande oor meer as een kamp te versprei nie. Jy hoef mos nie kamp af te breek om te skuif nie.

Gooi klere in tas, en elke kamp het winkel waar jy tandeborsel kan koop.😁

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 02/11/2026 - 10:12

Ek het hierbo in my inleiding-inset vertel van my Smart Watch se noodsein funksie indien ek iets sou oorkom.

Ek het my situasie in die Kruger Wildtuin na AidCall24/7 verwys en onmiddellik hulle terugvoer ontvang.  AidCall het intussen met die Kruger Wildtuin bestuur gepraat en ek moet tydens my arrivering by Malelane-hek vasstel watter noodnommer is by Skukuza aktief asook die naam en nommer van die betrokke seksie-veldwagter.  Hierdie inligting moet ek na AidCall in Kaapstad deurgee wat dit tydelik op my profiel by hulle stelsel sal laai.  Ek moet ook wanneer ek in Skukuza is vasstel wat my chalet-nommer is en dit ook aan AidCall deurgee.  Sou my SmartWatch 'n noodsein optel, sal die noodsentrum onmiddellik Skukuza se noodnommer skakel en die noodgeval deurgee. Die Wildtuin-noodprosedure tree dan inwerking.  Sou ek dringend by 'n hospitaal moet uitkom, Sal ER24 Ambulansdiens na die naaste hek gestuur word waar die Wildtuinpersoneel my aan die ambulansdiens sal oorhandig.

Ek dink dis die beste wat ek kan doen omdat ek alleen in die Wildtuin sal wees en vind dit nogal gerusstellend. My kinders is ook dankbaar en tevrede dat so 'n reëling in plek geplaas kan word.

Ns. My SmarWatch maak gebruik van 'n Vodacom-simkaart om 'n sein te ontvang en om met my te kommunikeer. Volgens berigte het Vodacom die beste sein verspreiding in die omgewing van Skukuza.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 02/11/2026 - 10:18

Ek het besluit net op Skukuza Wessel.  Tien jaar gelede met my 70ste verjaarsdag het ons en ons kinders met hul gesinne vir 14 dae in Skukuza gekamp en ons gate uit geniet, met baie wildbesigtings roetes beskikbaar. Ek gaan maar net met Skukuza volstaan veral omdat daar dokters beskikbaar is.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/11/2026 - 10:25

Len, dit klink mos na 'n 100% aanvaarbare verklaring vir jou bespreking. 

Eintlik is dit fantastiese diens wat Aidcall bied. Kans vir ongemerk afdwaal van die smalleweg is uiters skraal.😁

Let wel, die vakansie word as 'n volwaardige kampeer aangeleentheid erken. Fotos, daaglikse terugvoer en derglike dinge geld dus, Capice 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 02/11/2026 - 12:24

Goeie besluit. 4 jaar terug toe ek skielik met bloedklonte sit in Satara, moes ek na Nelspruit hospitaal.....dis ver. Soos oom Len sê....lekker vir die gemoedsrus om nader aan mediese hulp te sit

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus