Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert, November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wessel. Wessel..... November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Desember 2027 Dwarswegstrand - Januarie 2026 Geert -2 hours ago
Jaareinde rusteloosheid... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Kieterkat!!! November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Johann L November 2026 Geert -7 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Kaap

Goeie Hout

Wed, 11/11/2026 - 08:26

Goeie more almal.  Oor minder as n maand is ek by die see in Onrus.  Meeste goeters wat verander moes gewees het, is gedoen.  My Gazebo het ek kante laat maak sodat ons n lekker eetkamertjie kan he.  Braai gadjets is skoon gemaak, so ek kan nie wag nie.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 11/11/2026 - 08:34

🎶🎶 🎷 Geluk Neef Herman. Ek wens vir jou 'n baie spesiale dag, mooi jare wat voorlê en sommer 'n klomp mossies op jou voorstoep.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 11/11/2026 - 09:57

....geniet die toetsbestuur eksperiment. Hou ons ophoogte van jou [julle???] mening daaromtrent.

Gaan jy ander bakkies ook bevoel en bestuur??? 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 11/11/2026 - 11:39

Dankie vir die goeie wense maters. Waardeer dit baie. 

Voolie se eiertjies het gister uitgebroei. Nou is dit weer bontstaan met die kos aandra. Piet is maar effe treurig in die area. Voolie is erg besig met wurmpies soek.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/11/2026 - 12:09

Baie geluk met jou verjaardag, mag jy 'n baie geseënde jaar geniet.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/11/2026 - 06:55

More Wessel lyk so, mens kan die strepe onder die oë sien as jy die foto vergroot.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 12/11/2026 - 13:26

....het my aangeval. Sit hier in warm Brits, loop koeskoes om 37C hitte te mis. 

Sit sommer en kyk na roete opsies Baviaanskloof toe, met die dat Meiringspoort blykbaar nog so toe soos 'n klei-os se blaker mag wees volgende jaar.  

Ek aanvaar dat mens nie diesel tekoop gaan kry tussen N9 en Patensie nie. Ek sal dus die jerrykanne volmaak vir ingeval die groot dors vir Grompie aan die keel gryp.

Ek beny julle wat binnekort kan hak en die pad vat na 'n vakansie bestemming ----waar dit gewaarborg koel is.

Rusteloosheid kan mens onbesonne dinge laat aanvang, selfs as daar nie drank betrokke is nie. So wys Marie my netnou die Gecko wat in die mark is, klaar toegerus met aircon, vrieskas, Ewiks skuiwers, voltent, teen 'n baie goeie prys, as mens die genoemde items inagneem.

Nou gaan ek eers skuislê op koue teelvloer, voor 'n "aircon", maak besluitneming soveel makliker.   

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 12/11/2026 - 16:58

kan een mens homself nou so pynig? Ek praat nie van die harde vloer nie, daardie Gecko wat jy so graag wil hê. Marie wys vir jou die advertensie! Is dit nie alleen die groen lig nie? Voordat jy jou oë uitvee is hy verkoop. Spring nŏŭ, bederf julself en die rusteloosheid sal wyk - gewaarborg.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 12/11/2026 - 17:14

ek sien jou plasing op die Dwarswegstrand-draad. Beplan jy 'n kuier in daardie rigting?

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus