Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Aan die man van die dag
🎶🎶 🎷 Geluk Neef Herman. Ek wens vir jou 'n baie spesiale dag, mooi jare wat voorlê en sommer 'n klomp mossies op jou voorstoep.
Baie geluk
Baie geluk Herman. Geseënde nuwe lewensjaar toegewens
Goeie hout...
....geniet die toetsbestuur eksperiment. Hou ons ophoogte van jou [julle???] mening daaromtrent.
Gaan jy ander bakkies ook bevoel en bestuur???
Dankie vir die goeie wense…
Dankie vir die goeie wense maters. Waardeer dit baie.
Voolie se eiertjies het gister uitgebroei. Nou is dit weer bontstaan met die kos aandra. Piet is maar effe treurig in die area. Voolie is erg besig met wurmpies soek.
Baie geluk Herman met jou…
Baie geluk Herman met jou verjaarsdag, hoop jy word uit jou sokkies bederf vandag soos al die ander kere.
Cheetah ???
Môre Johann, lyk vir my na 'n Cheetah sonder 'n voetbal.
Jaareinde rusteloosheid...
....het my aangeval. Sit hier in warm Brits, loop koeskoes om 37C hitte te mis.
Sit sommer en kyk na roete opsies Baviaanskloof toe, met die dat Meiringspoort blykbaar nog so toe soos 'n klei-os se blaker mag wees volgende jaar.
Ek aanvaar dat mens nie diesel tekoop gaan kry tussen N9 en Patensie nie. Ek sal dus die jerrykanne volmaak vir ingeval die groot dors vir Grompie aan die keel gryp.
Ek beny julle wat binnekort kan hak en die pad vat na 'n vakansie bestemming ----waar dit gewaarborg koel is.
Rusteloosheid kan mens onbesonne dinge laat aanvang, selfs as daar nie drank betrokke is nie. So wys Marie my netnou die Gecko wat in die mark is, klaar toegerus met aircon, vrieskas, Ewiks skuiwers, voltent, teen 'n baie goeie prys, as mens die genoemde items inagneem.
Nou gaan ek eers skuislê op koue teelvloer, voor 'n "aircon", maak besluitneming soveel makliker.
Wessel. Wessel.....
kan een mens homself nou so pynig? Ek praat nie van die harde vloer nie, daardie Gecko wat jy so graag wil hê. Marie wys vir jou die advertensie! Is dit nie alleen die groen lig nie? Voordat jy jou oë uitvee is hy verkoop. Spring nŏŭ, bederf julself en die rusteloosheid sal wyk - gewaarborg.
toetsbestuur eksperiment
OOO Ek het geval vir die Amarok. Hy is amper net so breed soos Fleetline. Jo.
Wow wat krag en alles ingesluit computers ens ens. Hy het tot n flippen kompas.....
ZuZie staan vannaand alleen by n handelaar. Shampies.
toetsbestuur eksperiment
Ek is geleer om kar te koop of Bakkie, dan betaal jy hom af. En ry nog 6 jaar en spaar daai paaiement.
Zuzie het ek gery vir 12 jaar. My vriend wat die agentskap het op dorp se ek is nie n goeie klient. Ek koop net 1 in 12 jaar.
Ek is nie Whitee wat n Porsche kan ry en se die waarde daal nie. As julle maar weet wat ek gekry het vir Zuzie. Baie meer waarde as n Porche.....
Goeie Hout
As ek nou reg verstaan staan die nuwe Amarok reeds op jou werf. Indien so, veels geluk en ek wens vir julle baie veilige myle.
Foto?
Hallo almal
Onthou ek koop nie elke 10 jaar n voertuig. Ek koop elke 12 jaar nvoertuig.
Amarok se 2 liter. Nogal Automaties. Toe ek toets bestuur toe slaan die verkoops my linker hand heeltyd van die gear level af. Hy se dis automaties. Sit hand op linkerknie......
Dankie Rona. Dis dalk laaste koop voor aftrede.
En ek het Navigator saam geneem. Sy hou van die Anderrok. Sy kan staan op die kante en dan in klim. Sy is nog korter as ek.








Onrustig op Onrus
Goeie more almal. Oor minder as n maand is ek by die see in Onrus. Meeste goeters wat verander moes gewees het, is gedoen. My Gazebo het ek kante laat maak sodat ons n lekker eetkamertjie kan he. Braai gadjets is skoon gemaak, so ek kan nie wag nie.