Nadat ons uitgemis het (a.g.v. gesondheidredes) van ons twee onderskeie maandkampe by Dwarswegstrand, wat sou plaasvind vanaf 4 Nov tot 4 Desember en 14 Januarie tot 13 Februarie, het ons besluit om een van die die strandfront-woonstelle by dié oord vir twee weke te huur. Die aanvanklike gedagte was om vir 10 aande te gaan, maar toe ek skakel word ek meegedeel dat 14 aande teen 'n spesiale tarief is. Dit kos my nou R717.50 per nag - waar dit my vir 'n R1 075 per nag vir 'n korter periode sou gekos het. Dit sou my dus R10 750 vir 10 aande gekos het, maar nou kos dit my R10 045 vir 14 aande. Dit kom daarop neer dat die oord my eintlik R705 betaal om 4 aande langer te bly. Watter "bargain"!!
As alles volgens plan verloop, vertrek ons dus oor 4 weke vir genoemde wegbreek. Die beskuit is besig om te bak. Die inpaklys is besig om vorm aan te neem. Die nuwe Hilux se bedrading vir die kampvrieskas is getoets (en dit werk). Die spyskaart is uitgewerk en die vrieskas sal dienooreenkomstig gepak word. Donderdag word die nuwe seisoen se appelkooskonfyt gekook - 'n onontbeurlike noodsaaklikheid vir visbraai.
Intussen kuier ons lekker by die huis tot ons vertrekdatum aanbreek. Ons plaaslike kinders/kleinkinders sal oor Kerstyd hier by ons wees en ons loop gelukkig die "silly season" by 'n strandoord mis. Buitendien is Januarie, wat die weer aanbetref, na my mening 'n beter tyd om by die see te kuier as Desember. Die heel beste tydperk vir kuier by die see (in die Kaap) is egter Feb/Mrt. Maar dan sal dit Jan Tuisbly se karretjie vir ons wees ter wille van voorbereiding vir ons ver kuier in Mei/Junie.
Ons wil nie ...
... honger ly by Dwarswegstrand nie. Dinge begin so stadigaan in plek val.
Die beskuit is gister gebak en oornag uitgedroog.

Die appelkose is vanoggend gemaal, die suiker bygevoeg en staan nou en wag vir môre se konfyt-kooksessie.

Ons het eers vanoggend op Caledon gaan aansoek doen vir die hernuwing van die "antie" se bestuurderslisensie wat op 25 Januarie verval. Dit is ironies dat sy toegelaat word om 'n karavaan te sleep, terwyl sy dit nog nooit gedoen het nie. Maar my skoondogter moet nou gaan uitpasseer vir 'n nuwe lisensie terwyl sy kán karavaan-sleep. Sy benodig dit omdat hulle soms op plekke gaan kamp waarnatoe die karavaan en die skiboot gesleep moet word.
EB uitpasseer
Chris B, jy moet tog vertel presies wat sy moes doen om lisensie te kry.
Ek het êrens die toets bekom en gebêre, en dit het nogal moeilik gelyk. Ek kon dit nie laai nie want dis in pdf formaat. ek kan dit epos indien nodig
Mens moet die volgende praktiese dinge kan doen;
1]90 grade draai vorentoe sonder om ut strepe te gaan of randstaan te raak
2] Teen 'n helling wegtrek, sonder ruk, sonder stol en geen terug loop nie. Outomaties trokkie is antwoord
3]40m reguit tru stoot
4] 90 grade agteruit tru in 3.5m baan.
5] paralel parkeer, enige kant, nadat jy die wa afgehak het, en dan weer hak.
Wessel ...
... geen idee nie. My skoondogter moet nog gaan uitpasseer. Die "antie" het outomaties haar EB-lisensie ontvang bloot omdat sy al in 1971 haar lisensie gekry het. En om die ironie te vergroot - daardie jare is 'n plaaslike persoon (gewoonlik een of ander sakeman) in die kleiner plattelandse dorpies met die taak toevertrou om nuwelinge uit te passeer. Die "antie" moes net om een van die straatblokke in Prins Albert ry - en voila, sy't haar lisensie (wat nou outomaties 'n EB-lisensie is).
Desember 2027
Besprekings vir Desember 2027 maak Saterdag 21 November oop






DWS huisies
As ek nie 'n vakansie af Kaap toe moet beplan met verskeie oorde en die ousus besoek in Bellville nie, sal ek sowaar ook eerder 'n huisie bespreek, as 'n woonwa staanplek.
Dalk moet ek ewe windgat George toe vlieg, 'n kar huur en net DWS toe gaan.
Ek gaan egter volgende jaar die WesKaap deel uitsny, en by KarooNP afwyk na Baviaanskloof en dan die deel tussen George en PE.