Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Goeie hout...
....baie geluk met Amarok, ek hoop jy gaan hom geniet en lekker sleep.
Ons sal natuurlik alles makliker glo, as daar stawende fotos is. Soos beterhelfte wat inklim!!!
Jy moet asb daai koop en betaal metode beter verduidelik, ons wetenskaplikes sukkel met finansiële begrippe😁 Net dalk wil ek ook iets anders koop. Of werk daai metode SLEGS as mens weer wil koop???
Ek glo weer aan kontant koop, en spaar klomp geld op 6jaar se rente.
Uile by Nossob
Dis nou baie interessant, dankie Geert. Ek het nie eens gedink dat uile in groepe voorkom nie. Wonder watter spesie dit is en of dit 'n algemene verskynsel is. Miskien is daar 'n muisplaag wat soveel na dieselfde plek lok. ?
Wildehont sou moontlik geweet het wat ons hier sien - mis hom.
Geert,
Dankie vir daai mooi fotos van die Cheetahs, dit is beslis die mooiste dier in my oë.
Uile, om een of ander rede, het 'n spesiale bekoring by meeste mense, by my ook, 'n besonderse voël.
Goeie hout, baie geluk met die Anerrok, dit is wraggies 'n baie goeie en betroubare trek perd. Hier in my huis sit nou 'n baie jaloerse ouman en dagdroom.
Nossob se watergat ???
Ai tog, noudat Chris B nie daar is om hulle te geniet nie, maak hulle, hulle opwagting.
Goeie hout...
...jy sal meer inligting moet gee, om my nuuskierigheid te bevredig!!!
Watter model het jy gekoop,
1] 2l met 110 of 125kW masjien
2] 4x2 of 4Motion
3] die Life, Style, Pan Americana of Aventura ???
4] tipe ratkas, 6 of 10 ratte vorentoe
Gelukkig het jy die hele naweek om dik boek te bestudeer. Jy gaan omtrent moet van vooraf leer om met daai wa 'n woonwa te sleep.
Dood se stilte
Dit lyk vir my of die gebruiklike naweekstilte sommer vroeg aangebreek het.
Ek het gehoop ou Goeie hout vergas ons met Amarok fotos en spesifikasies.
Ons kry warm in Brits. Vanmiddag so 17h00 was dit nog 37C onder my afdak. Die huis koel net nie af nie.
As julle niks vêrder van my hoor nie, is dit omdat ek soos slap roomys op die koue vloer lê.
Ek raak so stil...
wanneer ek benoud is - miskien ander ook. Dit alles oor die Springbokke vs Frankryk later vanaand. Onthou daardie kwarteind in 2023 se wêreldbeker - SA 29, Frankryk 28. Vermoed die Franse gaan met 'n groot aanslag kom - "unfinished business" Ons kan nie bekostig om een wedstryd in die reeks te verloor nie. Hou asem op.
Goeie Hout en Amarok se kompas
"Hy het tot n flippen kompas....."
Ek het nog altyd gewonder hoekom ek so gek is na my 13 jaar oue Nissan Pathfinder - hy het al sedert 13 jaar gelede onder andere ook 'n elektroniese kom pas.
Strikvraag
Wessel, ek sal hom vra want ek weet nie.
Die Pathie het 'n ingeboude GPS en die kompas is deel daarvan.
Watter een van die twee wys die Amarok ?
Len se Padvinder
Môre Len, gedagtig aan jou voertuig se naam, MOET hy mos 'n kompas in hê!!!
Ek dog die Padvinder het 'n aparte kompas in, soos wat die Mitshibushi's allerhande analoë wysers het wat omtrent alle hellings vertoon.
Ek praat onder korreksie, want ek onthou nie goed nie, 'n GPS wys ware noord. Ek glo nie dit het 'n magneet in om sodoende magnetiese noord te wys nie.
Magnetiese Noord
Gps glo ek stellig werk met ware Noord. Ek het Tracks for Africa op die Cruiser se Gps, en jy kan die skerm stel Noord prioriteit, dan vertoon die kaart op die skerm heeltyd Noord. Of anders roete prioriteit dan ry jy heeltyd reguit en jou kaart draai rond.Dink ek nou aan die ware Noord en Magnetiese Noord.
Hier by ons is ware Noord sowat 25° Oos van magnetiese Noord. Ek onthou 3 SAI Op Potch was dit 17° vandag us dit hier by 25°. Het gaan loer uit nuuskierigheid. So beteken dit dat die aarde teen n vreeslike tempo kantel ???? 🤫
GPS vertoon
Herman, jy sal dat ek om die blok gaan ry. ek onthou dat my Garmin GPS se kaart draai. As ek Oos ry, wys dit my pad reguit vorentoe oor die enjinkap. Dit wys dan dat my afdraai na P.Burg na links gaan wees. Draai ek op N1 na Pietersburg, draai die kaart sodat N1 weer reguit oor enjinkap vertoon word.
Uiteraard moet die Noord wysertjie steeds omtrent stilstaan, want ware Noord skuif nie.
Wys jou net, hoe staar ons na skerms, sonder om te dink wat in blikbreine daaragter aangaan.
Dink jy Trompie neuk rond met die magneet in aardbol😁Sal moet gaan lees, ek verbeel my dat inklinasie tussen magneties- en ware-Noord oor 'n jaar se verloop, varieer.
Magnetiese en Ware noord
Die skuif van magnetiese Noord is die direkte gevolg van die beweging van gesmolte ystererts/lawa in die aarde.
Blykbaar kan dit met soveel as 20grade verander met tyd, afhangende van jou ligging op die aardkors.
Trompie se bombardering van Iran berge, kon seker die lawa beweging verander het. 😁😁






Uile
EK weet nie of foto's duidelik op forum gaan vertoon nie, maar ek het nog nooit so baie uile bymekaar gesien nie. Dis nou 2de aand in n ry