Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Chinese bakkies Alternatiewe sleepvoertuie Geert -3 hours ago
Chinese bakkie pryse Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -4 hours ago
Len, verdamping... Springbok rugby Wessel Strydom -7 hours ago
Die weer in Kaapstad Springbok rugby Len Loader -7 hours ago
Protokol om te volg Springbok rugby Wessel Strydom -13 hours ago
Saterdag by Hennie's Springbok rugby Geert -22 hours ago

Springbok rugby

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on

Wie volg almal Soringbok rugby? Daar lê n lekker Springbok rugby program voor. Ek moes gister met n swaar hart my Springbok - All Black kaartjies van 5 September op FNB stadion oordra na vriende aangesien ek per ongeluk n wegbreek bespreking gemaak het oor dieselfde datum. Ek wou nog wegbreek datum aanskuif, maar het nie so uitgewerk nie

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/09/2026 - 11:25

... hy's sommer vol bollie. Maar ek moet toegee - ek was ook maar uiters versigtig optimisties oor Saterdagnag se rugby-uitslag.

Maar mensig - ek kry lekker oor die plaaslike Suid-Afrikaanse All Black ondersteuners se bek-af gesigte. Hulle het my behoorlik ge-"gore" na die eerste toets. Hier's nogal baie van hulle in 'n sekere deel van Kleinmond.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 14/09/2026 - 12:03

Hy is ook stil deesdae. 

....en Skerpioen laugh

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 14/09/2026 - 13:46

Nee ek het ook op gebly.

Ek sal nie kommentaar lewer oor die truie.  Julle weet my siening.

Maar vir die 2de keer die reeks kon ek sien in hulle oe hulle is bang vir ons..

Mooi week almal

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 10/10/2026 - 16:04

Jukskei derby het Bulle die leeus goeie pak slae gegee. Nou vir Natal teen WP. Lekker om al die Springbokke in hul provinsiale spanne weer te sien

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 10/10/2026 - 19:23

Daar wen die swart span....gehoop die oorspronklike swart span wen. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 14/11/2026 - 02:00

😲 Hy hou seker nou 'n SA rekord om al die verkeerde redes.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/11/2026 - 06:24

Ek is nie 'n rugby kenner nie,en het ook nie die wedstryd gekyk nie, dus moet ek liewer stilbly. Tog;

die Franse is KAPOK haantjies

weet Rassie dan nie, dat Libbok nie druk kan hanteer nie.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 14/11/2026 - 18:35

Die passie waarmee Frankryk en Wallis rugby gespeel het was indrukwekkend. Dit was mooi om dit te kon kyk. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 14/11/2026 - 18:42

Was n spannende laaste 20min van Walis NZ. Daai skare het baie gehelp. Blykbaar eerste keer weer sedert 1973. Jammer dat NZ 2x bonuspunte gekry het. Volgens chatgpt.com nie moontlik nie. 

Hierdie naweek goeie eye opener vir volgende jaar se WB.....dat enig iets moontlik is. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 14/11/2026 - 19:18

AB's (as verloorders) kon wel 2 bonuspunte verdien - een vir hoeveelheid drieë en ook een vir verloor met 7 punte of minder. Dink dis hoe dit werk.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/11/2026 - 19:45

Geert, volgens nuus vanaand op TV, was dit hule 1ste wen teen AB, na 1953!!!!

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/11/2026 - 06:53

Ek het begrip dat Rassie vir sy span in die bres moet tree, MAAR ek is seker daar is/geld protokolle wat hy moes volg om sy grief/bekommernisse korrek aan te meld.

Dalk wou hy maar net 'n vakansiebreek oor die feesseisoen vir homself reël.😁 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 18/11/2026 - 13:09

Dis vandag hel-warm hier in ons kontrei - 38º !

Ons damvlakke is nog nie krities nie, maar om pro-aktief te wees is daar besluit om vanaf 1 Desember Vlak 1 waterbeperkings in te stel.

Onder andere hieroor, het ek toe maar vandag 'n swembadkombers gaan koop om die  verdomde verdamping iewat hok te slaan. Ek het so 10 jaar gelede ook een gekoop, maar dié het na 'n skaflik diens van 8 jaar die gees gegee en ek moes dit weggooi.

Omdat ons nie in die somer reën kry, gaan dit maar lol om te keer dat alles wat lewe het nie verskroei nie.  Geniet dus maar, en waardeer dus die lekker reën wat julle daarbo kry, al is daar ook nou en dan storms en vloede.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/11/2026 - 13:22

...kan jy ook baie minder maak deur hiasinte in jou bad te kweek. Die ander opsie is waterblommetjies!!! 😁

Is waterblommetjies seisoenaal, dan het jy sommer ekstra geldjie vir  roomys in Kruger.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus