Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
NB. Dit sal dalk nodig wees… November 2026 Johann L -17 minutes ago
Goeie hout November 2026 Johann L -20 minutes ago
Vroue proppie November 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Rev November 2026 Goeie Hout -12 hours ago
Hallo almal November 2026 Goeie Hout -12 hours ago
Amarok torque kurwe November 2026 Wessel Strydom -13 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/11/2026 - 20:08

Ek kry ewe vanmiddag 'n sms van Santam, waarsku my om voertuie onderdak te kry. Seg so ewe, nie YR of accuweather voorspel lelike weer nie.

Mensig, so 17h15 breek hier 'n haelstorm los. Gelukkig fyn hael, maar seker vir 'n kwartier aanmekaar met wind. 

Ek het geen skade nie, maar ek moes 3 breke op die elektriese heining regmaak. Die hael slaan die "tensioners" stukkend, drade verslap en kortsluit die  stelsel. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 19/11/2026 - 05:41

(Vandag is dit Jan se beurt. Gelukkige verjaardag. Ek wens vir jou net die allerbeste vir die jaar wat kom, met goeie gesondheid) 

Dankie Rona die dag het toe aangebreek 😁

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 19/11/2026 - 05:42

Geniet jou spesiale dag, en ek wens vir jou 'n mooi jaar vorentoe.

Glo dit is nou die regte datum😸

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/11/2026 - 06:49

Goeie môre Jan, mag jy 'n heerlike verjaarsdag geniet vandag, met al jou lekkernye en derglike dinge.

Ek wens jou toe, 'n gesonde vreugdevolle nuwe lewensjaar.

PS: Enige geskenke wat verband hou met die Jimny, vereis 'n foto mededeling.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/11/2026 - 07:29

....hoekom so stil????

Geniet jy die Amarok, klaar deur die boek gewerk?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 19/11/2026 - 09:11

Baie geseënde jaar vir jou, mag jy 'n goeie jaar geniet.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/11/2026 - 11:08

Ek hou die olieprys die afgelope tyd fyn dop. Ek sien nounet die prys is steeds onder 93dollar/vat Brent.

Net hopenlik is daar tog 'n brandstofprys verligting vir komende Desember.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 19/11/2026 - 11:53

Jammer ek is bietjie besig.

Daai boek gaan lank vat om deur te werk.  Die onderrok het baie goeters nou in wat ek op ZUZIE se dashboard gehad het.

So ja ek het dit in ontvangs geneem en my pasasiers kla dat ek te hard die briek trap met die linkervoet.  Ek soek die clutch, maar Onderok is automateek.  Groot aanpassing

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 19/11/2026 - 11:55

Die Onderok se ander naam is Bos Polo.  Sy loop bitter lekker.

Maar sy is wyer as Zuzie, so sukkel om te parkeer en ek is klein en navigator nog kleiner.  So ons gly uit die Onderok.  Moet n trappie kry.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 19/11/2026 - 11:58

Sy het n lekker kappie van staal of aluminum.  RHINOMAN.  As die kante oopgaan moet ek op n bankie staan om my gadgets uit te haal.....

Groete aan almal.

Ons gaan die 11de RUSTIG ry na ONRUSTIGE ONRUS.  Kan nie wag om te sien hoe sy gaan vaan voor die Fleetline.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/11/2026 - 12:24

....lyk baie netjies. 

Rhinoman kappie is van Aluminium [sommer Allie]. Daai ene is die duurder kappie, met die venstertjies in die syklappe. 

Ek het vir myne op elke syklap 'n handvatsel laat aansit, soos die ene op agterklap. Dan gebruik mens dit eerder as om aan die knippe te trek/hang. Kry sommer by Rhinoman agent daar in omgewing.

Leer sommer dadelik om linkervoet op die voetrus te plant, en nie daar af te haal nie. Ry te lekker so.

Kry by VW die Torque vs rpm kurwe. Dan kies jy maar jou ratte handrat om binne daai maksimum kragband te bly. Jy gaan dit teen Sir Lowry's pas boontoe, nodig kry.

Ek vermoed die Bos Polo het meer perde as die ou Isuzu.

Jy gaan ook die sleep sonder ekstra buite sy spiegels geniet.

  

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 19/11/2026 - 13:18

Ek het vir myne op elke syklap 'n handvatsel laat aansit, soos die ene op agterklap. Dan gebruik mens dit eerder as om aan die knippe te trek/hang. Kry sommer by Rhinoman agent daar in omgewing.

Dit is nou goeie raad.

Ek vermoed die Bos Polo het meer perde as die ou Isuzu

Wessel hy het beslis meer perde.

 

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 19/11/2026 - 13:21

Baie geluk Jan Meyer....hoop dis n besondere en geseënde nuwe lewensjaar

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 19/11/2026 - 13:23

Baie geluk met jou mooi bakkie....hoop jy het jare se plesier van hom

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/11/2026 - 13:24

GH kyk maar eers met eerste hak, as jy die spieëls so effe buite- toe stel. 

Ek het vergeet dat Fleetline 2.33m wyd is, veel meer as die tipiese boswa. Ek kyk lekker net met Grompie s'n verby die Kavango.

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus