Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
NB. Dit sal dalk nodig wees… November 2026 Johann L -9 minutes ago
Goeie hout November 2026 Johann L -13 minutes ago
Vroue proppie November 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Rev November 2026 Goeie Hout -12 hours ago
Hallo almal November 2026 Goeie Hout -12 hours ago
Amarok torque kurwe November 2026 Wessel Strydom -13 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 19/11/2026 - 13:33

Een van die beter aankope op my karavaan was wireless rearview kamera. Ek het nog n nuwe stel spieels wat ek destyds gekoop het toe ek Ranger gehad het.....dit het al losgekom voor ek die kar gestart het. Het toe Midas toe gegaan, maar die ou sê toe die vorm van spieel is probleem.....straps kan nie lekker vasvat met die skuins afwerking nie. 

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 19/11/2026 - 15:44

Bitter baie dankie Geert.  Jip, nie aldag dat ek nuwe rydinge koop.  Hoop net hy trek Fleetline lekker.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 19/11/2026 - 15:47

Kry by VW die Torque vs rpm kurwe. Dan kies jy maar jou ratte handrat om binne daai maksimum kragband te bly. Jy gaan dit teen Sir Lowry's pas boontoe, nodig kry.

Sal so maak en aan jou terug voering gee en jy dan vir my verduidelik.  Accountants verstaan nie daai syfers....🤔

 

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 19/11/2026 - 16:24

2.0 BiTDI (8-Speed Automatic): Produces 420 Nm of peak torque between 1,500 and 2,000 rpm (or at 1,750 rpm depending on market calibration).

Wessel, dit is wat tannie google se.  Verduidelik asb.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/11/2026 - 16:55

GH, torque of dan wringkrag is die krag wat aangewend word om te werk, soos woonwa-sleep. 

Optimale wringkrag is in die spesifikasie hierbo die hoeveelheid beskikbaar as die enjin by daardie genoemde omwentelinge [revs] draai. 

In praktyk sal die outomatiese ratkas die ratte so kies om vir 'n sekere snelheid die enjin teen daai "revs" te laat draai. 

Mens kan byvoorbeeld 80km/hr beweeg, teen verskillende "revs" afhangende van die gekose rat. Snelratte word gebruik om snelheid te kry, maar teen laer "revs" en so word brandstof gespaar. Daai keuse is meestal dan nie geskik om harde werk, soos woonwa sleep bult op,  optimaal te doen nie. Die ratkas moet dan eintlik laer ratte kies om jou spoed te hou, maar by die "revs" waar optimum wringkrag beskikbaar is. 

In jou bakkie se geval tussen 1500 en 2000 rpm.         [Revolutions per minute.]  

Nou met "speed control" kies mens soms 'n sleepspoed en dan probeer die beheerstelsel dit handhaaf, deur ratte self te verander. Soms gebeur dit teen 'n steilte dat dit onmoontlik is, en dan sny spoedbeheer net uit. Die 1ste paar kere het ek my blaker afgeskrik, want mens verloor net spoed en dit lyk of enjin ophou werk het. 

Daarom teen steil berge/bulte op, hou jou rev-counter dop. As die enjin nie binne daai band werk nie, is dit dalk tyd om met die hand die ratte te wissel. Dit voorkom ook sommer dat die ratkas nie oor verhit nie.

Voorbeeld: Ek sleep meestal teen 100km/hr met spoedbeheer. Gou gou teen 'n bult voel/sien ek hoe laer ratte deur rekenaar gekies word. As dit gebeur en die revs is meer as die bo-perk, is dit tyd om snelheidbeheer af te skakel en spoed te verlaag.

Al voordeel wat die "torque vs revs" kurwe gee, is om te wys hoe vinnig verloor die enjin sy torque uitset bokant die maks perk, 2000rpm in jou geval. As die kurwe skerp daal, byvoorbeeld teen 2500rpm is torque net 300Nm, is dit onwys om teen daai revs te sleep.   Dis dan wat mens diesel brand en nie sleepkrag bykry nie. 

As hierdie "Grieks" lees, bel my vir 'n geselsie.  

   

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 19/11/2026 - 17:24

Ek het nou net uitgevind my karavaan plug wat in kar se "female" ingaan pas nie op Onderrok se plug.  Dit is n foto.  Kan iemand help.  Is daar n plan.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 19/11/2026 - 17:26

Dankie Wessel.  het jy al so n plug gesien...Is daar nie n konneksie wat die 2 aan mekaar sit....

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/11/2026 - 17:44

GH, ek dink die maklikste is om na 'n plek te gaan wat sleepstange en proppe aansit/verskaf. laat hulle 'n gewone 7-pin metaal prop aansit. Ene wat "ontvanklik" is vir jou wa se "mannetjie" prop.

Ek het nog nie so 'n prop gesien nie. Gaan gou kyk na buurman se amarok 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 20/11/2026 - 06:12

Baie geluk met die  Amarok, jy gaan vir die Fleetline rek merke gee met die trokkie.

Dan, daai 13pin prop kan jy vervang met 'n gewone 7 pin prop, die 13 pinn se doel is om ekstra 12volt krag na die woonwa te verskaf, soos bv tru kamera, yskas ens.

 Sou jy dit wou behou en vir die karavaan ook een aan te sit, gaan jy 'n adaptor moet kry om jou wa mee te koppel indien die Amarok nie beskikbaar is nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 20/11/2026 - 06:15

NB. Dit sal dalk nodig wees om na 'n auto elect te gaan vir die af binding van oortollige drade op die trokkie se kant wat na die 13pin prop toe gaan.

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus