Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -1 hour ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Weet regtig nie of sulke… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Terramax Sailun November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bande November 2026 Geert -1 hour ago
Dom onnosel November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

Springbok rugby

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on

Wie volg almal Soringbok rugby? Daar lê n lekker Springbok rugby program voor. Ek moes gister met n swaar hart my Springbok - All Black kaartjies van 5 September op FNB stadion oordra na vriende aangesien ek per ongeluk n wegbreek bespreking gemaak het oor dieselfde datum. Ek wou nog wegbreek datum aanskuif, maar het nie so uitgewerk nie

Kaap

Goeie Hout

Sat, 21/11/2026 - 20:20

Maar ons speel sos...

jammer ek haat ander lande en BNZ  maar oh my word 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 21/11/2026 - 21:06

All Blacks en Australia is nie meer ons groot openente nie....vrees meer vir hierdie noordelike half rond spanne. 

Geluukig het Jan Hendrik Wessels eers in die 63ste minuut opgekom, so kon net 6 foute maak. Mis vir Pollard. Sascha moet eers sy kop afblaas....te groot geword

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 21/11/2026 - 21:47

As ek tabel reg lees is dit: As Frankryk vanaand wen met n bonuspunt teen Argentinië...dan is dit RSA teen Frankryk in finaal. As Frankryk wen sonder bonuspunt, is dit RSA en Engeland?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 21/11/2026 - 22:17

Reg. Indien Frankryk vanaand wen maar nie 'n bonuspunt kry nie, speel ons teen Engeland wat dan gelyk is met Frankryk, maar hulle punteverskil is groter. Soos wat die Engelse vandag gespeel het hoop ek dat Frankryk wen met 'n bonuspunt.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 22/11/2026 - 06:29

So, dis volgende naweek weer die Franse. Hoop maar vir n beter ref....ek het van gister sin gehou

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/11/2026 - 15:20

Wonder sommer wat dink julle kenners van aangekondigde veranderinge;

Sacha feinberg op nr15

Libbok op nr 10

Is daar geen beter losskakels te vinde nie??

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 23/11/2026 - 17:33

Is Pollard regtig beseer? Sacha probeer te veel op sy eie speel en "man of the moment" wees...bal besit wegskop. 

Libbok het al hoeveel keer teleur gestel...nie vir my n stabile speler nie, weet nie wat om van hom te verwag nie.

Mis vir Colby....maar kaakbreek is seker lank herstel. Waar is Kwagga?

Dan moet ons iemand kry wat ver kantlyn skoppe kan doen...veral vanaf n strafskop. As jy naby aan doellyn skop is dit basies net lynstaan wen en oorstoot. Maar meeste van die keer sukkel huidiges net om kwartlyn te haal vanaf half lyn. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 23/11/2026 - 18:24

Ek is geen kenner nie, net maar 'n entoesiastiese ondersteuner. Die spankeuse laat 'n hele paar vraagtekens - Jan-Hendrik Wessels, skrum- sowel as losskakel, maar hierdie is waarskynlik die beste wat Rassie onder die omstandighede kon doen. Om Mngomezulu na heelagter te skuif dink ek is 'n beter besluit (as hy dan nou in die span moet wees). Ons spelpatroon is ook 'n groot bekommernis. Die Noordelike spanne het 'n plan gevind om dit te omseil. En ons ou manne lyk vir my moeg.

Eintlik wil ek nog bladsye vol skryf, maar dit kort 'n kampvuur en 'n lang glas. Rassie Erasmus - die enigste afrigter met "guts", of moed as jy wil, om WR se oë oop te maak - sleg vir ons nou, maar met die wêreldbeker in gedagte, dalk net goed, wie weet.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 23/11/2026 - 18:34

Ek wonder ook oor hom, maar onthou dat hy gespeel het teen Australië, en daardie een het ons ook verloor. Ek dink dat ons op no. 9 en 10 tans 'n groot probleem het.

Kwagga - ja! Ons mis hom. Sien uit daarna dat hy nou vir die Bulle gaan speel.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 23/11/2026 - 21:00

Nou dat ek Rona se insetsel lees, sien ek vir Jan Hendrik Wessels se naam daar. Wonder of hy Saterdag se spel enigsins van waarde was. Kon nie eers bal reg ingooi van lyn stane nie....selfs gestraf met skeef ingooi. Gelukkig is Malcolm Marx daar om hom te vervang. Hopenlik het J HW n beter dag Sondag

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 24/11/2026 - 15:38

Lekker gelag vir hierdie een.

Interessantheid: Uit 15 toetse wat Libbok op no. 10 vir die Bokke begin het, het hulle 13 daarvan gewen. Daar's hoop.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus